Vrees fokol 9

Vrees Fokol 9 – Kimberley se gat

In Snotstories deur griffin2 Eiertjies

Vrees Fokol is ‘n vervolgverhaal van 10 hoofstukke. Die eerste 4 hoofstukke is verniet beskikbaar. Hoofstuk 5 tot 10 sal vir R7 elk verkoop word om die skrywer te vergoed vir sy skryfwerk sodat die arme drommel ook ‘n kaas-en-tamatiesous broodjie kan vreet.

Jy kan dus inclub met ses ander tjommies vir R1 elk as dit vir jou te duur is en dan vir mekaar die copies e-mail.

Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.

Julle kan die vorige hoofstukke hier dowload in PDF format:

Hoofstuk 1

Hoofstuk 2

Hoofstuk 3

Hoofstuk 4

Hoofstuk 5

Hoofstuk 6

Hoofstuk 7

Hoofstuk 8


Hoofstuk 9 – Kimberley se gat

Die pad na Kimberley is bestrooi met enorme haelkorrels – ‘n stille getuienis van die agtermiddag se wispelturige weersveranderinge, ‘n blinkende Vrees fokol 9reling vir die hangbrug wat die pad van pendelaars, geblindoekdes en struikrowers omarm soos die sonlig deur die wolklaken beur.

“Poes,” sê Jackie Sieberhagen.

Tyler, op die passasiersitplek, skrik wakker. “Wat is dit?”

“Petrol is amper op,” sê Jackie.

“Danny het geld,” mompel Tyler en lê weer sy kop teen die trillende venster.

“Dis nie die fokken probleem nie, doos. Die probleem is die distance. Ons gaan nie langer as tien kilo’s hou nie. Dis nog dertig tot in Kimberley.”

Sy vloekwoorde is skaars koud toe ‘n lae proesgeluid uit die Ballade se buik ontsnap. “Poes TOG,” roep Jackie en slaan sy vuis drie keer teen die stuurwiel. Hy probeer aftrek van die pad, maar weens die gehamer het die stuurwiel vasgehaak.

“Poesjirrefokkontkontkontaaargh,” sê Jackie sagkens. Die motor kom in die middel van die pad tot stilstand, wat ‘n kakofonie van ‘n getoet agter die Ballade laat ontstaan.

Danny en Oscar op die agtersitplek skrik wakker. Tyler draai om en stel hulle gerus: “Toemaar, ons kan nog dertig kilo’s ry, dis nog net tien tot by Kimberley.”
“Fokof, Tyler. Ai, jirre, man, wat nou….” Jackie frons en lê teen die stuurwiel terwyl hy dink. Vir die eerste keer in die tog draai hy wanhopig na sy kamerade. “Help my, ouens. Wat de fok doen ons nou?”

“Ons tel die fokken kar op en skuif dit,” sê Danny.

“Goeie idee, Danny, maar ons is nie fokken gorillas nie. Nie almal van ons nie, minstens,” sê hy en gluur na Oscar.

“Ek het dit,” sê Tyler. Hy trek die drie nader en fluister in hul ore.

Jackie begin lag. Hy lag vir die eerste keer in die tog uit sy buik, totdat sy oë traan, sy maagspiere pyn en sy Chesterfield-longe die lag in ‘n hoes laat verander, “ek weet nie hoe de fok dit ons gaan help nie, maar dit klink lekker. Let’s go.”

Die viertal klim uit die motor en maak hulself staan op die kattebak, styf soos sardientjies.

LEES DIE RES VAN HOOFSTUK 9 HIER

Deel met jou tjommies!
griffinVrees Fokol 9 – Kimberley se gat

Comments

  1. Dirk Diggler Diktros

    Hierdie storie rol rustig in my kop.  Dis n sterk narratief wat duidelik baie pitkos dra.  Ongelukkig het ek nie n leserskring of boekklub nie so ek kan nie verder fair comment lewer nie, maar ek werk daaraan, sal moet oorslaan na n ligter brand aartappelsap of so.  Heavy days.  DDD

Gooi Comment