"Daar is alweer fokol op TV!" – is iets wat mens fokken baie hoor. Serious? Fokol? As jy so lief vir TV is en as dit so 'n belangrike deel van jou dag uitmaak, sal jy mos 'n plan maak, of hoe? Kry DSTV PVR en jy sal altyd iets kan kokkenodge. Of doen iets anders. Gaan lees 'n boek of iets (as jy nog kan lees). Of gaan trek draad. Daai 25 skondes sal jou stres in elk geval verlig. Of gaan dice jou kar in Voortrekkerstraat vir pienk slips.
Dis nie asof die TV programme back in the day regtig far-out was nie. Meeste van SA se shows is in elk geval oorgeklank deur die 5 odd akteurs wat ons op daai stadium gehad het. Lekker uit sync soos 'n ou karate fliek: "Ek gaan jou opfok!" (in Paul Ehlers stem. En die lippe move nogsteeds 3 sekondes na die sin op screen voltooi is). Check, Suid-Afrikaners was maar net aan fokol gewoond en alles was cool gewees. Die spreekwoord "jy kan hom met 'n bak pap en 'n bottel brannas vang" comes to mind. Ons praat nou natuurlik van die grootmense van daai tyd.
Ons was nie so nie. Uh-uh, ons het van beter geweet. Kak man! Actually het ons fokol geweet, want as mens 'n kind is hoef jy fokol
te weet – jy geniet jouself net en jy kon in elk geval nie die verskil tussen 'n goeie of kak TV show raaksien nie. Dis ook nie asof TV 'n moerse invloed gehad het op kinders in die 80s of 90's nie. Sien julle duisende mans wat besluit het om brandweermanne te word omdat hulle deur Groenie Die Drakie in die kop opgefok is? Sure daar het so paar goed deurgesekemer – hulle pis nou braaivure dood as hulle gespat is op Castle Lite (vir die diet, jy sien). So hier en daar kry iemand nog 'n poesklap wat heel moontlik oorskiet indoktrinasie is van Teenage Mutant Ninja turtles. Miskien het so paar laities "Het jou, katvis!" geskree as hy dalk 'n staderd 7 cherrie in sy klas aan die gwap gegryp het vir 'n cheap thrill, maar daai outjies is vinnig met die rottang uitgesort.
Die TV generation het seker nie te sleg aan die ander kant uitgekom nie. Alles was befok en awesome. Jy het nooit kinders regtig hoor tune "daar is alweer fokol op TV nie", want daar was altyd iets buitemuurs om te doen: met jou BMX oor boemies ramp voor die kafee, duiwe skiet met pellet guns of mense se intercomms en posbusse afpoes met krieketkolwe. Wel, in Vereeniging het dit in elk geval so gewerk…
Lekker pik ek nou 'n traan. Lekker Generation X. Lekker Generation Y. Kom ons vat julle bietjie terug na die dae toe daar regtig omtrent fokol op TV was. Toe TV 'n novelty was. Ons praat hier van die dae toe uitsendings teen 18:00 begin uitsaai het en die landsvlag teen 23:50 se kant begin waai het net nadat die beeldkassie vir ons die name gescroll het van laities wat op die grens gesterf het "vir hulle land". Goeie tye, huh?
Hier is eers so paar videos om bietjie jou memory te jog. Ons het sommer 'n ou VW ad ook in die mix gegooi:
VW ad – David Kramer en sy rooi velskoen. Wonder of VW hom vandag nog sal gebruik?
Automan – 'n Program van 'n man in 'n disco tubelight suit en 'n kar wat onverklaarbaar poesvinnig om draaie kan gaan sonder dat jou breins deur jou neus uitskiet. Amper soos Knight Rider, net meer gay. Het moontlik gely tot die marabse wat so dice en vrek in Gezina
Interster – Die SAUK kon nie Thunderbirds van die BBC af koop nie as gevolg van apartheid. Toe maak hulle maar hulle eie "Thunderbirds". Die storielyn? Min of meer die backdrop van apartheid.
Liewe Heksie – Die arme bitch moes aanvalle van die kerke en Huisgenoot trotseer oor die stories oor heksery en satanisme gaan. Kyk gerus hierdie episode van Liewe Heksie en die geel motor waar sy Blommie se piel afkap en in 'n pot kook terwyl sy pentagramme teken en astral travelling doen … of so iets…
Riptide – 80s aksie met 'n klomp badly dressed ex-army buddies wat in 'n badly dressed helikopter rondvlieg. Dis presies soos A-Team, behalwe hulle short 'n transit van en 'n swart ou met goue kitaaangs.
