vrees fokol6

Vrees Fokol – Hoofstuk 6: Drie Susters

In Snotstories deur griffin5 Eiertjies

Vrees Fokol is ‘n vervolgverhaal van 10 hoofstukke. Die eerste 4 hoofstukke is verniet beskikbaar. Hoofstuk 5 tot 10 sal vir R7 elk verkoop word om die skrywer te vergoed vir sy skryfwerk sodat die arme drommel ook ‘n kaas-en-tamatiesous broodjie kan vreet.

Jy kan dus inclub met ses ander tjommies vir R1 elk as dit vir jou te duur is en dan vir mekaar die copies e-mail.

Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.

Julle kan die vorige hoofstukke hier dowload in PDF format:

Hoofstuk 1

Hoofstuk 2

Hoofstuk 3

Hoofstuk 4

Hoofstuk 5


Hoofstuk 6 – Drie Susters

Wanneer Tyler wakkerskrik in die kar, klap hy sy tong teen sy verhemelte, sê “jiggie” en kyk by die venster uit. Drie Susters, verkondig ‘n bordjie vrees fokol6waarby hulle verbyry.

Hy sit skielik regop van pure opgewondenheid.

“Jirre, Jackie, kyk, kyk!” roep hy en pluk aan Jackie Sieberhagen, op die bestuurdersitplek langs hom, se skouer. “Ek het al gehoor van hierdie plek! Hier is, soos, drie fokken hot susters hier. Fokken drieling of iets.”

Jackie ruk hom los uit Tyler se sweterige greep. “Fok, los my, wil jy hê ek moet die kar fokken onderstebobliksem!”

“Sorrie Jackie,” sê Tyler, “ek het net nog nooit ‘n hot drieling gesien nie.”

“Dis die berge, jou aap,” sê Jackie, “die berge is die susters.”

Tyler kyk verwoed om na die berge, in die hoop om sprankelende sibbe teen die hange op te merk. Hy kyk teleurgesteld na Jackie.

“Ek vang dit nie,” sê hy. “Die berge lyk nie soos susters nie.”

“Ja, man, maar hulle lyk dieselfde.”

“O.” Tyler kyk weer rond. “Nou waar kom die drie-ding in?”

Jackie kyk ook om na die berge, op soek na ‘n algoritme wat die benoeming sou verduidelik. “Ek fokken weet ook nie,” sê hy oplaas en haal ‘n Chesterfield sekuur van agter sy linkeroor uit en swaai die zippo-aansteker oop.

‘n Luide gaap klink vanaf die agtersitplek op. Danny leun vorentoe.

“Jissis. Waar is ons?”

“Drie susters!” roep Tyler opgewonde, skielik oortuig dat Jackie eintlik net die drie susters vir homself wil hê en hom dus op ‘n dwaalspoor rakende die ontstaan van die dorpie se naam lei.

“Drie susters?” sê Danny. “Drie fokken susters? Jackie, hoekom de fok is ons by Drie Susters?”

Jackie kners op sy tande. Hy’t gehoop die spul slaap langer.

“Ons is op Drie Susters,” sis hy, “want ons soek die droom.”

LEES DIE RES VAN HOOFSTUK 6 HIER

 

Deel met jou tjommies!
griffinVrees Fokol – Hoofstuk 6: Drie Susters

Comments

  1. Dirk Diggler Diktros

    Partykeer is iets so goed geskryf dat dit die leser intimideer en niemand het fokol te se daaroor nie.  n Mens voel net jy moet die window toemaak en daaruit kom.  Dis so intens en bindend dat dit jou reduseer tot n misrabele hoop etter wat jouself raaksien watse patetiese fokken hopelose kreatiewe denke jy eintlik self het.  Hierdie is nie een van daai tye nie.  Verdere advies?:  Onthou sonskerm.  Faktor 50.  Vir Fuck-torre soos jy.  en n liter vodka per kop.  Once.  DDD

  2. Jags Jannie

    Kry eers die toutjie uit jou mond en die klit by die oor voordat jy iemand 'n poes kan noem. Kortsigtige kontkop! 

  3. Dirk Diggler Diktros

    Tommie, ek gaan aanneem jy verwys na my.  Ek het nie n poes nie.  As ek een gehad het, het hou pa en al jou boeties my geld geskuld…  Soos dinge staan, gegewe jou inset, erken ek jou as n intellektuele letterkundige reus.  Welkom ou blaar.  Nou gaan trek jou pielvel oor jou kop dat die bloedtoevoer na jou brein kan verbeter want daar is n suurstoftekort.  Beterskap my tjom.  DDD

Gooi Comment