Score tickets – Fantastic FORR: Superhero’s Unite

In Kompetisie deur griffin2 Eiertjies

Ons het nog 'n kief kompetisie waaraan julle kan deelneem. Ons tjommies by FORR gee tickets weg op Watkykjy na die rock festival in Mozambiek wat 1 tot 5 September plaasvind. Check hieronder vir details. En good luck.


Wen 2 kaartjies na die FORR festival  (1-5 September 2011) in Malongane Mosambiek

FORR is ‘n lekker Rock Festival in die suide van Mosambiek.  Slaan jou tent op ‘n klipgooi van die see af.  As jou onvaste voete jou kan dra na facebookLmenige Rum and Rasberry (R&R) drinks by die bar met die mooiste view in die suidelike halfrond, kan jy jouself oor die duin sleep en in die lekker warm water van die oseaan gaan baai!  Anders sit jy maar sonbrille op en kyk vir die hot chicks wat elke jaar daar baljaar!

Hierdie jaar gaan daar natuurlik van jou gunsteling bands wees wat jou swembroek sal los skud! Bands wat optree sluit in Akkedis & Piet Botha, Albert Frost Trio, Cortina Whiplash, CrashCarBurn, Die See, Die Tuin Dwergies, Liezel Marshall Band, Namuh, Scicoustic,  Tidal Waves, Valiant Swart Band en nog vele meer.

Dis egter nie die einde van die opskop nie!  Bly ‘n ekstra dag of twee en hou lekker beach braai saam met Braaiboy die Woensdagaand (31 Augustus).  Of vaar die local dorpie saam met ons in die Sondagaand om jou beste moves saam met ons vriende daar uit te haal.  Saterdagaand is fancy dress aand en jy kan jouself uitleef met jou beste Superhero outfit!

 Ons gee twee Kampeerplek kaartjies weg ter waarde van R700 elk.  Dit sluit jou toegang in en kampeerplek van Donderdagaand tot Saterdagaand.

 Om in te skryf antwoord die maklike vraag by http://www.forr.co.za/Bookings/WatKykJy.php

 Om meer uit te vind oor die fees in Mosambiek besoek http://www.forr.co.za

 Sien julle in Malongane.

FORR flyer

griffinScore tickets – Fantastic FORR: Superhero’s Unite

Comments

  1. Dirk Diggler Diktros

    Dit blyk n puik een te wees.  Akkedis is piele.  Het hulle by KKNK gesien en sedert raas die klippe op my dak!!!  DDD

  2. Smee

    Dankie dankie dankie. Uiteindelik kry ons Noordkus outjies ook 'n festival. Iets anders as die fokken dolos fees…jirre tog

Gooi Comment