Skud Daai Muffin (sies jou vetgat)

In Kief musiek deur Christo Brandbruggies10 Eiertjies

Die winter is nou besig om sy gat te sien so dit beteken een van die dae sit ons weer lekker op Margate se strand. Ons gaan ook so elke nou  en dan bietjies in ons monde kots daar waar ons le en kaksleg wees in ons swimwear want party van ons skiem die winter is 'n goeie excuse om ons gesigte te fokken prop met kos soos  daai venus fly trap in Little Shop Of Horrors. Ons het darem nou 'n oplossing vir die probleem – as jy iemand ken wat 'n paar etes voor is en 'n paar kakke agter, gooi sommer hierdie een in sy e-mail box, anonymous as jy bang is hy skiet jou (en braai jou ribbetjies met Spur marinade)

Deel met jou tjommies!

    Christo BrandbruggiesSkud Daai Muffin (sies jou vetgat)

    Comments

    1. Dirk Diggler Diktros

      Tegnies baie kak versorg.  Die ou se stem klink of sy pere in n deur vasgeslaan is.  Dis al goeds wat ek oor die song kan se.  My oom het gese as ek nie iets goed kan se nie moet ek my bek hou. Die song is kak op al die levels en elemente wat n song uitmaak.  Sorry oom Carel.  DDD

    2. Jagse Karel

      Dit klink soos baby sjoklits wat deur koos kombuis se susana van agalas in die hol verkrag word.

    3. Mal Marta

      As Aspoeztertjie nie moerse kanne het wat uitgestal word in die musiek video nie is daar geen hoop vir die "duo" nie.  Die dude moet dalk eerder net neurie.

    4. Dirk Diggler Diktros

      JK, jammer, plaak groei op my tanne en muf tussen n ou se tone – as jy nie higienies lewe nie.  Ek verkies dat hierdie kak nie op my groei nie – sorry.  Laas toe ek wag vir kak om op my te groei was dit Jack Parow en dit moes toe sjirurgies verwyder word.  DDD

    5. Camando69

      Dis 'n befokte song. dis presies hoe alle afrikaanse pop musiek klink….luister dit drie keer, jy sal jouself later die dag sing.."baby, baby skud dai muffin…!!" I promise you!!!

    6. Camando69

      Hierdie is die befokste song wat ek in 'n lang tyd geluister het. Dis klink presies soos alle afrikaanse pop songs tans….luister na die song drie keer en ek belowe later die dag gan jy in jou kop sing…"baby,baby skud dai muffing…!!!" Promise!!!

    7. Jags Jannie

      Die ou moet nie sy dagwerk los nie! hy gaan fokken doodgaan van die honger……

    8. Willem Wikkelspies

      Ek sal betaal om die dude op Idols se uitdunne te sien sy vibes gooi. Dan moet Randal net vir hom vra om net  te fokof voor sy emosies seer kry. Ek kan picture dis een van daai ous met 'n mohawk gejelde haerstyl wat nie kan stil staan nie en 'n two tone checked hemp wat van 'n winmpy tafeldoek gemaak is en een jean pant wat op sy knee hang met een moerse belt buckle wat allerande bling en kak op het, o en plakkies of crocks aan.

    9. Aspoeztertjie

      Hi fans, dankie vir al die terugvoer! Ons werk nog aan al die tegniese aspekte van ons klank, maar sover gaan dit baie goed! Het selfs 'n uitnodiging van Jukebox af gekry! Ons waardeer regtig al die opbouende kritiek en dat julle die tyd gevat het om na ons tune te luister. Ons nuwe snit, "Trane oor my Hande" behoort een van die dae beskikbaar te wees vir julle luistergenot!
      @ Mal Marta: Ek het lekker groot tiete ja!

    Gooi Comment