Die probleem met April Fool’s Day in Suid-Afrika.

In Snotstories deur griffin15 Eiertjies

April Fool's jokes is al 'n hele paar honderd jaar oud en dateer moontlik so ver terug as Chaucer se Canterbury Tales (moenie jou kop breek as jy nie weet wie Chaucer is nie. Hy was basically die Jack Parow van die 1300's.)

Daar word elke jaar 'n paar goeie pranks af-gepull internasionaal, maar ongelukkig, omdat daar soveel faktap en weird kak in SA gebeur (amper daagliks), is dit bietjie moeilik vir ons Zefricans om jokes oor simpel of ernstige goed te maak. Vat vandag as case in point: Eskom sit van vandag af alweer hulle tariewe op. Hulle kies 1 April om dit te doen – maak oop die bene, hier kom die houtpiel! No joke.

Toegegee, so nou en dan kom daar iets kief deur waar mense moeite gedoen het met goed beplande elaborate jokes, maar vir die ouens wat vir die run-of-the-mill lames-ass kak val: shame. Jy het seker matriek op 'n pienk of 'n geel vraestel geskryf. Ons biologie onderwyser in V-Town het altyd tydens  eindeksamens straight getune (terwyl hy vraestelle uitgedeel het): "Hoërgraad, steek jou linkerklou op! Laergraad, steek jou regterklou op! Onnosel kinders… staan regop!"

Maar genoeg oor jou vir eers… Kom ons kom by die punt uit. Hier is vir julle nog 'n voorbeeld hoekom April Fool's jokes in Suid-Afrika se miserably fail:

'n Pilot het dit reggekry om 'n Boeing B737-200 deur sy hol te trek in Hoedspruit. Die bra het in die donker geland en die verkeerde taxiway gevat. Hy het sy fout agtergekom toe hy aan die einde van die taxiway kom. Nou kyk, as ek so in die donker moet sukkel en rondfok, sal ek eerder wag tot die volgende dag. Ek sal die aerie se grollia lock aansit. Dan sal ek daai kanarie geel emergency slide by die deur laat uitskiet en pens eerste afgly soos daai creepy pikkewyne op Discovery Channel – "Wheeeeeeeee!" Dan sal ek die Boeing se immobiliser knoppie druk *cluck-cluck* en 'n bier of ses gaan klap iewers en wag tot die volgende oggend om die kak en hare uit te sort.

Nie hierdie bra nie. By die taxiway se dead-end het hy besluit om die Boeing te reverse en om te draai (met reverse thrust). Hy het homself so effens misgis en die main gear van die pad af gesit en die aerie het teen die gedeelte langs die pad afgerol. Wat doen jy volgende? Phone a friend? Nee pellie, jy gooi sommer full thrust vorentoe om uit die sloot te probeer kom. Moenie worry oor die engines wat so naby aan die grond is nie, dit sal net die gras insuig. En klippe. En dassies. En ander buideldiere. Miskien 'n mens of twee.

Blykbaar sou hy sy hele surroundings aan die brand gesteek met sy Vin Diesel moves as dit nie vir die reen was nie. Die Boeing is blykbaar afgeskryf omdat die koste van die engines wat Einstein opgefok het meer as die versekerde waarde van die aerie was.

Happy April Fool's day, every day.

boeing in ditch

boeing hoog in die takke

boeing innie boom

boeing bosbefok2

boeing bosbefok

boeing vang 'n kak

boeing kyk hoe kyk hy vir my

griffinDie probleem met April Fool’s Day in Suid-Afrika.

Comments

  1. Skommel

    Dit lyk soos die Lugmag. Nee fok, ek hoop nie Papa Nieuw Guinnae val ons aan nie…

  2. Jimmy

    Ja Skommel. Soos Whackhead Simpson ander dag se. As Zimbabwe of Lesotho besluit om SA aan te val is dit beter om ADT of Chubb te bel as die SAPS of die weermag.

  3. Chopper Charlie

    Skiem die man was laergraad op vliegskool. Hoërgraad fokop maar niks wat my panelbeater in Soutrivier nie kan uitsort nie. Sit sommer 'n ou Alfa engine in – sal loop soos stroop ek sê.

  4. jagter

    En in ander nuus: Volgens die Mail & Guardian gaan SA 6 Biljoen se wapens aan Gadafi verkoop.  Goieie fok! ek hoop dis 'n april fools joke, maar vir een of ander rede dink ek nie so nie.
     

  5. Jimmy

    Ek glo nie dis 'n joke nie. Ons regering het homself al bewys. Kruip mos maar nog altyd met die laagste rioolrotte rond. Eerste wereld lande wil nie met SA geasosieer word nie.

  6. Hank Moody

    Hey Jagter, geld is geld bra, ek dink dis awesome dat die hele Midde ooste mekaar opfok en ons n paar bokke daaruit kan maak, hopelik hou dit vir Denel mooi aan die gang!

  7. Iemand Anders

    Waar't hy sy licence gekoop?  ek wil ok myne daar gaan koop….

  8. Anthrax

    Kom ons vertel maar kak grappies terwyl ons wag om te DUIK!
    Bulletjie: "Pa, kom ons loop teen die bult af en naai daai koei."
    Pa Bul: "Nee, seun. Kom ons hardloop teen die bult af en naai al die koeie!"

  9. Dirk Diggler Diktros

    @ Jagter, Jimmy en Hank – is daar geniune iemand in die government wat weet hoe om n R 6 deal aanmekaar te sit – wat nog van R 6 Biljoen ?  Ek ruik n rot…  n Buidelrot.  DDD

  10. Radagast

    Hahaha! Dit is moer funny, veral die prentjie waar die boeing 'n kak vang. Check daai boeing se vensters en neus, lyk nogal soos sy gesig wat hy so trek omdat hy hard druk.

  11. Willem Wikkelspies

    Kyk ne jy moet behoorlik vas aan die wakker wees as jy 'n plaas pad met 'n geel streep aan sien as 'n landing strip…
    Besides ons het nie geel strepe in die middel van die pad nie.

  12. Theresa

    Griffin jy is weird…awesome bewoording…ek lag my simpel vir jou berigte…Awesome keep it up.  LMGA

  13. Moerskont

    Moet darem noem dit was nie by die lugmag basis nie. Die Boeing behoort aan ‘n charter airline. Het pas van ‘n major aoverhaul afgekom. Dit het reeds ‘n paar maande terug gebeur. Altwee die pilots se lisensies is gekanselleer…

  14. Dirk Diggler Diktros

    en toe belly-flop n 737 in die VSA ook toe sy dak wegwaai….almal O.K.

Gooi Comment