Suid-Afrikaanse TV: 101 shows wat jy miskien sal onthou

In Snotstories deur griffin240 Eiertjies

shanana

UPDATE: jy kan hierso lees oor Afrikaanse shows en flieks wat nou op Showmax beskikbaar is. Al die lekker ou flieks en programme is daar! Hier is ‘n 14 dae free trial waar jy alles kan kyk wat jy wil

“Daar is alweer fokol op TV!” – is iets wat mens fokken baie hoor. Serious? Fokol? As jy so lief vir TV is en as dit so ‘n belangrike deel van jou dag uitmaak, sal jy mos ‘n plan maak, of hoe? Kry DSTV PVR en jy sal altyd iets kan kokkenodge. Of doen iets anders. Gaan lees ‘n boek of iets (as jy nog kan lees). Of gaan trek draad. Daai 25 skondes sal jou stres in elk geval verlig. Of gaan dice jou kar in Voortrekkerstraat vir pienk slips.

straatvalkDis nie asof die TV programme back in the day regtig far-out was nie. Meeste van SA se shows is in elk geval oorgeklank deur die 5 odd akteurs wat ons op daai stadium gehad het. Lekker uit sync soos ‘n ou karate fliek: “Ek gaan jou opfok!” (in Paul Ehlers stem. En die lippe move nogsteeds 3 sekondes na die sin op screen voltooi is). Check, Suid-Afrikaners was maar net aan fokol gewoond en alles was cool gewees. Die spreekwoord “jy kan hom met ‘n bak pap en ‘n bottel brannas vang” comes to mind. Ons praat nou natuurlik van die grootmense van daai tyd.

Ons was nie so nie. Uh-uh, ons het van beter geweet. Kak man! Actually het ons fokol geweet, want as mens ‘n kind is hoef jy fokolvicky the viking te weet – jy geniet jouself net en jy kon in elk geval nie die verskil tussen ‘n goeie of kak TV show raaksien nie. Dis ook nie asof TV ‘n moerse invloed gehad het op kinders in die 80s of 90’s nie. Sien julle duisende mans wat besluit het om brandweermanne te word omdat hulle deur Groenie Die Drakie in die kop opgefok is? Sure daar het so paar goed deurgesekemer – hulle pis nou braaivure dood as hulle gespat is op Castle Lite (vir die diet, jy sien). So hier en daar kry iemand nog ‘n poesklap wat heel moontlik oorskiet indoktrinasie is van Teenage Mutant Ninja turtles. Miskien het so paar laities “Het jou, katvis!” geskree as hy dalk ‘n staderd 7 cherrie in sy klas aan die gwap gegryp het vir ‘n cheap thrill, maar daai outjies is vinnig met die rottang uitgesort.

Die TV generation het seker nie te sleg aan die ander kant uitgekom nie. Alles was befok en awesome. Jy het nooit kinders regtig hoor tune “daar is alweer fokol op TV nie”, want daar was altyd iets buitemuurs om te doen: met jou BMX oor boemies ramp voor die kafee, duiwe skiet met pellet guns of mense se intercomms en posbusse afpoes met krieketkolwe. Wel, in Vereeniging het dit in elk geval so gewerk…

groenieLekker pik ek nou ‘n traan. Lekker Generation X. Lekker Generation Y. Kom ons vat julle bietjie terug na die dae toe daar regtig omtrent fokol op TV was. Toe TV ‘n novelty was. Ons praat hier van die dae toe uitsendings teen 18:00 begin uitsaai het en die landsvlag teen 23:50 se kant begin waai het net nadat die beeldkassie vir ons die name gescroll het van laities wat op die grens gesterf het “vir hulle land”. Goeie tye, huh?

Hier is eers so paar videos om bietjie jou memory te jog. Ons het sommer ‘n ou VW ad ook in die mix gegooi:

VW ad – David Kramer en sy rooi velskoen. Wonder of VW hom vandag nog sal gebruik?