Talespin – Basically 'n cartoon vibe van Indiana Jones. Beertjies wat op adventures gaan en skatte en awesome goed opspoor. Ons dink dis beertjies. Mens weet nooit mooi wat Disney se intentions is nie…
Hier is Watkykjy se 101 lys van TV Programme van die 70s, 80s en 90s. Gee jouself sommer 'n fokken punt en 'n goue sterretjie vir elkeen wat jy onthou.
A-Team
Airwolf
Alf
Baasspeurder Faber
Baretta
Beyond2000
Bionic Six
Brakenjan
Bravestar
Die Bosveld Hotel
Buck Rogers in die 25ste Eeu
Casimir
CHiPS
Dallas
Dynasty
Dawie Die Kabouter
Darkwing Duck
Derrick
Duck Tales
Gummi Bears
Doctor Snuggles
The Edison Twins
Eendag was daar
Flinkdink
Groenie die Draak
Grootbek en Katvis
Haasdas se Nuuskas
Hardcastle en McCormick
He-Man
Herberg
Het Van Verlangekraal
Interster
Jopie Adam
Knight Rider
Kooperasie Stories
Kraaines
L.A. Law
Liewe Heksie
Magnum P.I
Man From Atlantis
Man Van Intersek
Man Van staal
Manemarak
M*A*S*H
Maya The Bee
MacGyver
Die Meisie van Avignon
Miami Vice
Miena Moo
Murder, She Wrote
Nils Holgerson
Nommer Asseblief
Nuustak
Oompie in die Ruimte
Orkney Snorknie
Oskar en Knerses
Onder Draai die Duiwel Rond
Petrocelli
Paddington Bear
Perfect Strangers
Pipi Langkous
Pieriewieriepark
Police File
Pop Shop
Postman Pat
Pumpkin Patch
Quincy
Remmington Steele
Resque 911
Riptide
Robotech
Rooi en Blou
Rupert The Bear
Santa Barbara
Sha Na Na
Silver Spoons
Simon & Simon
Skooldae
Skoppensboer
Small Wonder
Star Trek
Straatvalk
Die Swart Kat
Talespin
Tekkies
Teenage Mutant Ninja Turtles
Ter Wille Van Oorlewing
Thundercats
T.J. Hooker
Trans-karoo
Trompie en die Boksombende
Uit en Tuis
Vicky die Viking
Die Vlakte Duskant Hebron
Vyfster
Die Waltons
Webster
Wielie Walie
Wolwedans in die skemer
Zapmag
Zet




120 Comments
Facts of Life (You take them good you take them bad you take them all and then you have….The facts of Life) – Fokkit ek kan even die tema liedjie onthou.
Golden Girls
Vikkie die Viking – hey hey vikkie
Julle vergeet van Ouma kom help met haar eierklitser lugbalon
Dit is nou eg Suid Afrikaans gestel. "well done" Wat het geword van "Remi – Alleen om die wêreld" se verhaal.
Dis nie eg Suid Afrikaans nie maar dit was ook 'n baei goeie storie.
Mx
Jy het verseker Dinosaurs vergeet…
Fok my vreeslik – ek gaan myself nou in 'n koma in tos want ek kon alles onthou. Julle het Emil vergeet Pokkel die Eekhorinkie, Pierriewierrie, The Voyagers, Battle of the Planets, Seepsteen Batteljon, Taakmag, Gazette, Die Binnekring en Battlestar Galactica – die ou reeks. Ek het uiteindelik na 'n kakhuis vol geld Man van Staal, Buck Rodgers, He-Man en Thundercats in die hande gekry. Soek nog plenty van die reekse. As iemand weet van iets moet julle my laat weet asb.
Weet enige iemand van die show "rekkie" of "recce" . Dink dit was in ie 80s of 90s!
Weet iemand van Die Suid Afrikaanse Kinderstorie wat in die 90's op SA-TV was met die naam Jack en Jacklien. Wil dit graag opspoor maar kry nerens die regte naam van die storie nie. Dit is 'n tweeling – seuntjie en dogtertjie. Wanneer hulle hande vashou het hulle towerkrag
@ Dawid Jansen
die storie waarna jy verneem se naam is die Chinese wonder tweeling.
