Score tickets: Twee van Prime Circle se gigs!

In Kompetisie deur griffin7 Eiertjies

Hou jou hoed vas, want jy moet nou mooi kophou. Ons gee klomp kak weg hierdie maand, lyk dit my.

Jy weet reeds van die Zef rapsong kompetisie waarin jy R2500 se Zefshop stuff kan wen soos shirts, caps, posters, boeke, stickers ensovoorts. Dit primesluit einde Julie en sover is dit ‘n one-horse race. Ons kan al amper byvoorbaat geluk sė aan die enigste bra wat ingeskryf het.

Ons het nog ‘n vinnige kompetisie vir Watkykertjies in Gauteng wat sal smaak om SAMA wenners, Prime Circle te gaan check. Dis ‘n lekker Sondag piekniek en drink vibe.

Daar is twee gigs:

Pretoria Botanical Gardens – 17 Julie 2011 (dis hierdie Sondag)
Walter Sisulu Botanical Gardens in Johannesburg – 24 of Julie (dis volgende Sondag)

Ons gee ‘n double ticket weg vir elkeen van die gigs, met ander woorde jy wen ‘n kaartjie vir jou en ‘n tjommie of ‘n flossie om jou te join. Either in Pretoria of in Joburg.

Hier is al wat jy hoef te doen:

1) Spel die woorde “Prime Circle” in ‘n kreatiewe manier uit, neem ‘n foto daarvan en mail dit aan griffin – at – watkykjy dot co dot za. Jy kan dit met Jelly Tots, of hondekak uitpak, of whatever jy meeste van in jou huis het. Dui ook aan vir watter show jy kaartjies wil wen – Joburg of Pretoors.
2) Jy mag meer as eenkeer inskryf.
3) Kompetisie vir die Pretoria kaartjies sluit Vrydag, 15 Julie, 12:00.
4) Kompetisie vir die Joburg Kaartjies sluit Vrydag, 22 Julie, 12:00.
5) Mense van Witbank mag ook deelneem aan die kompetisie.

Om op te som: Die totale waarde van die prys is R400. (R100 per kaartjie) en ons gee twee dubbelkaartjies weg. Een dubbelkaartjie vir Joburg en een dubbelkaartjie vir Pretoria.

Hou hierdie space dop as jy moerse graag Oppikoppikaartjies ook wil score, want ons looi dit ook binnekort.

Deel met jou tjommies!

    griffinScore tickets: Twee van Prime Circle se gigs!

    Comments

    1. Prof. Bokdrol

      As enigiemand van Witbank dalk wen, ek sal jou twee bottels bloutrein ruil vir elke tiekkit…

    2. Jags Jannie

      Griff, stel voor jy gee dit aan die "koeksuster" brigade. Dan kan hulle ten minste voel hoe dit is om houding te kry……

    3. sakmaz

      net jammer prime circle is hondpoeskak (en gay)

    4. Prof. Bokdrol

      Sakmaz, musiek is nogal snaaks op daardie manier – ek kry bv. elke keer 'n boner as ek Kurt Darren op TV sien, dan besef ek tot my verligting dis maar net omdat hy soos 'n poes sing…

    5. Iron Leyden

      BWAHAAHAAAA!!!  Ek het nou my NAAI los gelag vir Bokdrol se comment.  What a legend.  Ek trek liewers draad met sandpapier as on Prime Circle te check.

    6. Prof. Bokdrol

      Cool blog wat jy het, Iron Leyden – ek neem aan Kurt Darren doen nie gereeld gigs vir jou nie?

    7. 69ers

      het iemand ooit die kaartjies gewen??????? die een show is nou al klaar in sy moer in

    Gooi Comment