vrees fokol2

Vrees Fokol: Hoofstuk 2 – Die span trek saam

In Snotstories deur griffin3 Eiertjies

“Vrees Fokol” is Watkykjy se nuwe weeklikse interweb vervolgverhaal, geskryf deur Vent Venter – ‘n Epiese soeke na die hart van die Suid-Afrikaanse droom, waarskynlik ten koste van die lewer en longe van die Suid-Afrikaanse droom..

Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.

Julle kan hoofstuk 1 hier dowload in PDF format…


Hoofstuk 2 – Die span trek saam

“Jirre, Jackie, hoeveel zol het jy al vandag gerook?” vra Danny du Preez terwyl hy die Honda Ballade betrag. vrees fokol2

Jackie Sieberhagen en die span wat hy uitgekies het vir hierdie allerbelangrike tog – Tyler Koekemoer, Danny du Preez en Oscar Oosthuizen – staan rondom die Honda Ballade wat vir hierdie reis rooi gespuitverf is en waarop die woorde “Vrees Fokol” deur Jackie self geskryf is.

Jackie Sieberhagen sê eers niks. Dan, ná ‘n berekende stilte, met ‘n seergemaakte kyk in sy oë: “Ek het lank genoeg in my lewe nié zol gerook nie.” Soos ‘n oud-oorlogsveteraan wat sy oorgawe aan duur biefstukke probeer regverdig deur implisiet te wys op die jare van geblikte boontjies. Die waarheid is dat Jackie vandag reeds drie joints gerook het – soos elke dag vir die afgelope vyf jaar. Dit hou sy kop rustig. Tot onlangs, totdat hy ‘n week gelede in sy kamer gelê en besef het, in ‘n waas van dagga, Klipdrift en die liedjie “running through my head” van die Russiese lesbiër-groep Tatu (indien hy besef het dat die dames lesbiërs is, sou hy dalk selfs meer verwoed gemasturbeer het), dat hy die Suid-Afrikaanse droom moet vind.

“Ek dink jy’s fokken hoog,” sê Danny. “Vrees fokol. Warrefok beteken dit?”

“Dit beteken shut the fuck up,” spoeg Jackie. “Dink bietjie daaroor.”

Tyler staan ‘n tree nader aan die twee. Sy kop is vooroor gebuig, hy boor met die punt van sy Hi-Tech tekkie teen die sement van Jackie se oprit. “Tune my straight, ouens,” sê hy sag. “Is ek vet?”

Jackie kyk hom verstom aan. “Jissis, Tyler, waar val jy uit,” roep hy hard. “Wat dink jy beteken shut the fuck up?”

Tyler kyk op. “Dit beteken…”

“Dit beteken shut the fuck up, dis what the fuck dit beteken.” Jackie sug. “Hierdie is ‘n belangrike oomblik. Julle moet diep dink oor hierdie ding… Danny, wat scheme jy?”

“Ek scheme nog,” sê Danny fronsend terwyl hy nog die woorde Vrees Fokol oorweeg…. LEES DIE RES VAN HOOFSTUK2 VERDER HIER

Deel met jou tjommies!

    griffinVrees Fokol: Hoofstuk 2 – Die span trek saam

    Comments

    1. Dirk Diggler Diktros

      Die beste wat ek kon kry is om die oukie te order – en die "status" is nou "on order".  Wag in spanning.  Photoshopjoppie nie so vars nie.  Great storie sover…DDD

    2. Hannes Engelbrecht

      Het julle al die boek Triomf gelees…….hierdie begin al hoe meer lyk soos plagiaat.

    3. Author
      griffin

      Dit wil vir my voorkom dat jyself nog nie die boek ‘Triomf’ gelees het nie.

    Gooi Comment