Ek is opsoek na die program "Die ruimte kabouters" dit was oor kaboutertjies wat in die ruimte op n skippie rond gevaar het > daar was so n pers gedroggie dingetjie wat in die boot gesweef het en sy naam was Flossie.
ook wil ek weet waar mens al die ou programme kan kry, ek sal kinders dit eerder laat kyk as om die gemors wat deesdae op tv is vir hulle te wys.
<p>Sjoe, dit bring wonderlike memories terug.
<p>Ek onthou almal baie goed, was lekker tye en grootwordjare in die sewentigs en tagtigs. Jy praat hier van bmx fietse – ek het nog met my ouer boetie se tjopper leer fiets ry.
<p><br>
<p>Hie's n paar programme wat ek wil bysit wat vir my gunstelinge was – Fynbos vakansie plaas met Leclue (Ronnie Belcher), Jasper Lefleuwer, Skoolplaasstories, Skooldae, Sien jy nou, Die dood van Elmien Adler, Geknelde land, Saartjie en Trompie reeks, Die wel en wee van Thys Coetzee, Rekkie. Net n bietjie liefde. Almal regtig goeie ou afrikaanse reekse wat tipies die alledaagse weerspeel het. Daar was n reeks wat ek nie die naam kan onthou nie – het gegaan oor n moord wat by n vakansie oord gepleeg is, so half afrikaanse riller, Mynie Grove het nog die temalied gesing, hier baie baie vroeg tagtigs. <br>
<p> Dan was ook n paar puik flieks van daai tyd, die ou movies Jantjie, Kiepie en Kandas, Geeltrui vir n wenner, Boetie gaan border toe en nog n hele paar ander ou gunstelinge.
<p><br>
<p>Ek wens hul wil hierdie oorgeklankte goed, wat sommige regtig gemors is - wat in elk geval klomp geld kos om in te voer – verwyder en weer die ou ordentlike eg Suid Afrikaanse prente terug sit op die kassie.
Die vakansie-oord riller met Mynie Grove se naam was “Herberg”. Dit was fokken erg gewees.
<p>O ja, thanx. Twee absolute great advertensies van die vroee tagtigs was die Pick n Pay ad en die Sun City ad met Queen se “We Will Rock You”.
Haha. Die goeie ou dae
Super snuiters. Die Ander Ek. Biker Mice from Mars. Sending Vietnam. Toe het mense nog hul imagination gebruik. Nike "kyk hoe mors ek my pappa se geld want ek is fokken stupid en te useless om iets te maak van my lewe" reality kak nie
Hi julle waar kan ek van die stories kry, wil my kinders wys hoe ons "Ben 10 en Hannah Montanna" gelyk het.
Thx
Wat van 'Vendetta'? met kaptein Mike Torello, badass Ray Luka en fokdom Paulie. Ek, my pa en my broer het dit elke Vrydagaand slaafs gekyk en dit was ons bonding time.
Ek het eenkeer by pelle 'n ou ontmoet wie se bynaam 'Groenie' was. Dit was absoluut fokken uncanny watse resemblance hy met daai groen drakie gehad het. Hy het soos groenie gelyk, geloop en gepraat, en dit was nie 'n ge-aansittery nie. Holy shit, man!
Swart kat en brakenjan?
Weet iemand waar mens nog hierdie ou afrikaanse tv verhale in die hande kan kry? My hart is so seer en ek wil hulle so graag he:'(
Waar kan ek Wiekie die Viking dvd's kry vir my seuntjie? :-)
Annemie… die storie waarna jy verwys se naam is eintlik Die Kaboters…. baie cool het 'n hele VHS vol episodes van dit en Wiekie die Vicking… waar kan mens dit gaan convert in dvds??
Annemie,
Die storie waarna jy verwys is eintlik Die Kaboters, baie cool… het 'n hele VHS vol episodes daarvan en van Wiekie…. waar kan ek dit laat omskakel in DVD's???
ek sal baie graag n paar van hulle wiluil,bel of mail my dan gesels ons
0823323932
Ek sal ook baie graag van hierdie ou legendes wil bekom. Weet enige iemand waar?
