So paar kak grappe…

In Grapgat deur griffin2 Eiertjies

Die onnie vra vir die aardrykskunde-klas: "Watter deel van die son is die warmste?"
Jannie antwoord dadelik: "Bladsy 3, juffrou!"

‘n Ou gaan pis by die krip in ‘n winkelsentum. Hy check so slap links en sien ‘n besondere klein mannetjie wat ook besig is om tjoep te swaai.  Die outjie het egter ‘n enorme peester aan hom.  Die klein outjie kyk op en vang die ou waar hy besig is om so te koekeloer.  Die ou is moerse skaam oor hy so uitgevang is: "Jammer", se hy vir die mannetjie. "Ek is nou nie ‘n holpomper of so iets nie, maar jy het die grootste voël wat ek nog aan so ‘n klein mannetjie gesien het!"

"Wel" se die mannetjie, "Dit is omdat ek ‘n magic dwerg is.  Alle magig dwerge het sulke enorme piele!"  "Sjoe!" se die ou, "Ek wens ek het so ‘n enorme piel gehad…"

"Wel" se die mannetjie, "Jy weet mos:  As jy deur ‘n magic dwerg gespyker word dan kry jy ‘n wens…"  Die ou dink baie mooi hieroor na en reken:  "Okei, kom ons gaan daar by daai laaste toilet in…"  Die klein mannetjie is kort voor lank besig om die ou te raps dat die manbotter spat.  So halfpad deur vra hy vir die man: "Meneer hoe oud is jy nou?"
"Uh, so 42."
"Jissis!" laat hoor die kort mannetjie, "dan fokken glo jy wragtig nog aan magic dwergies!"

Die nuwe predikant besoek sy gemeentelede.  By een huis klop hy en hoor dat die mense tuis is, maar hulle maak nie die deur oop nie.  Hy haal toe ‘n kaartjie uit sy sak en skryf daarop:  "Openb 3:20" en skuif dit onder die deur in.  Openb 3:20 lees:  "Kyk Ek staan by die deur en Ek klop…’’ Die volgende Sondag kry hy die kaartjie in die kollektebord met ‘n boodskappie onderaan:  "Gen 3:10". Die predikant trek die Bybel nader, soek dit op en lees: "Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek was kaal"
 

Eendag in ou dae van die Wilde Weste, ry ‘n cowboy met sy perd man-alleen deur die woestyn. Hy kruis toe paaie met ‘n Indiaan. Die Indiaan le kaalgat op sy rug met sy stokstywe piel so punt-in-die-wind! "Wat maak jy?" Vra die cowboy. "Ek kyk hoe laat dit is", se die Indiaan en wys na die skaduwee wat sy zaber in die sand los. "En dit is nou so vier-uur." Die cowboy kyk op sy horlosie, en wragtig dit is vieruur! Heel impressed gallop hy en sy perd toe daar weg.  So ‘n ent verder kry hy weer ‘n kaal Indiaan wat op sy rug in die sand le, maar die mennetjie is besig om riem te ruk vir Guiness World Records soos hy soos ‘n maniak draad te trek. "Wat maak jy?" vra die cowboy. "Ek wen my horlosie op", kom die antwoord.

Die jagter gaan koop ‘n teleskoop vir sy geweer.  Hy kom by die wapenwinkel aan en die klerk show af met ‘n splinternuwe teleskoop wat al die pad van Switserland ingevoer is.  "Die ding is so gedetaileerd, jy kan ‘n haar van iemand se kop daarmee afskiet!" vertel hy. "Check hier by die ruit uit, daar doer teen die heuwel op.  Jy kan tot in my huis in kyk. Die jagter loer deur die teleskoop en begin lag.  "Wat nou?" vra die klerk. "Ek sien ‘n kaal ou en ‘n kaal vrou wat mekaar in die kamer rondjaag." se die jagter.  Die woedende klerk gryp die teleskoop en kyk.  "Dis my VROU!" skree hy kwaai. "En die vark van die huis langsaan!"  Hy gaan haal ‘n jaggeweer en gee dit vir die jagter saam met twee koeels. "Okei, jy kan obviously beter skiet as ek.  So, hier is twee koeels. Ek wil he jy moet haar kop van haar lyf wegblaas en jy moet hom tref op sy piel! Dan gee ek hierdie teleskoop vir jou present." Die jagter willig in, skroef die teleskoop op, haal die geweer oor en le aan.  Weer begin hy grinnik. "Wat lag jy nou weer?’’ vra die klerk. Die jagter reken:  "Weet jy, ek dink ek gaan net een koeel nodig he…"

Die dronkie kies kortpad deur die begrafplaas en neuk in 'n oop graf. Later die nag begin dit reen en die outjie kry koud… Huil hy kliphard:  "Help ag jimmel – iemand, help my tog, dis koud hier onder".  Stap Gatiep verby (ook maar lekker gesuip), steek vas, loer in die graf, gryp 'n graaf en begin die hoop sand ingooi terwyl hy troos: " Toemaar, toemaar, ek ishhhh hier – dishhhh g'n wonner jy kry koutie – jy't jousjelf dan oopgesjkop"

Die twee eerstejaar studente het 'n bietjie te ver met die vryery gegaan, en besluit om die nooi se ouers die naweek op die plaas oor die onverwagste swangerskap te gaan inlig.  Die hele aand het die kêrel gewroeg oor hoe hy die voorgenome skoonouers oor hul lot gaan vertel, maar hy kom nie sover om dit te doen nie. Die nag het hy sleg geslaap en die volgende more was hy vroeg op. Hy was heel verbaas om oral op die werf net Toyotas te sien.  In die motorhuis het 'n Camry gestaan, onder die boom 'n Hilux bakkie en in die stoor was 'n Land Cruiser. Selfs die plaas se naambord was geborg deur Toyota. Terwyl hy hom so verwonder, groet die oom hom skielik. Die arme kêrel skrik hom flou. Maar kenmerkend van 'n vindingryke student herstel hy gou en vra die oom uit oor sy baie Toyotas. "Toyotas het baie goeie masjiene. Hul ratkaste gee nie in nie. Die Land Cruiser se vere kan jy maar laat werk. Die onderstelle hou vir ewig. En selfs in die winter sukkel 'n mens nie om die Toyotas te start nie," sê die oom.  Waarop die kêrel vinnig antwoord: "Oom se dogter is seker ook 'n Toyota. Ek het haar net so 'n ligte stootjie gegee, toe vat sy."

Eendag merk die dominee 'n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na 'n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante. Die sewejarige seuntjie het vir 'n lang tyd aandagtig na die plaat gestaan en kyk. Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en sê saggies: “Goeiemore my Seun”.

“More, Dominee” sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat. “Dominee, wat is dit hierdie?” vra hy.
Die dominee antwoord: “Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het”.  In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee toe voor die plaat en staar na die name.

Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: “Watter diens Dominee? Die agtuur- of die elfuurdiens”

Deel met jou tjommies!

    griffinSo paar kak grappe…

    Comments

    1. Dirk Diggler Diktros

      Vyf uit agt is nie te kak op n koue Maandagoggend – letterlik n dag of twee middel van die winter nie.  DDD

    Gooi Comment