Vrees Fokol – Hoofstuk 5: ‘n Vrou se wraak

In Snotstories deur griffin

Vrees Fokol is ‘n vervolgverhaal van 10 hoofstukke. Die eerste 4 hoofstukke is verniet beskikbaar. Hoofstuk 5 tot 10 sal vir R7 elk verkoop word om die skrywer te vergoed vir sy skryfwerk sodat die arme drommel ook ‘n kaas-en-tamatiesous broodjie kan vreet.

Jy kan dus inclub met ses ander tjommies vir R1 elk as dit vir jou te duur is en dan vir mekaar die copies e-mail.

Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.

Julle kan die vorige hoofstukke hier dowload in PDF format:

Hoofstuk 1

Hoofstuk 2

Hoofstuk 3

Hoofstuk 4


Hoofstuk 5 – ‘n Vrou se wraak

“Waar is hulle?” vra ‘n jong meisie met ‘n bofbalkeps wat laag oor haar oë lê. “Toe, ons weet hulle was hier voordat hulle gefokken waai het.”vrees fokol5

Jackie van Onselen staan by die voordeur, onseker oor wat om te sê aan die twee vroue voor haar. Die parate, seningrige een met die bofbalkeps herken sy as Charlene, die meisie met wie Oscar omgaan. Die ouer vrou met die kopdoek en die blokkiesruitrok wat senuagtig rondtrippel en Lexingtons rook asof dit suurstof is, herken sy as Tyler se ma, tant Suzie. Sy wonder vlugtig of Danny dan nie bekommerde aanhangels het nie, maar merk mettertyd op dat ‘n paar ouer vroue wat angstig en frustreerd lyk in die agtergrond van die oprit rondskuifel.

Sy glimlag. Dié Danny, darem. Doos.

Sy het die oggend op ‘n paar geskribbelde notas van haar geliefde kêrel, Jackie Sieberhagen, afgekom. Onder meer was daar ‘n groot, hoewel kleuterskool-agtige, skets van ‘n diamant. “Die fokken droom,” het hy in haas onherkenbare handskrif neffens die skets geskryf.

Sy ken haar Jackie goed. Kimberley.
Hoewel al die teenwoordige vroue haar reeds afwagtend aankyk, werp sy haar palms in die lug.

“Stilte!” roep sy. Sy het nog nooit so magtig gevoel nie – dit moet wees hoe Jesus gevoel het, dink sy. “Vriende, Vanderbijllers, Suid-Afrikaners – poes julle ore hierdie kant toe. Ek scheme hulle is Kimberley toe. Met Jackie se Honda.”

‘n Verbaaste stilte heers in die oprit.

“Fokken Kimberley?” gil Charlene en spoeg haar kougom gewalg skoon eenkant. “O, Here, hoekom haat jy ons so?” roep sy terwyl sy haar oë na bowe werp en tannie Suzie ‘n senuagtige hap uit ‘n kaas-en-tamatiesousbroodjie vat.

LEES DIE RES VAN HOOFSTUK 5 HIER

Hierdie post is 168 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,483,752 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinVrees Fokol – Hoofstuk 5: ‘n Vrou se wraak