Ons het julle so rukkie terug getune dat ons 'n kompetisie gaan launch waar jy moet rap oor 'n beat wat ons aanmekaar geslaan het. Daai kompetisie begin vandag en jy kan poescool pryse wen.
Jy het tyd tot en met Vrydag 22 Julie 13:00 om jou song in te stuur. Soos ons entries inkry, sal ons dit op Watkykjy gooi sodat julle daarna kan luister. So paar van ons tjommies soos Die Antwoord, Jack Parow, die mense by MFM en Xeni van Boing-Boing sal vir ons die top 3 uitwys. Daarna vote die Watkykertjies vir die wenner vir so week of twee lank.
Moenie stress oor die software nie. Ons het dit ook sommer gaan opspoor en jy kan Goldwave gebruik. Download dit hier. Dis 'n unregisterd version en omtrent 3.5mb groot. Dit het ook allerhande effects wat jy kan gebruik om jou vocals te tweak as jy klink soos 'n huilerige seuntjie op 'n Roomskatolieke priester se skoot. Die program se limitations sal genoeg wees vir jou om 'n song uit te kak en klaar te maak, tensy jy totally fokken useless is. Jy kan ook jou eie software gebruik. Whatever jou balhare laat krul.
Die track wat jy moet gebruik om jou rapsong mee te maak moet hier ge-download word.
Jy naai dan jou rap aanmekaar en mail dit terug na griffin -at- watkykjy .co .za
Die wenner sal die volgende prys ter waarde van R2500 wen, maar as daar intussen plekke of companies is wat ons kontak en pryse wil bydra, sal ons dit ook bysit. Dit sal byvoorbeeld piele wees as Oppikoppi 'n ticket sal sponsor as hulle hier lees. Ons sal julle tune soos die prys groter raak.
The winner takes it all:
- 2 x Dutch Vegas shirts
- 1 X Zef Leopard reversible shirt
- 1 x Watkykjy cap
- 2 X Blink Stefanus shirts
- 2 x rolle Julius Malema 3-ply kakpapier
- 1 x mystery local music CD of some sorts
- 1 x ROFLnjamau poster
- 1 x "Is Dit net Ek Of Is Als Tos" boek
- 1 x "Complete Kak" boek
- R500 cash
- 1 x Watkykjy shirt
- 'n Kakhuis vol kief stickers
- 10 minute se fame op die radio met jou track en 'n interview (MFM)
Toe, gaan bou jou fokken rap track sodat jy jou klerekas kan voller maak met zef kak…
UPDATE:
Ons het ons eerste entry ontvang van 'n ou genaamd Dirk:
Beste Griff
hopelik is hierdie die naam track werd, en nie 'n snit nie.
vrede,
Dirk
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.




15 Comments
Griffen ek het n vraag? wat maak mens as meeste van die prys nie pas nie? kan mens dit ruil vir geld? of het julle begin kyk na die grootmense in die land?
Dan pak jy alles in ‘n boksie, vat ‘n tuinstoel en ‘n sambreeltjie straathoek toe en verkoop dit aan normale size mense as XXL nie jou scene is nie.
waara kief track! jissis! " kak jy 'n skoon plek hier uit! " poes kief
Dirk klink soos n boere Kanye west gekruis met timbaland op steriods
Arno, as 2 rolle Juju kakpapier nie groot genoeg is nie moet jy fokken dringend begin dink aan 'n FatFighters kursus, bra…
Ek hoop net nie Michael Santino skryf in nie want dan is al die ander dudes wat inskryf heeltemal gefok. BTW Ons soek nog Michael Saltino!!!!!
Verseker Stokmannetjie, verseker soos Sanlam. DDD
Cool comp! Gooi hom/8Mile met ‘n smile/on Navara, wys jou parra/ Eminemenemenem rulz 4eva, maar wil hoor waarmee die watkakkertjies mee uitkom! Kan dalk net my gat aflag vir die antics and that will be BONER, ek bedoel BONUS!!
dink Dirk se poging is uberbefok!
Griff bra if we live in another country for example Australia, can you ship the stuffs or what? I am from PTA but now live in Australia. That's only if I win of course.
Ja, you can enter the competition. We ship everywhere except Orania.
Beste Dirk, wel gedaan. Wally (a.k.a. Ninja) en Hannelie + DJ Tek moet wyd kyk, hier kom die pyn uit volgende vlak (next level) uit….. Dork doen vir klets (rap) was daai groep wat POESARM gesing het vir "arm blankes" se gemoed, soos bv myne, gedoen het, d.w.s. minder huilerig / gemoedsbekakkingswaardig want ek voel nie meer so alleen. Dirk staan man vir man op sye eie voete as kletskunstenaar, en as Oom Saltino dit kan doen, kan Dirkman ook!!! Viva Dork, jy's etter my ou, onvoorwaardelik volgende vlak !! Kry vir jou n agent oorsee – bel vir Kurt Darren, kyk haar nommer op website – en hoor hoe om dit te doen. SA agente is seerowerkont poese. Sterkte vorentoe, mag dit reen waar jou skape wei!!DDD P.S. WKJ kan maar die pryse vanmiddag vir jou aanstuur, hierdie ene was n maklike ene om te roep, ne Prof? DDD
Im a bit confuzzed. How do you download the track?
Kiff track dirkman! Keep up the Zeff!
Goed bezig!
Also: what DirtZef said.