Automan – ‘n Program van ‘n man in ‘n disco tubelight suit en ‘n kar wat onverklaarbaar poesvinnig om draaie kan gaan sonder dat jou breins deur jou neus uitskiet. Amper soos Knight Rider, net meer gay. Het moontlik gely tot die marabse wat so dice en vrek in Gezina

Interster  – Die SAUK kon nie Thunderbirds van die BBC af koop nie as gevolg van apartheid. Toe maak hulle maar hulle eie “Thunderbirds”. Die storielyn? Min of meer die backdrop van apartheid.

Liewe Heksie  – Die arme bitch moes aanvalle van die kerke en Huisgenoot trotseer oor die stories oor heksery en satanisme gaan. Kyk gerus hierdie episode van Liewe Heksie en die geel motor waar sy Blommie se piel afkap en in ‘n pot kook terwyl sy pentagramme teken en astral travelling doen … of so iets…

Riptide  – 80s aksie met ‘n klomp badly dressed ex-army buddies wat in ‘n badly dressed helikopter rondvlieg. Dis presies soos A-Team, behalwe hulle short ‘n transit van en ‘n swart ou met goue kitaaangs.

Talespin  – Basically ‘n cartoon vibe van Indiana Jones. Beertjies wat op adventures gaan en skatte en awesome goed opspoor. Ons dink dis beertjies. Mens weet nooit mooi wat Disney se intentions is nie…

Hier is Watkykjy se 101 lys van TV Programme van die 70s, 80s en 90s. Gee jouself sommer ‘n fokken punt en ‘n goue sterretjie vir elkeen wat jy onthou.

A-Teambaretta
Airwolf
Alf
Baasspeurder Faber
Baretta
Beyond2000
Bionic Six
Brakenjan
Bravestar
Die Bosveld Hotel
Buck Rogers in die 25ste Eeu
Casimir
CHiPS
Dallas
Dynasty
Dawie Die Kabouterchips
Darkwing Duck
Derrick
Duck Tales
Gummi Bears
Doctor Snuggles
The Edison Twins
Eendag was daar
Flinkdink
Groenie die Draak
Grootbek en Katvis
Haasdas se Nuuskas
Hardcastle en McCormick
He-Man
Herbergeendag was daar
Het Van Verlangekraal
Interster
Jopie Adam
Knight Rider
Kooperasie Stories
Kraaines
L.A. Law
Liewe Heksie
Magnum P.I
Man From Atlantis
Man Van Intersekjopie adam
Man Van staal
Manemarak
M*A*S*H
Maya The Bee
MacGyver
Die Meisie van Avignon
Miami Vice
Miena Moo
Murder, She Wrote
Nils Holgerson
Nommer Asseblief
Nuustak
Oompie in die Ruimte
Orkney Snorknie
Oskar en Knersesmurder she wrote
Onder Draai die Duiwel Rond
Petrocelli
Paddington Bear
Perfect Strangers
Pipi Langkous
Pieriewieriepark
Police File
Pop Shop
Postman Pat
Pumpkin Patch
Quincy
Remmington Steele
Resque 911
Riptide
Robotech
Rooi en Blou
Rupert The Bear
Santa Barbara
Sha Na Napipi langkous
Silver Spoons
Simon & Simon
Skooldae
Skoppensboer
Small Wonder
Star Trek
Straatvalk
Die Swart Kat
Talespin
Tekkies
Teenage Mutant Ninja Turtles
Ter Wille Van Oorlewing
Thundercats
T.J. Hooker
Trans-karoo
Trompie en die Boksombende
Uit en Tuis
Vicky die Viking
Die Vlakte Duskant Hebron
Vyfsterknersus
Die Waltons
Webster
Wielie Walie
Wolwedans in die skemer
Zapmag
Zet

Hierdie post is 13,088 keer in totaal gelees en 14 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 616,103 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinSuid-Afrikaanse TV: 101 shows wat jy miskien sal onthou

Comments

  1. Sparrow

    HI daar julle waar kan mens al hierdie ou series download?

    Wat ek kan onthou is Die Tier Brigade, Skoppens drie, Spioen Spioen, The Equaliser en wat nog….

