So paar kak jokes voor die naweek.

In Grapgat deur griffin10 Eiertjies

Bome
Twee ouens wat vir Parkeraad werk is hard aan die besig  – die een ou grawe 'n gat en die ander ou gooi weer grond in. 'n Omie wat met sy hond deur die parkie loop kom op hulle af: "Check, ek kan sien julle werk hard, maar wat is die fokken punt? Jy grawe 'n gat en jou tjommie gooi dit weer toe?"
Die een bra vee sy voorkop af en antwoord: "Ons is gewoonlik drie ouens, maar die ou wat die bome plant is by die huis met 'n hangover."

Boere en jakkalse
'n Klomp boere hou vergadering in die Vrystaat oor die jakkalse wat die skape so afmaai. Natuurbewaring stuur 'n jong dametjie om die boere te kom oortuig om nie die diere uit te wis nie. 'n Paar voorstelle word daar aan die vergadering voorgelê.

Een idee is om die mannetjie jakkalse te vang en steriliseer, en so getalle te begin beheer sonder om die spesie uit te wis. Sit een omie baie aandagtig en luister en op die uitnodiging om vrae te stel, vra hy sy beurt aan en sê: "Juffrou jy verstaan nie die probleem so mooi nie. Die jakkalse naai nie ons skape nie, hulle EET die fokken goed!"

Dronk jagtrip
Drie ooms, Piet, Sarel en Koos is goeie ou jag vriende.  Hulle jag gereeld saam maar oom Piet drink verskriklik. 

Die drie gaan jag vir die naweek in die Vrystaat, en oordat oom Sarel en Koos vir oom Piet goed ken, vat hulle genoeg dop saam vir vier naweke se kuier.  Kom die manne by die jag kamp aan, skink oom Piet vir almal 'n dop.  Oom Sarel en Koos is nog besig met die eerste klippies en coke toe Oom Piet die eerste bottie klippies klaar maak. 

So gaan dit aan tot later in die aand toe oom Piet eventually uitpaas en al die dop is klaar. Oom Sarel en Koos besluit om vir oom Piet 'n moerse les te leer en skiet skelm 'n rooibok. Hulle slag die bok af en steek die derms en binnegoed in oom Piet se broek daar waar hy in sy dronkenskap uitgepaas lê.

Die volgende more roep die moeder natuur vir oom Piet na die 4 kaste klippies en 8 kaste coke wat hy gedrink het. Hy storm in die bos in en bly weg vir drie ure. Toe hy eventually terugkom lyk dit of hy 'n spook gesien het. Oom Sarel tune hom: "Jissis Piet, hoekom het jy so lank weggebly? Ons het begin worry oor jou, ou maat!" Antwoord oom Piet terug: "Jirre kêrels, toe ek my broek losmaak om te pis te val my derms uit. Dit het my drie ure gevat om alles terug te sit. Ek drink NOOIT weer nie! "

Gatiep en Meraai
Meraai is besig om eiers te bak toe Gatiep van agter af kom en haar 'n klap op die boud gee: "Ek sê, ou Dikkes! As jy van hierdie vet ontslae raak sal die ride bietjie smoother wees!" Meraai draai om en klap hom dwars oor die piel met die pan: "Jy weet ou Slappes, as jy bietjie meer om daai stokkie gehad het kan ons ontslae raak van die posman, die buurmaan en jou broer, jou naai!"

Slaailepel
In 'n klein dorpie in die Vrystaat trek 'n jong dametjie by die dominee in oordat sy nie blyplek het nie. Die stories begin die rondtes doen in die dorp en een van gemeente lede, Oom Daan, besluit om ondersoek in te stel. Hy bel die dominee en reel dat hy en sy vrou by die dominee kom eet. Oom Daan en sy vrou bring toe al die kos en geniet 'n ete saam met die dominee en die jong dame.

Later die week bel die dominee vir oom Daan. "Oom Daan, ek wil nou nie se julle steel nie, maar daai mooi slaailepel wat ek in Pakistan gekry het is weg vandat julle hier gekuier het". Oom Daan antwoord "Dominee, ek wil nou nie sê jy naai daai fietse jonge dame nie, maar as jy in jou eie bed geslaap het, dan het jy jou slaailepel gekry".

Wildtuin vibes
Ma en pa vat hul vertraagde seuntjie, Marius, wildtuin toe.  Marius is heel excited, venster oop gil en giggel en gaan aan.  Die volgende oomblik storm 'n volstruis hom, pik hom dat die bloed spat.  Dis net vere, geraas en chaos in die kar!!

Marius sit so terug vir 'n paar minute, kyk vir sy ma en sê: Fokken duif.

