Maandag.

In Snotstories deur Chopper Charlie14 Eiertjies

Fok jou Maandag, jy wen. Weer.

Almal weet Maandae suig hondeballas. Maak nie saak of jy Sondagaand soos ‘n nat, bang rot onder jou duvet die naweek lê en uitbewe terwyl jy Carte Blanche kyk en of jy mooi netjies getrou in jou flenniepajamapak gou jou werkklere regsit voor jy agtuur begin snorkel nie. Kak gaan jy kak pappie. Dis nou maar wors.

Mens voel altyd fokken afgemat en nie reg vir die ding nie (baie soos die Springbokke tans). Fokken als breek ook op Maandag, Vrydag se issues kry kleintjies en omdat alle ander mense (soos kliënte) ook ‘n kak tyd het hanteer almal mekaar soos kak. Almal wil net eintlik fokken huis toe gaan en weer begin die volgende dag.

Maar nee, dit hoef nie so te wees nie dink Chopper toe so by homselwers. Nee fok, maak uit, ek probeer mos fokken anders wees en die trend buck. Mos uniek soos ‘n fokken sneeuvlokkie. Met dié idee en aangevuur deur ure se breindood Master Poes Australia kyk reken ek toe Maandae is voortaan Wenresep dae onder my dak.

So gesê, so gedaan en die eerste maaltyd is tradisionele vis en chips. Gwa-klang! Okay okay, dis nie ‘n nuwe resep nie maar ek reken toe ons doen hakeals van eerste beginsels af, soos mens kan blykbaar slap chips van actual aartappels maak en sulke goed. Sharp.

Seker die eerste fout wat ek maak (behalwe nou vir iets lekkers probeer doen) is om baby hake te koop in plaas van gewone hake. By die Pick ‘n Pay. Op ‘n Maandagmiddag net na tjailatyd vir die hele Kaapstad. Ugh. Tick-tick-tick-tick…

(forward na rofweg ‘n uur later)

Nou kyk, Baby Hake Mahlala is bietjie ‘n perd van ‘n ander kleur. Dit kom ek agter toe ek die vis se vinne en stert begin afsny, die skubbe afkrap en die ruggraat verwyder. O ja, vergeet ek amper om te sê. Ek koop toe mos sommer die vis net so – fok vis wat klaar gefillet is. Ek weet van vis skoonmaak. Mos.

‘n Halfuur later lyk die vis of dit die hoofrol in Saw IV gespeel het en ek het skubbe oor my crotch area en onder my vingernaels. Die yskas is ook so vier Castles ligter en die bure so 20 choice vloekwoorde in Afrikaans slimmer. My favourite is “fokken verfoklike poesfokkenvis.”

En so neuk ek voort. Vir die degie meng mens blykbaar maizena en vis spice en sleep vir baby hake daardeur voor jy die outjie in olie plons. (Vir die rekord, hierdie manier proe glad nie soos kafee vis nie. Fokkol. In fact, dis sleg. Fokken kaksleg soos mense wat op die regering se nekke lê. So fokken sleg.)

Ons druk die vis ‘n pit en fokus op die chips. Chips of niks ek sê. Na 10 minute in die olie kry ek chippe wat so vol olie is soos ‘n Granada se sump voor hy gechange moet word. Nie al die sout in die see en al die asyn in… die plek met die meeste asyn kan help nie. Dis lelik.

So vyf trae byte later kyk ek en die Prinses mekaar square in die oë en besluit om die fokken visgemors en olietappels in die donnerse asblik te moer en net fokken toast met botter of 2 minute noodles te maak wat mens moeilik opfok. Jissis.

Daar’s ‘n klassiese Simpsons episode waarin die kinders aan iets deelgeneem het en verloor het. So Homer tune hulle: “Kids, today you tried your best and you failed miserably. What do you learn from that? Never try.”
chrisvis
Juistement. Dis fokken Maandag. Moenie probeer om dit te fokken fieks nie. Fok.

Maandag 1
Chopper 0

Vir ewig en ewig.

Amen.

 

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieMaandag.

    Comments

    1. Johann

      Bwhahaha! Vis is kak maar tjips is pismaklik.
      Sny die aartappel in chips in, spoel af vir 2 minute, maak hom goed gaar in water, sit in yskas om koud te word, dan deep fry jy hom. Maklik en lekkerder as Steers sn. 

    2. J-M

      Chopper fok maandae
      …………./´¯/)……….. (\¯`\
      …………/….//………..
      …\\….\
      ………../….//…………
      ….\\….\
      …../´¯/…./´¯\………../¯
      `\….\¯`\
      .././…/…./…./.|_……_|
      .\….\….\…\.\..

      Ps. vir 'n Maandag werk 'n garage pie en 'n Castle baie beter

    3. einafok!

      Jissis, Johann, ons ruil nie fokken resepte uit hier nie. 

    4. Prof. Bokdrol

      Fokkit – at least het jy nog al jou vingers…enigste mense wat rondfok met vis en chips in my huis op Maandae is Something Fishy en Mr. Delivery! Wanneer gooi julle bietjie daai storie oor hoe Chopper sy naam gekry het?

