Special Watkykjy Oppikoppi podcast

In Oppikoppi, Pot Kak Podcasts deur griffin7 Eiertjies

Sommer vinnige ‘n special Oppikoppi podcast aanmekaar gesit. Griff interview Nicol van Oppikoppi vir so paar tips. Ons praat ook met Riaan Cruywagen. Wel, soortvan. Die recording is bietjie kort, maar daar is min tyd oor. Ons fokof oor 2 dae Northam toe.

Shot vir die ouens van Red Stag / Jim Beam  wat sorg vir die sakgeld by Oppikoppi hierdie jaar. Die zak kom fokken handig in, aangesien die beursie plat en leeg is.

Watkykjy Oppikoppi podcast special

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

O ja, voor ons vergeet, Sum41 jol ook by Oppikoppi die jaar en ons sal hulle vir julle interview. As ons nie te veel fles gevat het en dit mis nie. Hulle maak mens lus om sommer vandag al te duik…

Lyrics vir Oppikoppi Unkown Brother – Hierdie Jaar (wenner van die Oppikoppi kaartjie)

Ek weet ek kort ‘n werk en ek kort ‘n salaris, ek is unemployed maar as hierdie liedjie klaar is, dan is ek maybe nader aan wat ek so graag wil he.

Ek soek ook ‘n kar en dalk ook ‘n meisie, ek kort ‘n fokken lewe en die liedjie kort ‘n wysie maar meer as alles kort ek nou daai koppi droom van my.

Whoah bietjie met daai wereld vrede, ek bid eers zef gebede, asse-fokken-blieftog vote vir my dat ek die kans kan kry…

Om saam te gaan hierdie keer, want ek was nog nooit by oppikoppi gewees nie.
En stuur my saam hierdie jaar, want ek was nog nooit by daardie fees gewees nie, Miskien sien ek jou daar…

Die tickets op WatKykJy is my laaste hoop, ek sal my kinders Griffin en Chopper doop, en selfs van my organe op die swartmark gaan verkoop.

Vir my longe en my lewer sal ek fokol kry, want drank en sigatette hou te veel van my en jy sal stem dis super kak om by die huis te bly.

Kom bietjie met daai wens masjien dat, ek dalk daai koppi kan sien en, asse-fokken-blieftog WatKykJy sal julle vote vir my…

Om saam te gaan hierdie keer, want ek was nog nooit by oppikoppi gewees nie.
So stuur my saam hierdie jaar, want ek was nog nooit by daardie fees gewees nie, Miskien sien ek jou daar, hierdie jaar…

online flyer opikopie


Deel met jou tjommies!

    griffinSpecial Watkykjy Oppikoppi podcast

    Comments

    1. sickmindfreud

      tensy die aarde fokken eindig kry jy my komende naweek op die hoek van Oom Piet Duikweg en Freedom Avenue. Enige Watkykjyertjies is welkom om 'n sluk van my lewensverbeterende kaktussap te kom vat. Dis nou as ek nie voor 'n stage rondwieg/val nie. Anders laataand/vroegoggend in die kleinkroeg.  Behoort 'n groen nommer te kry; is oppikoppi nr 10 vir my geharde/gefokte lewer, longe en ore.

    2. Dirk Diggler Diktros

      Respekt sigmund, respekt vir jou broer.  Doet zo voort.  DDD

    3. Allan Boesak Raakwys

      Mal Poster , maar daai bra onder met die kitaar lyk darm fokkin baie soos MR Hofmeyer ?

    4. Prof. Bokdrol

      Fokkit, ek sal nooit weer SABC2 nuus kan kyk nie – wel, ennieway nie sonder 'n adult diaper nie, net ingeval Riaan Pruykwagen skielik verskyn en ek flashbacks kry na hierdie podcast en myself natpis van die lag nie…

    5. Dirk Diggler Diktros

      "Black Key" se  "Unknown Brother" – die song waarmee hulle uitspeel oppie podcast – is n rare juweel.  Lekker edgy. Groot talent.  DDD

    6. hemp

      Ons Oppikoppi-kaartjies is bespreek en ons is reg om Northam se fokken teels te smelt dis nou as jy ons by die kroeg kan wegkry .

    Gooi Comment