Ford Escourt
Ou Oom Frik is 'n groot Ford aanhanger en wil 'n klein motortjie koop.  Hy lees in die koerant: Escourt Agency – en skakel sommer dadelik die nommer. "Dagse Dame.  Het julle enige Escourts en hoeveel kos hulle?" "Ja meneer ons het.  Hulle wissel tussen R200 en R250."

"DONNER, my meisie.  Wie het hulle so in hulle moer gery?"

Checkers chat-ups
Piet staan in die queue by Checkers se til. Hy vang so uit die hoek van sy oog dat 'n fokken mooi cherrie haar hand efens lig om te waai en smile. Sy lyk vir hom moerse bekend maar hy kan nie dink van waar af nie en stap oor na haar toe: "Sorry, maar ken ons mekaar?" Sy antwoord terug:  "Ek mag verkeerd wees, maar ek dink jy is die pa van een van my kinders?" Piet dink nou fokken hard aan wanneer hy sy vrou verneuk het: "Is jy die girl wat ek jare terug by daai strip joint in Sunnyside op die pooltafel gespyker het?". Sy strip dadelik haar moer: "Ek is jou laitie se Wiskunde onderwyseres, jou fokken vark!"

Deel met jou tjommies!
griffinSo paar kak jokes voor die naweek.

Comments

  1. Dirk Diggler Diktros

    Die ene van Meraai is funny.  Res is n teleurstelling.  Hoop my naweek duik word sommer gou beter.  Ek is optimisties want drank is die antwoord.  DDD

  2. Poeskop

    @DDD, Boere en Jakkalse is ook nie te kak nie….wat die dop aanbetref, my whiskey rus fokken heerlik hier in my regterhand….Enjoy!!!!

  3. Jags Jannie

    DDD, WTF het van Prof geword? Hy besig met nog 'n graad vang? Mis sy skerpsinnigheid en poes snaakse opmerkings terdee…..

  4. Prof. Bokdrol

    Thanks Jags Jannie, jy maak 'n kak Maandag sommer beter! Nee, ek is nog hier rond (kyk maar die mees onlangse 20 of so Webpages deur) net fokken besig en altyd sewe soorte kak en hare aan die gang by die werk deesdae, het nie meer so baie tyd soos Desember nie, plus ek raak bietjie selfbewus van die baie kakpraat – moet die ander Watkykertjies ook kans gee (en daar's gereeld iemand hier en daar wat sê ek moet fokof so ek probeer 'n balans hou…Zefmeester het my ook onlangs so liggies uitgekak omdat ek "paar" en "twee" verwar, so ek loop maar katvoet.) Hier's een onlangse langerige een vir jou, jy het dit seker misgelees:
    http://www.watkykjy.co.za/2010/03/julius-malema-is-n-poes-voglens-google-autocomplete
    Hoop jy't 'n befokte week en dat jy reeds uitsien na duik Vrydag!

  5. Jags Jannie

    Ek's verheug ek kon jou dag maak Prof. Het jou comments op JM gespek en ge-reply ook. Sovere jou wense aangaan vir die week, het ek by die baas (myself), wat 'n groot poes is, afgevra maar hy wil nie ingee nie. Kont. Sal maar skelm duik tot Vrydag, aartappeltjie skil en op ys sit en so aan….

  6. Dirk Diggler Diktros

    JJ, moenie laat die vrees jou beetpak nie.  Die Prof is soms op sy eie trip maar nooit ver weg nie.  Al wat hom regtig stil die moer in maak is as die prys van bier opgaan. Dan kry hy n klein gemoedsbekakkingkie en stilstuipe.  Soos ek as hulle aan vodka krap.  Verder is hy relatief dapper.  As jy jou mooi gedra word jy genooi na n Vernon Koekkeloerder braai eendag…DDD

  7. Prof. Bokdrol

    DDD jy lees my soos 'n boek; ja elke keer as die prys opgaan gooi ek 'n tantrum – dalk moet ons die fokkers wat die prys bepaal nooi vir 'n braai met 'n mode-debat by VK?

  8. Jags Jannie

    DDD, van nou af sal ek oplet en my gedra. Sal egter moet invlieg AS uitnodiging kry vir braai. Hoop net SAA het plek op fokken kort kennisgewing (kan altyd 'n klient gaan surprise om dit te regverdig).
    By the way Prof. bier is nog cheap hier by ons. Gaan so vir R 9,50 'n dumpie in gholf klub. Hoe't my pa altyd gese, "al kos Vodka en Bier R50 'n bottel bly dit steeds 'n bargain". Moet byse dat dit plenty moons ago was want nou regeer die wet van Transvaal want fokken Gauteng sal nooit rym nie………

  9. Dirk Diggler Diktros

    Very Harsh steps soos br Ju-ju sou se.  Harde pad. maar soms is "doel heilig die middelle", of die kwas heilig die kaffoeffel.  DDD

Gooi Comment