  2. Carl

    Ai tog my tjom , as jy sinne moet skryf sonner F en P sal hulle bietjie oes begin lyk. Ek onthou die Klok van tibet en Michael Strogoff , en moenie Oscar die hasie vergeet nie.

  3. Yolande Louw

    Toe ons kinders was, was daar n Kinderprogram deur die SAUK uitgesaai. Iets soos Knersus. Deel van die program was van n Papegaai familie. Pappa, Mamma, Boetie en Sussie. Die naam Gertjie of Grietjie lui n klokkie. Weet iemand dalk van watter program was hulle deel van asb?

  4. 80's seuntjie

    Ken enige iemand die tiener namiddag dobbelsteen speletjie wat met ‘n hot air balloon icon gespeel was op SAUK, dit het so langs Tekkies en Abracadabra gewys.

  5. drei

    soos soveel dinge in daardie tyd, was SA se oorklanking van die beste in die wereld, ek dink nie die skrywer is baie ingelig nie.

  6. griffin

    Ek dink jy mis my punt – die stemme is slegs deur ‘n handjievol akteurs gedoen. Die SAUK het van die beste fassiliteite in die wêreld gehad. Berlyn operate vandag steeds so – hulle klank alles oor na Duits toe en die locals wat die stemme doen is super famous celebs vir die Duitsers.

  7. Louis

    Ek was gelukkig om n paar oorgeklankte reekse te bekom, aangesien die SAUK alles vernietig het. Wat ek tans het is Die avonture van Rabbi Jacob, Fatomas Sisi 3 seisoene, Kobra11,Die Goue Weg,.Tans nog op soek na Meisie van Avignon,Beste Professor,Arsene Lupine enAngelique. Kan iemand dalk help.

  8. Rudi Kramp

    Nog meer:
    Alpha: 1999 (Space: 1999)
    Angelique
    Arsene Lupin
    Blitspatrollie (The Sweeney)
    Hagie & Kie
    Kind van die Sterre
    Die Leeu van die Pirenne
    Maya the bee
    Mirror, mirror
    Misdaad (Tatort)
    Mysterious cities of gold
    Pinocchio
    Die Plesierboot (The Love Boat)
    Redding Internasional (Thunderbirds)
    Witbaard in the nuwe wereld (Once upon a time the Americas)

  9. Weirdo

    Morg die Os.
    Maar kan iemand miskien so ‘n weordeeige reeks onthou met ‘n blouerige spook meisie wat altyd in die venster uitgehang het. Ek was baie klein, maar dit het die kak uit my uit laat skrik. Dan was daar nog spookstories ook. Die tema lied het gegaan:’ Dancing in the moonlight’ of so iets.

  10. Sean

    Die reeks oor Sebastian se naam was “Die Seun van Jonquere”.
    Die reeks met Tobie Cronjé (“Hoe gaan dit met Trixie se spene?”) was ”Die Wêreld van Joachim Verwey”.

    Ek onthou ook die volgende wat nog nie genoem is (sommiges uit die 70’s):
    Ouma Kom Help (animasie) (Sy’t in ‘n rooi helikoptertjie rondgevlieg)
    Muis Op Mars (animasie)
    Wattoo Wattoo (animasie)
    La Linea (ongeskikte lynmannetjie)
    Tony Hart se kunsprogram met die rooi kleimannetjie “Morph”
    Senõr Onion en Armie Armadillo
    Dan was daar ook sulke vullerinsetsels waar mens op blokkiespapier die strepies moes trek wat om uiteindelij op te eindig met ‘n volledige skets as jy dit korrek gevolg het…
    Pepero (animasie) (seuntjie in die Andes)
    Avonture van Lollapot (?)
    Merlin
    Isis (vrou met egiptiese superkragte)
    Grapjas Didi

