Respect my charataaah!

In Snotstories deur griffin52 Eiertjies

Ontmoet vir Gene, Jo en Shan.

Hierdie drie chicks van Joburg het besluit om 'n moerse adventurous trip aan te pak op 23 Julie. Hulle gaan vir min of meer 'n maand lank meer as 16000km cover vanaf Londen na Mongolia. In 'n fokken ambulans. Sonder 'n back-up crew. Alles in die naam van charity. Dit vorm alles deel van die Mogol Rally wat deur 'n internasionale groep, The Adventurists gereel word. 500 groepe van regoor die wereld neem deel hieraan en as 'n reel moet ten minste 500 pond ingesamel word vir die rally se offical charity, The Christina Noble Children's Foundation. Daai deel is easy. Enigiets bo die 500 pond gaan dan na 'n charity van hulle keuse, wat in hierdie geval die Pink Drive campaign in SA is, wat borskanker beveg.

Wanneer die chicks uiteindelik in Mongolia aankom, sal hulle die ambulans aan die local community skenk. Dis 'n proper ambulans, nie een van daai fokken Ghostbuster mobiles nie. So dis actually 'n 3-in1 charity drive wat hulle "1000 Traveling Names And a Donkey" noem. Dan, die donkie is hulle mascot wat orals saam met hulle sal travel.

1000 travling names

Obviously kos hierdie storie 'n moerse klomp zak. Daar is geld nodig vir petrol, visa's, kos, die actual ambulans en natuurlik die geld wat vir charity moet gaan. Die idee met die 1000 Traveling names: Die chicks will graag 1000 name saam met hulle laat travel. Hulle sal dit moerse like as hulle 1000 name op die buitekant van die ambulans kan sit. Elke persoon wat R100 donate se naam word op die ambulans aangebring. Companies wat R5000 en meer skenk se naam word lekker moerse groot met jou logo op die buitekant van die Ambulans gesit. En dan travel jy of jou company se naam deur Frankryk, Duitsland, Poland, Ukraine, Chegoslovakia, Kazakhstan, Rusland en Mongolia saam met hulle en kry lekker media coverage. Ons is oortuig daarvan dat daar TV coverage en programme ook sal wees.

Hier verduidelik hulle dit self ook:

Gene, Jo en Shan sal gereeld vir ons foto's en videos stuur om op Watkykjy te sit om hulle roadtrip se progress en adventures te deel. Dit sal befok wees as van julle Watkykertjies sal help met donations. Enige ander items wat aan die girls geskenk word, sal na afloop van die trip op Zefshop verkoop word teen moerse bargains. Daai zak sal dan oorbetaal word aan hulle charity in SA.

RayBan het byvoorbeeld ingestem om 3 pare Polarized RayBans te skenk. Drie gelukkige mense sal na die trip hierdie brille kan score vir next to fokken nothing.

Van Watkykjy se kant af sal ons R2000 skenk. As ons stupid goed kan doen soos om die woord "poes" en "naai" te koop vir R100 elk kan jy net sowel iets beter doen met jou R100 en dit skenk vir 'n goeie doel. Al doen jy dit net eenkeer in jou lewe. Blink Stefanus is bietjie meer fancy en gaan die cherries R5000 sponsor.

Gebruik so paar minute van jou lunchtyd en gaan check gerus hulle site uit: http://www.1000travelingnames.com/

Hier is die details vir donasies.

Donations via EFT:

Acc. name:
1000 Traveling Names And A Donkey
Branch:
First National Bank Benmore
Acc. type:
Business Cheque Account
Account no.
62306572141
Branch code:
251255

Of donate sommer straight na hulle PayPal account toe:

Laastens: daar is klomp van julle expat Watkykertjies in die UK en Europa. Julle kan gerus met die dames in kontak kom as julle enige skenings wil doen vir die kids in Mongolia wanneer hulle daar is. Miskien maak jy vensters skoon vir 'n hospitaal wat nie 'n ambulans sal mis nie…

Deel met jou tjommies!

    griffinRespect my charataaah!

    Comments

    1. David

      Ek ook. Ek dog nog heeltyd die naaste wat ek aan Mongole gaan kom is julle lot werfetters op die site, maaaaaaaaar nou gaan ek op 'n ambulans in Mongolia ook wees. Shot vir myself

    2. David

      Waar is al die werfetters wat belowe het? Cheap naaiers

    Gooi Comment