Tjor met serious identity problem

In Spec-takel deur griffin22 Eiertjies

Jis jis

“Snap” die pic vandag by Canal Walk.

Lyk my die kar het n “serious identity problem”, daar is Audi, Bmw, Mercedes, Ford etc badges voor op die bonnet. Ons praat nog nie eens van die Ferrari stuurwiel en die mooi plastic blomme in die vooruit nie. Dan nogals agter is daar twee vlaggies ook met n V8 badges regs onder.

Maar ek dink die beste is die twee tru-spieeltjies LMAO. Dis nou as jy nie so lekker deur die een oog kan sien nie.

Ek sweer die ou moes n mullet gehad het.

Tjorts

Delanaux

IMAG0012

IMAG0013

IMAG0014

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinTjor met serious identity problem

Comments

  1. psycho_child

    Kyk di Frikkie sluit sy V8 met n padlock, dus n V8 omdat hule di engine heeltyd in sit en V eight haal

  2. Bees

    As die perd maar net geweet het. Hy het 'n Porsche spyder replica met 'n beetle onderstel wat hy nou solid opgefok het. As jy nie van 'n Porsche hou nie moet hom nie koop nie.  Fokken Brood!!

  3. Smee

    As jy zef is, is jy zef. Geld kan nie klas koop nie.

  4. Jakes

    Ek dink hie hier is baie geld betrokke nie. For that matter ook nie baie breins nie.

  5. Prof. Bokdrol

    Hy het sekerlik daai kar opgebou uit stukke wat hy by crash scenes opgetel het so oor die jare, met bietjies van die kinders se baaisiekel parte alles saamgefok in een. En check die vlaggies – kannie besluit of hy 'n Yank of 'n Saffer wil wees nie. Ek skiem daar's 'n goeie kans hy is sommer bi ook nog – hierdie dude kan blykbaar sy mind oor fokkol opmaak. En vir die tjerrie op die koek besluit hy sommer ook nog hy parkeer sommer soos 'n doos…

  6. Vrye Denker

    Die sadste(satste?) van alles is dat daai ding 'n versamelaarsitem is. Dis 'n Porsche 550 Spyder. Die ding waarin James Dean die tydelike met die ewige versoen het.
     
    Ironies genoeg kan ek nie 'n Porsche plakker op daai ding kry nie. Ek sal baie bly wees as iemand vir my een kan uitwys.

  7. Prof. Bokdrol

    Ek het mos gesê die dude het die parte by 'n crash scene opgetel…
    VryeDenker ja jy is reg, daar is ironies genoeg nie eers 'n Porsche badge iewers nie. Jy kan wel uit die woord "Porsche" vir jou vier letters kies op die eienaar mee te beskryf as jy wil?

  8. AMOS*

    Is dit die mistieke Merschewagen?
     
    Hierdie tjor draai zef oop tot by 11, op 'n skaal van 1 to 10.

  9. AMOS*

    Hierdie Merschewagen / Forrarilet draai zef oop tot by 11, op 'n skaal van 1 tot 10.
     
    O ja, smaak my as jy iemand soek wat handig is met 'n pop rivet gun en goed kan plak, kontak die eienaar van CA 191 293.

  10. NeelsvanPK

    Vrye Denker:
    Moenie te vinnig hartseer raak nie. Dis maar net 'n Porche replika, op 'n VW Beetle onderstel.

  11. David

    Ek vermoed dis dalk bietjie meer van 'n ge-abborteerde Spyder daai Vrye D(R)enker

  12. arno west AKA Dude

    Julle is net jalloers op die next level kuns, iets van alle make maak die kar die koolste ding wat jy in jou lewe sal sien.
     
    oja ek is terug, hoe was julle resiesie?

  13. bles bridges

    shot griff dat jy my pics gepost het. het n moerse kans gevat om die fotos te neem, was bang die eienaar kom uit en dink ek like die focken kar so erg dat hy my vir n ride wil vat. haha sien ou eers, die V8 badge onder met turbocharged en dan op die vlerkie agter n V12 badge. en ja ouens, die ding lyk erger as wat die fotos wys.

  14. Dirk Diggler Diktros

    Ek verstout my deur te se die outjie doen nie te wel op die DDD glyskaal waar D=Dop.  Baie gebruikersonvriendelik vir dryf en drink, wat nog te se van skink en drink, 2/10.  D=Dwelm.  Min plek vir wegsteekplek vir rekreasie chemicals.  Sal sukkel om te snarf and snoetspoed teen hoee spoed.  1/10  D=Doos.  n Moeiliker ene. Sal dalk kwak nader lok vir nouer inspeksie en selfs n klammigheid opwerk en snuffel in die lug…Maar om tot by penetrasie en ejakulasie te gaan via die vuurwa kan problematies wees as jy buite die doos dink.  As jy binne die doos dink, is jy klaar daar en dan het hy nie wiele nodig nie.  Lekker spy en naai.  DDD

  15. Willem Wikkelspies

    Ek skiem die bra het 5 tru-spieels net in case een van sy collection badges verloor dan kan hy sien waar dit heen waai. Daai wielle kom steight van 'n beach buggy af. Sorry ous. Daai is so cheap made in taiwan tupperware knockoff van 'n Porsche 718 RSK Spyder Replica is. Snaaks genoeg het ek nog nie so shopping trolly handle agter op daai kit cars gesien soos die bra het nie. Was seker een van die rejects van 'n mould of so iets..

  16. AMOS*

    Willem, ek reken die downforce is die front lip spoiler van 'n chiti golf. 
     
    *AMOS
    Onthou kunsleer vryf jy net skoon met 'n baby wipe.

  17. Willem Wikkelspies

    Daai driehoek in die middel laat my dink dis 'n standard boot spoiler wat jy op die ou Hyundai Elantras gekry het. Prof. het vroor gese dat dit lyk soos iets wat herwin was van 'n scrapyard af. Ek sou saam stem as ek so na al die badges en extras kyk wat op die kar is. Al wat nog skort is sulke lekka rooi lang haar fur op die dash en een van daai oorgetrekte flower stuurwiel covers wat jy langs die pad sien en by robots.

  18. Jags Jannie

    ….en 'n lugdraad met 'n lemoen op! Rasegte Danville poes…..

Gooi Comment