Nou hoe nou, Pikitup?

In Kak companies deur griffin20 Eiertjies

Liewe Pikitup,

Fok julle in julle pers poese in.

Julle charge R145.92 per maand om daai groen bins eenkeer per week leeg te maak. Ek het nie ‘n probleem met R145.92 nie. Dis nie geld nie. Dis miskien ‘n bottel brannas of twee of ‘n fokken sak hondekos. Vir party mense is dit ‘n halwe gram coke. Waarmee ek ‘n probleem het is dat ek moet betaal vir iets wat nie gebeur het nie. Die Hubble telescope kon julle nie eers in Arpil gewaar in Joburg nie!

Mens kan nie weier om te betaal nie, want dit gaan fokol help – julle sal mens soos Telkom (wat mens charge vir ADSL en lyne wat af is) bloot blacklist. Dan, wanneer ek eendag by die Porche garage daar langs die plakkerskamp op Witkoppen inloop om daai 911 Targa te koop vir my klein piel en bleskop sindroom, sal ek soos ‘n poes lyk omdat ek ge-blacklist is deur ‘n patetiese company wat betaal word om my en ander mense se kak weg te ry.

As julle nie die job wil doen nie nie, tune ons net. Ons is seker daar is iemand met ‘n bakkie in elke buurt wat sal kan doen met ekstra zak, maar moet ons nie laat betaal vir suurstof wat julle in elk geval steel nie. Teen R150 per maand sal ek even ‘n fokken Venter trailer finance, die bank se kak rente vreet en self my vullis gaan dump.

Daar is duisende mense genaai deur julle diefstal. Dis nie eers nodig om die somme te maak nie. Dis poesbaie geld wat deur julle ge-zik is. Daar is nie ‘n ander woord vir dit nie. Next time, sit at least ‘n bietjie lipstick aan en ‘n romatic tune of twee voor julle besluit om ons weer te naai.

Kom klop gerus weer aan my deur vir kerpersente hierdie haar. Ek het nog nooit na die munisipaliteit se advice geluister nie en altyd kos, zak of klere reg. Hierdie jaar het ek iets besonders gekry en ek los vir julle ‘n moerse komp bokse propvol daarvan: fokol.

Ek het reeds hierdie simpel bill betaal voor ek hier kom sooibrand kots het. Wat het julle gedoen, julle konte?

pikitup

griffinNou hoe nou, Pikitup?

Comments

  1. Dirk Diggler Diktros

    Ons is in n vry land.  Vry om te moet betaal vir fokol anders kry jy, soos tereg gese, n kak krediet rekord.  Vry om nie te betaal, vry om jou sussie te vry, selfs vry om te sak dat die bure se Pit-Bull jou in die hol naai.  Bestialieteit is n vry keuse. 
    Die volgende is nie so n maklike, dog wel vry keuse…Assimileer die POESisie.  Draai jouself noord, trek broek en jou Kaptein Spongebob Squarepants of Y-front's tot op enkels, en moenie eers wah vir lubrikasie of "reacharound" nie.  Voorspel is oorbodig, sien want die local munisipaliteit spaar energie en naai jou dus sonner enige vermorsing op bykomstighede soos petroleumjelli (vaseline) of K-Y of self baba-olie.  Wees onopgesmuk dankbaar.  Hulle is baie koste-effektief en maak seker dat hul jou rand tot die maksimum uit trek wanneer hulle jou in die hol en sommer deur die ore werk.  Geniet dit, n naai in jou hol is beter as wanneer hulle jou elektrisiteit weekliks weens wanbetaling vir n paar dae afsluit, met geen rede, an dan beweer jy skuld hulle R 797 000 en jy is in n woonhuis met n gemiddelilde verbruik van R 1800 p.m.   So, ge jou plaaslike raadslid n oliebol, koppie koffie, met Klippies natuurlik en n drukkie.  Saam maak ons dit alles beter.  Anners word mens dalk bitter en drup jou pen van die gal.  Dan vermors jy eers energie.  Once  DDD

  2. arno west AKA Dude

    is dit nie die municipality se job om vuilis te verwyder nie?
    dank my ma ons bly in die wes kaap, ek sal dit nie kan afford om dubbel te betaal om my sakke weg te vat nie

  3. Knersus

    @AKA – ja in vroeer dae sou die munisipaliteit jou vullis kom wegvat, maar dis deesdae makliker as mens eerder uit-kont-rakteer sodat ‘n privaat maatskappy (wat die munisipaliteit natuurlik ‘n kakhuis vol geld charge (sien foto van kakhuis wat ook deur die munisipaliteit ge-sponsor is op ‘n ander post vandag)) om ook fokkol te doen. dan kan die regering iemand anders blameer vir die kak “service delivery” want dis mos nie meer hulle skuld nie.

