Vier vinnige grappe

In Grapgat deur griffin6 Eiertjies

Hasies

Onderwyser: As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee hasies en nog twee, hoeveel sal jy hê?
Jannie: Sewe, meneer.
Onderwyser: Nee, luister mooi. As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?
Jannie: Sewe.
Onderwyser: Kom ek stel dit anders. As ek vir jou twee appels gee, en nog twee en nog twee, hoeveel appels sal jy hê?
Jannie: Ses.
Ondrwyser: Mooi so. Nou as ek vir jou twee hasies gee en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?
Jannie: Sewe!
Onderwyser: Hoe op aarde kom jy by sewe uit?
Jannie: Want ek het klaar 'n fokken hasie by die huis, meneer!

Braai

Van stop by Builder's Warehouse en koop 'n 18 wheeler trok vol bakstene.
"Fokkit! Wat is jy besig om te bou?", vra die manager
"'n Braai" tune Van.
"So baie bakstene vir 'n braai?"
"Ja boet, my flat is op die veertiende vloer."
 

Kom ons duik vroeg

Drie chicks besluit dat hulle ook vroeg gaan fokof by die werk aangesien hulle baas (wat ook 'n vrou is) al hoe meer vroeër begin duik op Vrydae en nie weer terugkom nie. Die brunette het haar tyd gebruik om bietjie in haar tuin te werk, so bietjie tyd met haar laitie spandeer en vroeg bed toe gegaan. Die rooikop het haar tyd in die gym gaan spandeer, 'n slaai gevreet en 'n DVD gekyk. Die blonde het by die huis aangekom, iets van haar slaapkamer se kant af gehoor en versigtig die deur op 'n skrefie oopgemaak. Haar man was besig om die kak uit haar baas uit te zaber. Versigtig en disgusted het sy die deur toegemaak en gefokof. Die Maandag by die werk bespreek hulle wat die naweek gebeur het en wat hulle gaan doen as hulle Vrydag weer vroeg duik. Die brunette en die rooikop besluit om dieselfde stuff te doen en vra die blonde wat sy gaan doen: "Noddefok waai ek weer vroeg nie. Ek is amper uitgevang!"

Water en wyn

As jy een liter water per dag drink sal jy aan die einde van die jaar meer as 1kg Escherichia coli (E.coli) ge-abosorbeer het. Dis die bakterië wat mens in kak vind. Met ander woorde, jy drink 'n kilogram kak per jaar. As jy drank drink run jy nie daai risk nie, want jou booze gaan deur 'n moerse distilasie proses. Die goed word gekook, ge-filer en ge-fermenteer en al daai tipe van goed

Om op te som:

Water = kak
Dop = gesondheid.

Bevry jouself van kak en begin suip. Dis beter om fles en vat en kak te praat as wat dit is om water te drink en vol kak te wees.

Deel met jou tjommies!

    griffinVier vinnige grappe

    Comments

    1. Frikkie

      Ek gaan ook vroeg duik vandag. Ek hoop nie ek vang my vrou by die huis saam met my 75 jaar oue baas nie. Daai sal net vokken skurf wees. DUIK!!!!!

    2. Dirk Diggler Diktros

      Ek sal paraat wees en wag vir die offisieele woord – dalk is dit n wolscooter…DDD

    3. bles bridges

      dis weird hoe die enigste grap by my bly is die blonde een wat duik!!!

    4. Jags Jannie

      DDD, en toe is dit! En het fokkol met Allah of sy poes niggies te make nie. Griff is die bra! Respek! Ons het volgende naweek die Vrydag, 26ste, ‘n vakansie dag hier. Kan die pedantiese poes grootseblief Griff smeek vir vroeg duik special op donderdag? Hy kan nog steeds gewone duik oefening Vrydag doen. Assefokkengrootblief griff!? Almal score……

    Gooi Comment