Wedding DJ’s en Roxette team op vir SA toer.

In Watkykjy Gigs deur griffin7 Eiertjies

Chopper Charlie en SuperDeluxe3000 aka The Wedding DJ’s is gekies as opening act vir Roxette se toer in SA.

Ons is nie seker of ons hulle geluk moet wens nie, maar doen in elk geval so: Geluk, ouens?

Update van die desk van Chopper H. Charlie:

Hierdie is 100% genuine my bra’s, net ‘n blind datum om dit bekend te maak, maar die Wedding DJs open for real vir almal se favourite sokkie band Roxette.

Ons jol sewe gigs op die Joyride, drie in die Kaap by Grand West Casino en vier by Sun City waar griff ons gaan join in die Cascades met Pina Coladas in die borrelbad.

Hopelik kry ek dit reg dat die mense my Roxette “Look Sharp” tape sign en dan wil ek ook so simpel foto hê met so cap op en wat so thumbs up wys saam met die band wat so ongemaklik lyk.

Datums: Kaap 8-11 Mei en Sun City 13-17 Mei
Komaan, join die Joyride!

griffinWedding DJ’s en Roxette team op vir SA toer.

Comments

  1. Laaitie

    Dit moet n April fools joke wees? Roxette is heeltemal the next level vir die wedding naaiers….

  2. Ledigheid

    Daar is nie 'n manier dat die wedding DJ's vir Roxette open nie. Griff en Chopper vat julle lekker vir 'n poes. Die waarheid is dat Roxette vir die wedding DJ's open

  3. Dirk Diggler Diktros

    Ledigheid, ek stem saam, ek skiem jy het n tier by die balsak beet….:-)

  4. Afrobeatnik

    Dis simply weird… maar geluk! Miskien sien ek julle hier in Brazil oor so lui lekker paar jare… Hel, dis selfs cool! 

Gooi Comment