zef rolstoele

Die Antwoord – Umshini Wam (Bring me my machine gun)

In Die Antwoord deur griffin11 Eiertjies

Vanoggend 02:30 SA tyd het die mense in Austin, Texas gekyk na die wereld premiere van die shortfilm, Umshini Wam (bring me my machine gun). Dit het gescreen by SxSW.

Wat is SXSW?

“The South by Southwest Conferences & Festivals offer the unique convergence of original music, independent films, and emerging technologies. Fostering creative and professional growth alike, SXSW is the premier destination for discovery.”

So dis nogal fokken huge. Dit is ‘n plek waar mens maklik verlore kan raak in about enige iets wat jou interest. As jy ‘n brein het.

Terug by die movie
– Umshini Wam is deur Harmony Korine direct. Hy word gereken as een van Amerika se mees prominente indy film vervaardigers. Hy het ook daai fokken hectic movie, Kids geskryf wat later ‘n cult movie geword het. As jy ‘n depro Maandag soek, neem dit op DVD uit en kyk dit Sondag direk na Carte Blanche.

Ninja en Yo-Landi is die main karakters in Umshini Wam. Hulle is armgat gangsters in rolstoele (met GP personalised nommerplate) sonder enige street cred. Hulle slaap in die bosse, lewe op straat soos rotte, krap in trash rond, rook moerse cartoon size zol, braai worsies in rivierbeddings, maak kak en skiet uzi’s. Al wat hulle wil doen is om nuwe wiele te kry en sodoende street cred, want hulle rolstoele is nie next level genoeg nie.

Die movie is laat verlede jaar in Amerika geskiet. Vir iets wat omtrent 15 minute lank is, het dit ‘n moerse emotional range en is puik aanmekaar gesit. Ons is amper seker dat’n paar awards behoort te volg. Nog ‘n bonus is dat mense nou op beter entertainment sal afkom wanneer hulle Google vir “Umshini Wam”. Verby is Zuma en Malema se kak song en dance. Oudergewoonte en te verwagte, sal so paar mense hulle broeke bekak.

Maak solank gereed om jouself faktap te lag.

zef rolstoele

Deel met jou tjommies!

    griffinDie Antwoord – Umshini Wam (Bring me my machine gun)

    Comments

    1. ThysmetYs

      Bevok!!! sal op die uitkyk wees daarvoor….Love die nommer plaat! WAT KYK JY GP… priceless

    2. Taken

      Uhm….ja…wat kan mens nou eintlik sê…..by the way, what the fuck are they wearing???!!! hulle lyk soos die fokken Gummy Bears!!!!!

    3. Toy

      Korine het Kids geskryf, Larry Clark was die director. So ook met Ken Park. As jy dink Kids was depressing moet jy Ken Park sien. Faktap verby

    4. Wat Die Fok

      Thysie….wat kyk jy uit voor?
      Die is die film…. dis nie soos n film wat 1h 30min lank is soos Toy Story nie….dis n Indy (dit staan vir "Independant") film…dis gewoonlik korter.
       

    5. sukkel

      die video browser suck, ek kan nie die video gekyk kry nie. is daar n ander link na die video?

    6. Author
      griffin

      Nee, vir eers het Vice exclusivity. Sal julle laat weet wanneer hy op Youtube release word.

    7. ThysmetYs

      @ Watdiefok…no shit Sherlock….!!!
      Ek soek eintlik jou ma….

    8. sailorsmouth

      ek probeer al die hele dag die f_ing fliek kyk….
      maar nee. dit load so stadig, hak elke 2sec. 
      negatief. soek n ander video version????????

    9. Iemand Anders

      Dis wat amazing is van SA cheap internet… 40kbps… effektief…
      Wat nou effens meer amazing is, is internet in amper enige ander ordentlike land… 5.3 mpbs+… effektief

    10. Stix

      Wil graag die video deur kyk maar die fokken ding poes my rond. Begin heeltyd van voor af. Jammer mens kan dit nog nie iewers anders kyk nie. het so die eerste 3 min gekyk en dit lyk fokken cool.

    11. DrBergie

      Ek kan ook nie die video kyk nie.  En video download helper kan hom nie download nie! :(
       

    Gooi Comment