    5. Christo Brandbruggies

      Ek weet dit gaan oor hoe tos Maandae is, en nie oor Kook en Geniet nie. Maar die ou wat jou daai resep gegee het maak fokol uit van vis bak nie. Jy moet eers eiers klits soos vir scrabbled eggs, bietjie bier bygooi, en dan die vis rol daarin en dan in 'n bak bruismeel. Plus jou olie moet warm genoeg wees, anders fok die basting als in die olie af. Dis 'n plesier. Moet net nie try chips bak as jy 2am getrek soos 'n rek van die bar af kom nie, dan word jy soos ek wakker op die bank, met swart nostrils soos een van daai arme kindertjies wat in die steenkoolmyne gegraft het. Hele fokken ceiling, gordyne, beddegoed, fokken alles gietswart, en daai swart olie-roet kom nie vir 'n moer af nie..Nou lyk dit of ek in 'n fokken factory shop/sweatshop in Epping bly.

    6. Zep

      Haha fokit. Maandag was die fish en chips R16 by ocean basket, met genoeg sou proe dit soos R20 fish and chips

    7. Anthrax

      Favourite vloekwoorde…. Eerste: Jou ma se HAR-R-R-R-R-R-R-R-E-E!!! Kortkop tweede: Fokkof Jou Fokken Fokker. Derde (sorry tannies, maar dit sê tog so lekker): Bloedpoes!

    8. HANS HAMMER

      Hey Anthrax, waar de poes kont jy uit die bus uit? Die bra`s maak uit van vis en chips en jy smaak bloedpoes?

    9. Dirk Diggler Diktros

      Dis n feit dat baie mense se kakste dag van die week maandag is.  Redes daarvoor is gewoonlik dat n mens weer douvoordag wanneer jy net REM slaap begin geniet, moet opstaan en in die houe donkerte moest stort en menigte van ons sit vir n uur of langer in nie-bewegende verkeer werk toe – soos die N1.  Innerlik is jou organe besig om te probeer om die toxic spill uit te sorteer want jy was mos weer man vandat jy Vrydag geduik het, ne.  Jy kan ook lawwe siektestjies opgedoen het by die hoere wat jy genaai het nadat jy hul deur bierbrille gespot het, nou is jou pubes n vloeines en jou ballas aan die brand.  Jou pielkop het genoeg kaas vir n paar pizzas en ruik soos n kanaalbaber, maak nie saak hieveel jy skrip met dettol nie.  Daar is net een uitweg vir jou, nee eintlik twee.  Bedank en begin 24/7 party in so n mate dat Charlie Sheen soos n Pastoor lyk, OF, moet onder geen omstandighede die fyn balans, wat jy al jare aan werk, van DDD – Dop, Draks en Doos onderbreek nie.  Niks is dit werd nie….DDD

    10. Jags Jannie

      Charlie my maat, is eindelik fokken maklik. 
      Totale voorbereiding/uitvoering = 1,5 tot 2 ure afhangende hoe lekker jou tripple gedisteleerde "mengseltjie" smaak.
      Jy koop heel vis, maak 'n ordentlike vuur, SKINK ietsie vir die senuwees (sommer tripple gedisteleerd as jy het), vat fokken groot sluk, sny dan vis in lengte van rug-graat-kant af met skerp mes deur kop maar nie deur maag vel, vat fokken groot sluk, vou vis oop, haal kak en hare uit, vat fokken groot sluk en top tripple op, spoel mooi af, sit op draad rak vir "afdroog", vat nog groot sluk en check die vuur uit. Na nog 3-doppe-se-tyd, krap kole oop en laat koel af. Nou moet jy drink want nie ver van ete af nie. Sit vis op vleiskant vir 3 minute om te seel en draai om vir nog so 6-10 minute (een nice dop se tydsduur) en siedaar. (Tjips = ma moet gaan koop by Nando's wanneer jy kole oop krap). En siedaar, almal happy, lekker geet en jy nie eens gesweet nie my maat.

    11. Jags Jannie

      ….iets belangrik vergeet (voeg by net voor vis vlek en net na  eerste groot fokken sluk):
      jy hoef nie die vis se skubbe af te krap nie want die hitte sort daai uit….Skink my maat, skink!

    12. Belhammel

      Jagse Jannie. Jy't nog iets vergeet. Daai stuk tussen die "vou vis oop" en "haal kak en hare uit" kon jy nog n moerse sluk gevat het.

    13. SuperTrooper

      Ek stem saam met "einafok!"Jirre ouens regtig, ek gaan die fokken Sarie online begin lees as ons resepte begin uitruil hier… FOKUS for fuck sakes!!!

    14. Jags Jannie

      SuperTrooper, daai is nie 'n resep om vis en tjips te maak nie, dom donner! Dit is 'n fokken poes-cool verskoning om te drink, meer as een keer per week, sonder dat mammie haar lippe in krul ruk. Veral op Maandag aande soos wat Charlie Chopper probeer doen het. Beste van als is jy betrek haar ook want sy moet die tjips gaan koop. Brownies (en hopelik 'n lekker naai later aan) galore! Fok my ou, kon(t)sentreer bietjie……….

    Gooi Comment