    She (‘n ko-produksiereeks met Brittanje oor ‘n vrou wat ‘n tipe heks/godin was van ‘n inboorlingstam en dan ontdek word deur engelse ontdekkersreisigers – sy het ewige jeug gehad wat sy verkry het in ‘n vuur, maar toe vergaan sy in dieselfde vuur toe sy op die einde weer daarin gaan tesame met een van die engelse mans op wie sy verlief geraak het – hy ontvang toe haar magte… was te jonk gewees om te onthou hoekom…
    The New Avengers (met Purdey)
    Stad van Koepels (sci-fi)
    ‘n Vrou vir Pa
    Hart to Hart
    Tales From the Golden Monkey
    Onder die Dekmantel
    Spioen-Spioen
    Holmes en YoYo
    Dennekruin 12(?)
    Kromburg
    Brood Vir My Broer (gegaan oor ‘n Broodrykfamilie)
    The Mantis Project
    Outoman
    Lassie
    Boomer (avonture van ‘n straatbrak)
    The Littlest Hobo (avonture van ‘n straatbrak)
    The Beachcombers
    Danger Bay
    Seeing Things
    Little House on the Prairie
    Anne of Green Gables
    The High Chaperal
    The Saint
    Die vroulike weergawe van die Man van Staal (The Bionic Woman) – kan nie die Afrikaanse titel onthou nie…
    Virginie (Franse komediereeks)
    Jake and the Fat Man
    Al die Judith Krantz minireekse (Mistral se Dogter / I’ll Take Manhattan, ens)
    Ander minireekse soos Kane & Abel, Goliath Awaits (oor mense wat vir 40 jaar oorleef het op ‘n gesonke passassierskip)
    “V”
    Tales From The Dark Side
    The Dark Room
    Hotel
    The Colbys (from California)
    Knotts Landing
    Sitcoms soos: Maude, All in the Family (Archie Bunker), Three’s Company, Golden Girls, Cheers, THROB, 227, The Cosby Show, Full House, Family Ties, Growing Pains – té veel om te noem…

    En les bes, Die Stem en die ou Suid-Afrikaanse vlag wat wapper na die dag se Oordenking.

  11. Sean

    Dan was daar ook die immergroen wetenskapfiksiereekse, Battlestar Gallactica en Alfa 1999.

  12. nunya

    Ek kon dit dalk gemis het maar wat van arme ou Heidi in die berge?

  13. Jo

    Ek soek die naam van n reeks oorgeklank uit Nederlands, gedurende die 1980’s op TV, oupa het saam met gesin gebly, familie tv reeks

  14. eugene

    @ Jo die reeks waarna jy verwys was Oppas hier kom die oupas

  15. PAT

    Lekker bietjie humor, bring weer ou dae terug, thx
    Ek soek die naam v n kinderanimasie,,, onthou net iets van “Remie”,,,, dit het so n mooi keneysie gehad,,, dink Heidie was ook daaityd uitgesaai,,, soek die klankbaan, my seuntjie Ters, toe 3 het dit so mooi gesing.
    Sing nou nog netso mooi, praat net nie so mooi haha,,, :-)) tot sy Pappegaai se n paar van die bestes.

    Sal baie waardeer.
    Dit en Arsene Lupine
    Thx Pat

  16. Tronéll

    Ek onthou vir Remi! Kan egter nie die naam onthou nie.

    Ek is self opsoek na ‘n animasiereeks se naam.

    Die mensies (en ek gebruik die verkleinwoord opsetlik, want hulle was klein) het op ‘n rivierwal gewoon en is geterroriseer deur die katvis wat in ‘n grot in die rivier gewoon het. As ek reg onthou het die katvis die hoofkarakter se pa doodgemaak/laat doodmaak. Ek dink hulle het in paddastoele gewoon, maar dit kan ek dalk verkeerd onthou.

  17. Nickey

    Hi julle ek onthou Nikki pikkie,n kinder parent van 2 muise in n lug balon.ah Mis daai dae,was nie so complicated nie.

  18. Herkie

    Ek is ook opsoek na die Klok (kies) van Tibet.

  19. Talita le Grange

    Daar was ‘n kinderstorie op kyknet genaamd Silvan ek dink… Liedjie het altyd gegaan Silvan seun van die woud… Kan enige iemand so iets onthou?