Eish! Die goeie tye. Buck rodgers…ek was malverlief op Erin Gray. Pity Buck wou haar nooit spyker nie. Wat van magnum PI? Knight rider?
Ek onthou suikerkaskenades en vervelige musiek programme op 'n Saterdag. So af en toe het Kallie en die ander een mekaar goed gedonner, en daar was ook woeste stoei. Nog iets wat so deel was van daardie tyd was die verdomde kerk and sondagskool, en agterna 'n groot, warm gekookte ete op 'n poeswarm dag.
Ah, dit was lekker. Ons het nooit kon raai hoe gelukkig ons was nie.
hi is daar iemand wat my kan help en se waar ek die reeks niklaas sal kan kry? Dit was 'n kinderstorie. Dit was 'n ruk gelede op kyknet ook uitgesaai maar ek sal dit graag weer wil kry. sal dit waardeer as iemand kan help
dankie
kan iemand d reeks niklaas? 'n kinderstorei
WAT VAN DR. QUINN, NIGHT RIDER, X-FILES,NODDY,THE COSBY SHOW,THREE'S COMPANY,CHEERS,BRADY BUNCH,THE LITTLE HOUSE ON THE PRAIRE, CHARMED, DIE GROEN FAKTOR,
Andre, ons onthou nog daai stories. Maar lyk my jy sukkel bietjie met Tik101 (2de jaar?) want die fok weet jou ink gaan opraak met al die hoofletters wat jy uitrol my ou. Fok weet!
Hier is nog n paar stories wat nie op die lys is nie. Ek soek nog kliphard na enige manier om hulle in die hande te kry maar dit is asof dit nooit bestaan het nie. So hardseer. Daardie hele deel van ons kinderdae, om nie eers te praat van kultuur en geskiedenis nie, net weg. Skande!
Tao-Tao die panda
Sandoekan
The Mysterious Cities of Gold
Sinbad
Niklaas
Walter die Wasbeer
Ek het net so n paar stories al gekry.
Nils Holgerson
Heidi
Brakkenjan
en so n paar episodes van Moemin.
Dit was nou nostalgie uit die boonste rakke… almal het 1 tv reeks vergeet… "Ballade Vir 'n Enkeling"! Ek is opsoek na die reeks, luv die theme song: "Enkeling, vreemdeling, verstoteling, rug gedraai op die ligtekring… agterstevoor, onderstebo… enkeling, vreemdeling alleen…"
Ek is op soek na more more. HELP!!!!!!
Onthou enige iemand die reeks (ken nie die naam nie), oor Henriette die Gees. Dit was n verhaal van n vrou wat as ek nou reg kan onthou, dood gebrand het in n huis vuur en wat toe n gees geword het. Sy het altyd so wit rok gedra en het haar gedra soos n ordentlike vrou. Sy het "magical powers" gehad, waar as sy so op haar index vinger geblaas het, het daar so magical dust uitgekom, en sy kon bv n lig afskakel orfiets laat beveeg. Sy was a "goeie gees" gewees. Ek kan nog die theme tune se lied onthou in my kop… Die reeks het in 1994 op SABC 2 of 1 gewys, gewoonlik na die 7H nuus. Weet iemand waarvan ek praat? is dit vir enige iemand bekend??
Ek onthou dit ook! – ek kan net GLAD nie die naam onthou nie!
Dag almal.Ek is ook mal oor al die ou prente en tv reekse.Daar is baie van hulle wat ek op dvd kan kry , maar dis baie duur.Net n paar voorbeelde :
TV reekse
Ma-Plotters
Binnekring
Mannemarak
Wielie Walie
Pieriewieriepark
Onder draai die duiwel Rond
Skooldae
Skoppensboer
Die dood van Elmien Adler
Vleuels
Sterretjie
Wolwedans in die Skemer
Agter elke Man
Ballade vir n Enkeling
Matewis en Meraai
Konings
Torings
Vir die van julle wat die shows probeer kry met die idee om dit vir die jong klomp te wys, wil ek maar net sê moenie verwag hulle gaan dink dit is cool nie.
Ek het ook lank gesoek na Mysterious Cities of Gold, omdat dit my gunsteling show was destyds – flippen interessant en baie geleer op die einde van elke episode. Het dit toe op ‘n torrent site gekry, omternt 10Gb vir die hele reeks. Dog toe ek sal dit vir my suster se laaitie (10) wys, maar na twee episodes het hy net gesê dis “lame”.
