zefshop

Die nuwe Zefshop is live…

In Zefshop deur griffin2 Eiertjies

Die nuwe Zefshop is uiteindelik live na baie zak en effort. Daar is heelwat improvement gedoen en ons skiem die outjie run smoother. Jy kan byvoorbeeld 'n whishlist create, Facebook comment los en dies meer. Die check-out proses is ook vereenvoudig na 'n one-pager toe. Jy kan ook check-out as 'n guest, met ander woorde, jy hoef nie te register as jy nie wil nie.

In die baie nabye toekoms sal jy ook gift vouchers en gift cerftificates vir jou tjommies kan koop as jy nie weet wat om vir iemand se jaarsdag te gee nie. Jy sal ook mp3's, videos en pdf's kan download.

Ons sal binne die volgende 2 maande nog interesting stock laai. Dit lyk soos fokken Durban se dokke hier met stuff wat ons nog nie voor kans gekry het om in stock te sit nie. Jy is welkom om ons te kontak as jy in 'n band is en jou klere of musiek wil smous. Miskien record jy befokte mp3's in jou garage. Of dalk wil jy daai tuisgemaakte gehekelde kak wat jy oor toiletpapier trek verkoop vir busgeld.

PS: Die ou shop run nog in die background somewhere saam met die nuwe een (in case mense perongeluk op hom afkom.) Ons sal hom binnekort delete. As jy www.zefshop.com intik en by die ou een uitkom, gooi CTRL + F5 om jou cache te refresh. Of CTRL + Shift + Delete. Daar leer jy sommer ook nog iets.

Die shop sal nog kiefer raak. Baby steps.

zefshop

Deel met jou tjommies!

    griffinDie nuwe Zefshop is live…

    Comments

    1. Carl Ackerman

      Hoekom het julle so min goed van Die Antwoord? Die overseas shop het baie meer, en ook baie nicer T-shirts. Maak 'n plan tog asseblief.

    2. Author
      griffin

      Ons het poesbaie goed van Die Antwoord. Die fokus was om die nuwe shop up en running te kry. Die stock peul by my skoorsteen uit. Ons sal dit binne die volgende 3 weke beskikbaar maak saam met nog ander next level top secret goed van Die Antwoord wat binnekort reveal word.

    Gooi Comment