Ons is jammer oor wat ons nou aan jou gaan doen…

In Fokken Zef Videos deur griffin62 Eiertjies

Onlangs op daai fokken snaakse TV show op Mnet, Modern Family, loop die kinders op die ma en pa in terwyl die pa druk besig is om die ma carrots te gee. Die kids freak uit en laat spat in alle rigtings. Jy check die dogtertjie waar sy besig is om haar ogies al huilend uit te was in die kombuis se wasbak: "Its not working! I can still see it".

Hierdie is een van daardie oomblikke. Kry solank 'n roomyslepeltjie om jou ogies uit te krap.

Ons is moerse jammer oor wat ons nou aan julle gaan doen. Genuine. Ons sweer. Maar ons moet dit doen om 'n punt te bewys. Ons doop hierdie sommer die "Michael Saltino Kompleks". Dis wanneer mense vas glo dat dit wat hulle doen nie oortref kan word nie. Dat hulle vir 'n spesifieke doel op aarde geplaas is en hulle droom volg.

As voorbeelde gaan ons twee video's plaas. In die eerste geval het iemand ons gesoebat om die video op Watkykjy te sit. Die tweede video is een waarop ons toevallig afgekom het. Dis enetjie van Nederland af. Fokken kaaskoppe.

Kyk julle asseblief na die twee onderste videos en vertel vir ons wat die verskil is. Jy maak uit as jy in die Mike's Kitchen gesit het as 'n laitie en die waitress met die lobsided tiete vir jou potlode en prentjies en kak gebring het? Daai prentjies waar jy 7 verskille tussen twee amper eenderse prentjies moet okmring? "Haai kyk, in die regterkanste prentjie het die hasie net 'n dik piel! In die linkerkantste een het hy ballas ook!" *omkring ontbrekende ballas op regterkantste prentjie met die rooi potlood wat se punt summier afbreek *

Nou hierdie videos is amper soos daai. Ons kan glad nie 'n verskil tussen die twee videos sien nie. Hulle is presies dieselfde.

Help ons uit, man. Have a heart…


"Hi Griffin,

Disco Biltong is op die lig !!

Hahaha…ons is paar trotse Afrikaners wat net soos almal ‘n Lekker Braai, kuier sessie, en goeie vriende geniet! Toe besluit ons om ‘n song te skryf wat elke Suid Afrikaner op hulle stoele laat gaan staan en Dans & Party !! Suid Afrika se eie Braai Anthem !!! Ons sal dit moer baie waardeer as jy hierdie op die ‘Wat Kyk Jy’ site sal plaas!  Ons is groot fans, en ek glo ook alle ‘Wat Kyk Jy’ fans sal hierdie ongelooflik baie geniet!!

Baie dankie Griffin, waardeer dit regtig!!

Stel bekend ons nuwe hit single – ‘Spice Hom – Draai Hom – Braai Hom’ (Pap & Vleis)"


En nou die Nerderlandse weergawe:

Huh? Wat's the fokken diffs?

Fokken exactly!

Deel met jou tjommies!

    griffinOns is jammer oor wat ons nou aan jou gaan doen…

    Comments

    1. Iemand Anders

      Ongelukkig moet ek WKJ nou van my email list verwyder… Outlook sê hy het daai ding nie sien kom nie…
       

    2. # 23

      Ek weet nie wat's almal se issue nie….ek dink dis Awesome : )
      Pap en Vleis tune is hot.
      Die Scooter song is net kak!!

    3. musiekliefhebber24

      Ek dog dan zef is die slang hier?? Dink vir ‘n eerste poging lyk disco biltong se video vir my veel meer smaakvol as die suid-afrikaanse snert waaraan ons almal gewoond is. En vir al die vuilbek gespuis hier bo wat so “diktril” is om die video so af te maak, is dit juis die gebrek aan poes, poesse, poestig en poes dom wat disco biltong se vid vir hul so onaards laat ruik!!! We’ll gedaan disco!!!

    4. Prof. Bokdrol

      "Vuilbek gespuis?" Ek neem intense eksepsie aan die uitkryting van my onkreukbare waardes en my persoon, asook dié van my mede-WKJ volgelinge. Sulke krasse en uitgesproke kritiek is beide onvanpas asook onakkuraat en sal in die konteks van hierdie welbelese Web-blad nie geduld word nie – jou fokken poes…

    5. # 23

      Dink nie ek kon meer saamstem met 'Musiekliefhebber24' nie….
      Die 'content' van die hele site val onder die 'Zef' file, en dis hoekom 'Wat Kyk Jy' so popular is!
      Hierdie biltong manne slaan die spyker op die kop met hierdie song en vir wie dit bedoel was !!
      Dink dis freakin fantasties!!!  Well done ; ) 

    6. Gary

      Me as an english boykie loved it!! The 1st one that is…

      I understood half of the comments above, and don’t quite get it – isn’t this what ‘afrikaans’ people love! I mean seriously…that Jack Parow stuff etc. how is this any different!?

      In all honesty the music video above is way better than any of that other afrikaans crap playing on MK etc.

    7. Dirk Diggler Diktros

      Is die "diktril vuilbek gespuis" dalkies n verwysing na moi?  Inthou ek is op medikasie vir depressie en het selfmoord-neigings.  DDD 

    8. Prof. Bokdrol

      DDD my shrink het my al mooi geleer om te "eksternaliseer" i.p.v. "internaliseer" – m.a.w. moenie jou eie polse sny as iemand 'n kont is met jou nie, gryp liewer die naaste bat / plank / yster en bliksem hom oor die kop – fok depressie, jy sal verbaas wees hoe verfris jy daarna voel!

    9. Pampoenpit

      Awesomeness!
      Disco Bilton is die coolste!
      Kannie wag vir die 2de song nie!

    Gooi Comment