Whatever Dante!
Kon iemand dalk onthou van 'n wetenskap fiksie in die middel 80's? Dit handel oor 2 mans wat in 'n ruimteskip / UFO van Jupiter ontsnap het aarde toe. Die een man se naam was Adam. 2 Blonde Vroue (Olivia en Octavia) het hul agterna gesit in 'n druppelvormige UFO. Hulle was menslike wesens wat op Jupiter gewoon het. Gedurende die reeks het die wesens op Jupiter almal in 'n diep slaap geval. Hulle het slegs wakker geword toe hul koningen eerste uit haar diep slaap wakker geword het en gese het: die nuwe lewe begin. Hulle het ook twee aardbewoners, 'n man en vrou ontvoer en na Jupiter geneem, waar die vrou deur een van hul masjiene opgeeet was.
Razell ja, ek onthou daai storie baie goed – en toe daai space cadets hier aanland in die middel 80's toe stig hulle die HNP. Terloops, vra jou ma om bietjie minder giggelgras in jou oats-koekies in te bak in die vervolg.
My ma is oorlede bokDROL en ek rook of gebruik nie dagga in tee of koekie vorm nie! As jy nie in 'n onskuldige vraag oordentlik kan beantwoord nie gaan steek eerder vir jou 'n groen-stompie op waaraan jy kan puff om jou geheue verlies aan te help in plaas daarvan om dit te adverteer!
Fokkit! Laat ek raai, uhmmm…….kak Maandag gehad?
Hallo almal. Ek wil graag net weet of iemand die naam onthou van 'n storie wat ek dink in die 1990's gespeel het. Dit het gegaan oor 'n reeksmoordenaar wat as ek reg onthou vrouens in vrieskaste gesit het? En ek verbeel my daar was 'n roomyskar betrokke op een of ander manier. Die tema lied van die storie was johannes kerkorrel se "al le die berge nog so blou". Was dit dalk : "Lied van die lappop" gewees? Ek was nog baie jonk toe die storie op tv was en ek onthou regtig nie veel van die details nie.
TV ? wat te fok is dit? ekt die ding lankal verbrand !
Vicki Die Viking
Rompelstompel
Interster
Tekkies
Die Swartkat
Derrick
Haasdas en nuuskas
Knersis (spelling)
Fantastiese vier
Battlestar gallactica (the good one, the original, where the cylons where still cool)
Man van staal
Man van intersek
Buck Rogers
Man from atlantis (found a couple of episodes on the new server a while back, oh the memories)
Automan
Manimal (on good ol Boptv)
Battle of the planets (loved this)
Robotech (my first exposure to anime)
Edison twins
The ark
Isis
Ooooh ooooh the original star trek
Maanbasis alpha (space 1999)
Loveboat
Murder She Wrote
Golden Girls
Silk Stalkings.
En die poeslike WALTONS
…Orbal…??? Ek dink die show se naam was "Kind van die Sterre". Die held was n regte fokken moffie, ek`t meer die skurke in daai sampioen-tuig gevolg…! En die mooiste karakter in Moemin was ou Stinkie…!!
Kooperasie stories, orkney snorkney!!!!
Growing Pains!!!!
Hi Rambo het jy dalk n e-pos of iets ander waarmee mens jou kan kontak? Ek wil baie graag van daardie reekse he en ek gee nie om om te betaal nie.
Dankie
Griff sal sy e-mail vir jou stuur maar dan moet jy eers jou tiete vir ons wys. Asseblief.
Devious plan van jou daai, Belhamel – ek like hoe jy dink. En Nicolette ons gee ook nie om om te betaal vir 'n foto van jou tiete nie…
Die reeks van die besoekers van Jupiter is "Die Stêr Nimfe". Dan ook "Die Barones von Gees", die vriendelike gees in die wit rok.
Sal goed wees as die SAUK die ou goed kan afstof of op DVD kan uitreik.
Daar was ‘n storie van ‘n tweeling meisies wat op skool was. Die een het doof of blind geword nadat ‘n “disco ball” op haar geval het met ‘n skool konsert of iets. Dit was ook ‘n Afrikaanse storie. Ek en my suster probeer al lank om op die naam te kom. Ons soek dit vir sentimentele redes. As iemand kan help!