    Daar is nog n ou sepie wat altyd ook net op een dag van die week gespeel het toe drama sepies net op TV gekom het in Suid Afrika… Iets soos Brood vir my Broer… Kan iemand dit onthou?

  20. Elize Goosen

    OMW ek het van daai reeks name sooo lanklaas gesien. Ek wens daar was n kanaal om by in te skakel en dit te kon kyk. Dit sal fantasties wees. Ek sal dit graag wil download. Ons kinders mis uit op puik programme waarmee ons grootgeword het.

  21. Darelle Verwey

    Ek soek ‘n reeks wat op was, kan glad nie sy naam onthou nie. Dit het gegaan oor 2 sisters wat op skool was en die 1 sister het blind geraak van iets wat op haar kop geval het. Kan iemand my asb help met die naam.

  22. Nico van Niekerk

    Het baie oorklanking saam met MG Pretorius gedoen – dit was die hoogste kwaliteit in die wêreld, Uit en Tuis aangebied in die laat 1970’s vir ‘n paar jaar. Kan gladnie materiaal daaroor kry nie. ‘n Paar flieks vir Jans Rautenbach gemaak. Baie sports gehad.
    Is daar iemand wat kontakte by SAUK argiewe het?

  23. Daleen

    Oorgeklankte film, Die wolfteël. Weet nie uit watter taal dit oorgeklak is nie. Outhou iemand dit? Ek wil dit graag bekom.

  24. griffin

    Dit was “Toe, Sien Jy Nou?”
    Die oorspronklike boek se titel was “Dat ek mag sien” van E Steenberg, suster van André P Brink.
    Kenwysie se lryics was:
    Ek is bang vir dinge wat loer
    Ek is bang vir dinge wat roer
    Alles is swart en donker
    Ek is bang

  25. Ghatto

    Sjoe, kyk so deur die lyste, goeie memries. Wat vd Die Tierbrigade?

  26. G-Man

    Wat van Koöpersie Stories.
    Nommer asseblief
    Vyfster
    Arende
    Flink-dink (Tipe “Quiz-Show”)
    Dis my Geheim (Nog ‘n tipe “quiz-show”)
    Straat valk
    Lekker goeie ou dae. Wens ek kan daardie stories ook iewers in die hande kry!!

  27. CAPT CHAOZZ1

    Daar was ‘n franse oorgeklankte – soort van speurder reeks met ‘n scottish terrier waarvan die vonke onder sy pote uitgeslaan het as hulle hom op die teer gesleep het. Die ouens het altyd probeer om ‘n “pin” van iemand se baadjie lapel te steel. Een karakter het altyd ” van voor en van agter” geuiter. Sou graag naam van reeks wil weet

  28. James

    Ek sien SINDBAD (of is dit bloot “Sinbad”) kom nie op die lys voor nie.
    Showmax het ‘n jaar of wat terug dit uitgesaai, maar net toe ek begin kyk (actually het ek pas ingeteken op Showmax) het hulle dit afgehaal.
    Dit is egter NERENS beskikbaar nie – selfs nie om te download nie… (Dis hartseer).

    Ek lees hierbo dat dit genoem word dat die SAUK al daardie oorgeklankte materiaal vernietig het? Ek kan dit nie glo nie! Dis onskatbaar!!!

    Ek sien ‘n goudpot wat wag om ontgin te word… as iemand hierdie materiaal in die hande kan kry… of beskikbaar stel om te download… (ai, die memories…).

    Nietemin..!

  29. Darelle Verwey

    Baie dankie Linda en griffin, is so bly ek het nou al die naam. Nou kan ek gaan soek vir die series, wat duidelik nie so maklik is nie

  30. Neil Saayman

    Daar was ‘n reeks in die vroeë 80s met ‘n karakter wie se naam Leclu (hoop ek spel reg) was. Die dames was altyd mal oor hom. Wil graag weet wat die storie se naam was

Gooi Comment