  4. kontkop

    VIVA WES KAAP!!! EK BETAAL NET R80.00 VIR MY MUNISIPALITEIT

  5. Author
    griffin

    Hence die naam “Kontkop”. ROFLNJAMAU

  6. Willem

    Wil voorkom julle bly nie in Midvaal nie, hier word die kak elke dag weg gewat al is dit 22h00 op 'n vakansiedag

  7. David

    Hier by ons is hulle net so effektief, laasweek al my kak deur die dag weggery en die aand teruggekom en sommer my TV en HiFi ook kom haal, al wou ek die regtig wegmoer nie

  8. Jagse Karel

    Ek betaal n addisionele R20 n week vir n toppie in ons kompleks om my kak weg te ry. Kempton Park se CBD is n vullis hoop, dit is nie lank voordat siektes gaan uitbreek of kinders met 3 oe gebore gaan word nie. PS. ek het gelees wat "fok jou" geskryf het op n vorige post. van jou boek, ek het die boek geniet (sommer 2 keer gelees op die kakhuis) en het lekker gelag.

  9. cockteazer

    Enige rede hoekom my comments nie ge-post word nie??

  10. David

    En jy het tien teen een nie 'n cock nie

  11. cockteazer

    Sorry ouens…ongelukkig kan net een van julle reg wees hierdie rondte…..

  12. Jags Jannie

    DDD ek het simpatie met jou frustrasies. Fok "Gauteng" want dit rym nie met die ou gesegde nie. Daai tyd het almal ook gekak en betaal, maar darem riool, vullis, elektriese tyd en water gehad sonder fokken verskonings. En beste van alles, sien ek op nuus, gaan julle nou weer 18de stem om nog beter gepyp te word want sien die etters wat nou staak oor die kak diens/te, gaan of nie stem nie of weer vir ANC munisipale rade stem. both ways gaan julle weer "windbuks" moet speel. Eish! gaan nou, alweer vakansie dag hier,, vuur aansteek en aartappeltjie sap op jou skink. hoop jy voel beter want ek weet fokkol wat ons ouens hier se gaan rerig help om jou probleem op te los nie. Sterkte

  13. Dirk Diggler Diktros

    JJ, there is no problem bigger than booze….m.a.w daar is geen probleem wat nie reggesuip kan word nie.  Ek berus my by dop en ander chemiese verversings om ruimskoots die situasie zen – zen te benader.  Soos die zen ding gaan: "like all things this too shall pass."  Vra vor Osama….
    Bin Ladens last words " hey aren't you Chuck Nor_____"

  14. PonkieDiel

    Hulle kan mul naam verander van Pikitup na FuckitUp of FuckedUp

  15. Prof. Bokdrol

    Daai fokop het oor die Jukskei aangewaai, want my blik staan nou al 3 dae op die sypaadjie hier in Pitooria…blykbaar is baie van die Mislikepaliteit se lorries stukkend so hulle sal roteer met die wat nog werk (volgens ClassicFM se 06h00 nuusberig) maar ek is nie meer so seker hulle het actually een wat nog werk nie (lorries, nie mense nie…of dalk fokken albei, ek weet nie,) Hulle moet in elk geval gou maak – ek hoor netnou 'n gil toe moes ek uithardloop met 'n baseball bat om die SludgeMonster wat uitgebroei het oor die kop te poes toe hy die domestic executive wou opvreet toe sy haar papbrandsel gaan uitkrap. "A better life for all"…"Working together blah blah"…"Tshwane – we are the same blah blah" ja sure, dude; verkiesingsdag is net om die draai, jy't omtrent 0.00001% fokken kans om my stem te kry, poes…

  16. Zepher

    Daar is min so bevredigind soos om in hierdie gevalle daai swart sakke voor die Premier se huis te gaan neer blixem, check net vir die bloulig bende voor jy aksie neem.
     
    Freedom of expression my maat dis hoe ek my frustrasies express met hoe julle munisiepale dienste verskaf.

  17. Prof. Bokdrol

    …en terloops, net ter verduideliking, daai was die woorde van my dierbare domestic executive, nogal.

  18. Prof. Bokdrol

    Terloops (episode 2)…dis ysig fokken koud vandag, selfs in suip-tropiese Pitooria, en ek hoor al klaar op die draadloos Eskom begin alweer met hulle kak – herinner my asseblief, wanneer verkies mense nou weer nog konte om in beheer te wees van dinge wat die etters nie 'n fokken moer oor omgee nie?

Gooi Comment