Die lette van Gansbaai

In Snotstories deur griffin16 Eiertjies

Deur Lucas Heinen

So ontmoet ek mos die naweek die twee interessantste lette. Nogal in Gansbaai.

Die een se naam is mos eintlik Johanna, maar sy dring daarop aan dat mense haar ‘Joe’ noem. Sy dra silk boxers en het 'n tuindienste wat soms ook double-up as ‘n  verf-spannetjie. Iedergeval, albei word vervoer  met ‘n fucked up 1400 bakkie – so kode 3 afgeskryfde klein kak Bantampie wat haar zef oom in Parow by ‘n connection gekry het en vir haar gefix het.  

Haar brandsiek girl het swart gedyede hare met 'n regrowth van vier vingerbreedtes – muisvaal.  Joe kon nie genoeg tuine die maand doen om 'n boksie Inecto dye by die Indier-shop te koop nie. Die wasmasjien is ook poestoe na een aand se fight toe Joe die spindrom in sy moer geskop het met haar hardfront Bronx.

Hulle wil graag vir vakansie  Margate toe gaan langs die golden coast. Joe belowe al vir maande – as haar fokkieng scheme net posvat (sy werk aan 'n patent waar jy jou wieldop-spinners met solarpanels connect en dit LED strobes gooi sonder om die battery te tap), maar met die laaste attempt het die piston gekak, sy 'n ring geslaan en sedertdien pis die bantam elke dag 'n paaint olie teen die mudflap. Sasha (die girlfriend) doen acrylic nails en pedi’s uit die garage uit, maar haar ongesonde obsessie met poppers en Dawn-lyfroom keer dat sy enigsins ‘n wins maak.

Joe het aangemeld met 'n highlite home kit en voel trots dat haar droë, grasserige, nommer een brushcut soos die pels van 'n unglamorous wildekat lyk. Die enigste accessories aan haar gesig is 'n stud deur haar dig bebosde wenkbrou en 'n tongring (sy het self een aand na 'n paar Cappies 'n warm naald deur haar wenkbrou gedruk. Dit sweer nogsteeds bietjie) al ander bykomstighede tot haar High-tecs en 'praat afrikaans of hou jou bek' t-shirt is 'n haaitand hangertjie om haar nek en 'n medic alert bandjie om haar pols. Vir diabetes – Sasha sê dis omdat sy te veel coke saam met haar brannas gooi, maar wie de fok gee om? Sy’t anycase nie medies nie.

Sasha wou al die jare 'n danser geword het, maar kon nooit by die academy aansluit nie. Sy't weggeloop op 17 en nooit haar matriek gekry nie. Al waarvoor haar dansery nou goed is, is om dronk poachers van Hawston te oortuig om vir haar en Joe drafts te koop by O'Jensons. Sasha is nie bang as die mans vatterig raak nie want sy weet Joe het laasweek vir Dikpiet Gouws 'n singer gegee wat sy oordrom gebars het toe hy vir Sasha se nommer gevra het. Dit was ook die aand met die wasmasjien.

Sasha trap nou maar die panties en boxers in die bad, maar wil volgende week een weeksoggend by haar stiefma se huis inbreek en die manual slinger Sputnik steel wat hulle altyd kleintyd saamgevat het op karavaanvakansies. Die stiefma is in elkgeval ‘n kommin bitch wat cane drink en Courtleys rook. Sasha like haar fokol.

Die aard van Joe se fisiese werk en haar sweetklierprobleem veroorsaak dat hulle threequarter altyd na tough times en varsgekapte uie ruik. Hulle altwee is op pay-as -you-go en vir Sasha se laaste birthday het Joe vir haar 'n snazy Alcatel by Pep gekoop. Joe het ook een aand na 'n fight die ding teen haar Bantam se grill gegooi en nou is hy minus 'n aerial. As Sasha wil bel moet sy in die kitchenette staan, want dis al waar sy sein kry. Hulle stuur elke dag vir mekaar ses please call me's (want dis al wat jy kry op Cell c) om te sê hulle mis mekaar, maar as Sasha wil hê Joe moet iets saambring van die dorp af, missed call sy haar dat sy weet sy moet op Mxit gaan en dan kan Sasha vir haar stuur: "x bd hys. Vokol melk. Brng sgrte en tjklit. Nt 1 wnt j ht sykrsikte".

Gewoonlik bring Joe nie die goed nie, want sy moes alreeds R20 by Jeff leen vir petrol om by haar tuin vir die week te kan uitkom en O'Jensons is agter haar aan soos 'n loanshark oor haar R100 agterstallige bartab. Maar Joe worry nie, want sy’t twee tenders ingesit vir die nuwe Spar wat oopmaak – een vir die landscaping en tuine en nog een vir die verfwerk. Groot geld, pappie!

En dan kan hulle uiteindelik Margate toe vir daai vakansie

Deel met jou tjommies!

    griffinDie lette van Gansbaai

    Comments

    1. Arno van der Westhui

      Nice, Gansbaai, is soos die brakpan van die weskaap, ek smaak dit om vakansie in die Seaview te hang en in die Stal te gaan dans. ek like om in Uilkraal te bly want daar is lekker gees!

    2. Dirk Diggler Diktros

      Ek het al gehoor van sout van die aarde mense – hierdie spul is jallepeno chilli pepper kategorie – hou die bokant blink.DDD

    3. Vlaknaai

      Die storie lees soos n fokken nuusberig . Of iets wat in jou kop afspeel as jy dronk le langs jou bed en fokken deurmekaar is . 
      Kannie wag vir hoofstuk 2 nie 

    4. Jagter

      Net soos die Kraag kroon kronikels kom die uit die pen van iemand wat weet waarvan hulle praat.  Iemand met insae in die lewe van die zeffer.  Dit lees soos 'n berig in die Vaal Weekblad.
       
       
       

    5. petrusposbus

      Wonder of daai viskinders tiete sal wys op wkj. Dalk kan iemand hulle sponsor vir n maar gate vakansie.

    6. Jakes

      Call me gullible, maar is dit real?
      Dit lees soos 'n egte stoorie.

    7. AMOS*

      Ek dink dis my niggie en haar wip.
       
      Joe sukkel met die tuine, want sy wil nie die bos trim nie.
       
      AMOS*
      Ass. vir Masturbasie as Olimpiese Sport – want as kommin is, moet jy kommin jou hand.
       
      (PS Goed geskryf)

    8. Dirk Diggler Diktros

      Anele, ek deel in jou kommentaar!  100%  Ek wil net iets verder vir almal byvoeg wat in n taal is waarin mens jou kan uitdruk soos geen ander, hier gaan dit:  Cogito sumere potum alterumEk dink ek moet nog n bietjie fles vat!  DDD

    9. Jags Jannie

      As die pedantiese kont (met permisie Prof) na 30+ jare reg onthou en in aansluiting met jou fles-vat aksie = Vini, Vidi, Vici!

    10. Dirk Diggler Diktros

      …en in lyn met my bangkrotskap, Vini, Vidi, Vici, VISA…   DDD

    11. Jags Jannie

      Skerp bra DDD! Vlym fokken skerp! Nou verstaan die pedantiese muispoes (ek – (met permissie Prof)) hoekom hy nie ook soos normale fokken mense KKNK, Oppikoppi en Onder-die-grond shows kan bekostig en bywoon nie!? Rede = fokken VISA kan hom nie bekostig nie……

    12. Ouma Meelbol

      Goed geskryf! Ek sien ook uit na die volgende hoofstukke/episodes.

    13. hMmmm

      well done, loserface. somehow i feel like i know this story… i wonder why…*

    Gooi Comment