Score tickets na Ashtray Electric se album launch

In Kompetisie deur griffin1 Eiertjies

Lyk my ons looi hom hierdie week met die kompetisies. Hier is nog R200 se waarde vir die blare in die Kaap. Twee Watkykertjies kan elk ‘n double Ashtray Electric 1Bticket score na Ahstray Electric se nuwe album launch by Assembly, hierdie Saterdag 11 Junie.

Hmmm… okay, om hierdie tickets te wen soek ons foto’s van jou asbakkie by die huis. Sommige mense het mos fokken weird asbakkies soos trok pistons en what not. Die twee coolste of faktapste asbakkies se eienaars sal elk ‘n double ticket wen.

Ons soek die entries voor ons Vrydag duik. Looi hulle na griffin@watkykjy.co.za

Let wel, hierdie is vir mense in die Kaap of wat die naweek in die Kaap gaan wees en by Assembly wil gaan jol. As ons nie entries kry teen Vrydag nie, gee ons die tickets sommer op Twitter weg.

Sharp.

Assembly Flyer

griffinScore tickets na Ashtray Electric se album launch

Comments

  1. Thysnetys

    Jammer Griff maar ek dink niemand sal kan gaan nie…die hele vokken Wes-Kaap gaan op Nuweland sit of by die huis sit en braai en suip!
    Ek sou self gelaaik het om te gaan maar daar is: HKGK op Nuweland…

Gooi Comment