So you fink you can rap?

In Kompetisie deur griffin

Ons het bietjie besluit om julle creativity te toets. Just for the fuck of it…

Ons gaan julle vir 'n week of 3 lank kans gee om met 'n befokte rap song op te kom. Moenie worry nie, ons gee vir jou die gereedskap. Griff het 'n basic next level beat uit snot en bessies gebou wat jy moet gebruik en waaroor jy jou eie lyrics moet rap en record. Die tune word hieronder embed sodat jy daarna kan luister en solank kan oefen. Dis fase 1. Voorsorg is altyd beter as nageboorte.

Volgende week gee ons vir jou die direkte link waar jy die basic mp3 kan download om mee rond te fok en met jou recordings rond te speel. Wat jy gaan nodig kry is iets soos 'n microphone en software. Of earphones. Jy kan soos 'n marabs deur earphones ook record as jy dit by jou mic se input infok. Huh, het jy nie geweet nie? Probeer dit bietjie.

Moenie stress oor die software nie. Ons het dit ook sommer gaan opspoor en jy kan Goldwave gebruik. Download dit hier. Dis 'n unregisterd version en omtrent 3.5mb groot. Dit het ook allerhande effects wat jy kan gebruik om jou vocals te tweak as jy klink soos 'n huilerige seuntjie op 'n Roomskatolieke priester se skoot. Die program se limitations sal genoeg wees vir jou om 'n song uit te kak en klaar te maak, tensy jy totally fokken useless is. Jy kan ook jy eie software gebruik. Whatever jou balhare laat krul.griff se zef rap track

Ons sal iemand soos Wikus Van Der Merwe of Jack Parow of Die Antwoord kry wat uitmaak van rap om vir ons 3 finalists te kies. Dan vote die Watkykertjies vir die wenner. Ons sal nog dink aan lekker pryse om weg te gee. Hopelik ter waarde van at least R1000. As ons gelukkig is, R3k.

Ons sort julle met daai details uit volgende week, moenie worry nie.

Luister in die meantime hier na griff se zef rap track en maak jou brein oop. Raak wys met die bass. Pomp hom deur dik speakers of earphones.

griff se zef rap track
Griff se zef skoon rap track

Hierdie post is 137 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,609,840 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinSo you fink you can rap?