vrees fokol3

Vrees Fokol – Hoofstuk drie: ‘n Kwessie van geld

In Snotstories deur griffin8 Eiertjies

“Vrees Fokol” is Watkykjy se nuwe weeklikse interweb vervolgverhaal, geskryf deur Vent Venter – ‘n Epiese soeke na die hart van die Suid-Afrikaanse droom, waarskynlik ten koste van die lewer en longe van die Suid-Afrikaanse droom..

Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.

Julle kan die vorige hoofstukke hier dowload in PDF format:

Hoofstuk 1

Hoofstuk 2


Hoofstuk drie: ‘n Kwessie van geld

“Waarheen gaan jy, Jackie?” vra Jackie Sieberhagen se meisie, Jackie van Onselen. Dit is vroegoggend in Vanderbijlpark, nog voordat die son sy vrees fokol3misnoeë oor die vaaldriehoek kon kots. Sy kyk na haar kêrel, wat verwoed besig is om omtrent enigiets waarop hy sy hande kan lê, in sy ou HTS Vereeniging-toksak te pak.

HTS Vereeniging, dink Jackie Sieberhagen. Drie jaar se wonderlike herinneringe. Maar was dit regtig wonderlik? Hy het ‘n paar dae terug by ‘n biblioteek ingeloop om op die internet sy Facebook te check en te sien wat sy sewentien Facebook-vriende doen. Toe google hy sommer skole in die Vaal Driehoek en kom af op die webblad van die Hoërskool Vanderbijlpark:

“Hoërskool Vanderbijlpark is a Secondary School schools specialising in Ordinary. The schools is based in Vanderbijlpark, Gt, South Africa. More school details to follow.”

Specializing in ordinary. Warrefok, het Jackie gedink, warrefok laat ‘n skool, of ‘n buurt, of ‘n mens so iets oor homself sê? Of is dit eintlik maar wat elke skool en kollege en fokken alles oor homself móét sê, maar net nie die balls het om dit te doen nie?

Dié nadenke het hom net meer vasberade gemaak vir hierdie tog om die Suid-Afrikaanse droom te vind.

“Ek gaan net vir die naweek weg saam met die ouens,” antwoord hy op Jackie van Onselen se vraag.

Sy betrag hom met vrae in haar oë. Haar Jackie, die stringerige man met die kort humeur en die vreemde gedagtes. “Maar vandag is Woensdag,” sê sy sag.

Jackie Sieberhagen pak sy frokkies, jeans, knipmes (met botteloopmaker) en sokkies bloot met meer haas in. “Môre is ‘n vakansiedag. Dis langnaweek,” brom hy.

Sy wag ‘n rukkie voor sy hierop antwoord. “Ek dink nie daar is môre ‘n vakansiedag nie, my lief,” sê sy geduldig, “watter vakansiedag is dit dan?”

“Dis shut-the-fuck-up-en-hou-op-vrae-vra-dag, dis wat!” roep hy. Hy draai om en gooi ‘n vuil sokkie in Jackie van Onselen se rigting. Sy duik uit die pad en dit mis haar rakelings. Noue ontkoming, dink sy.

Sy staan op en kyk na waar Jackie Sieberhagen voor sy toksak staan, sy vuiste gebol. Sy word oorval deur ‘n dringende liefde vir hom, ‘n drang om hom ondanks alles by haar te hou. Sy lig stadig haar nagjurk oor haar skouers tot sy kaal voor hom staan. Sy draai haar heup na regs, sodat haar naaktheid in sy rigting leun.

Jackie Sieberhagen kyk op en sluk. Sy Jackie, met die glimlag van Charlize Theron gekruis met dié van Laurika Rauch. Hy probeer woorde vind om te beskryf hoe volmaak haar glorieryke borste vir hom is en hoe swaar sy hart is dat hy haar perfek gevormde liggaam en haar sprankelende persoonlikheid moet agterlaat, maar dat hierdie tog allerbelangrik is, ‘n uiteindelike roeping wat hy nie om sy lewe kan verontagsaam nie.

“Jou tiete is cool. Jy ook. Maar ek moet fokof. Seriously.”

Hy tel sy toksak op en stap by die kamerdeur uit, sonder om terug te kyk.

JY KAN DIE RES HIER LEES

 

Deel met jou tjommies!
griffinVrees Fokol – Hoofstuk drie: ‘n Kwessie van geld

Comments

  1. A Daft Scots Lass

    You must understand, I read Afrikaans VERY slowly.
    I'm a Scots Lass for Christs' sake!  Gimme a break, don't judge me, Fuckers.  It took forever to read this and my brain frozen half way through.
    A good laff, though.
    Have an awesome weekend!

  2. Wolf88

    Ek kry dit nie gedownload nie. ek kry die links maar so dra ek op dit kliek omte download dan skop dit 'n error uit! WTF

  3. Author
    griffin

    Jy is sover die enigste een wat sukkel. Ek het dit sommer vir jou gemail.

  4. Dirk Diggler Diktros

    Wolf88.  ek voel jou pyn my blaar, al van hoofsuck 2 af.  Wag vir die fliek.  DDD  Skitterende storie – weliswaar!!

  5. Pienk Mamba

    Ek is n trotse Vanderbijlparker, Lekker het ek nou my hol geruk, “Jou tiete is cool. Jy ook. Maar ek moet fokof. Seriously.” Keep em coming….. Shot  Griffin.

  6. BloedOester

    Griff… as jy vir my die hele boek kan stuur in PDF of watse formaat jou ookal pas, is ek bereid om te betaal.  Dis kuns en epies en ek wil dit hê!!!

Gooi Comment