Sewe stop ‘n go’s, vyf joints en ‘n Trans-Farmer

In Snotstories deur griffin6 Eiertjies

Johnny Goldfinger gee vir ons so bietjie feedback oor die naweek wat hy by Up The Creek gewen het hier op Watkykjy …


Sewe Stop 'n Go's, Vyf joints en 'n Trans-Farmer

Ek sit hier terug in my kantoor half nege op 'n Maandag oggend met 'n moerse smile op my gesig. Die post-mortem van die Duik UTC 4naweek het nou net begin, met 'n einaardige 12Volt kraperigheid in my keel, en die tune van 'n Sondag oggend gospel blues track wat vir my se "I've got Jesus on the mainline, tell him what you want." Wel wat ek graag wil he is nog 'n dag by die Breede met 'n six gun op my sy, en nie om vir die ANC te stem nie.

Na 'n vier ure trippie Up The Creek toe, gewoonlik twee en 'n half ure, maar met sewe stop 'n go's, het ons kamp opgeslaan, teen 'n 20º helling, die cooler gepak en main stage toe gemission.

Gelukkig Karen Zoid gemis en ingestap toe aKing begin speel het.

Ons was eintlik daar om die preppy boys van die Kaap te check, ja "Ons luister na die Dirty Skirts".

Duik UTC 3Ek en my goose is toe kroeg toe en het ons voor die klein stage bevind, waar daar 'n baie bekende gesig op die verhoog sit, Elvis Blue, kan rerig nie veel se oor die performance nie, behalwe 'n semi decent rendition van Cindy Lauper se "Time after time".

Enter…The Wild Eyes, moeilik om hierdie band se genre te beskryf, Trans, Techno, Industrial Angst, A-social, A-sexual, A-pethy. Hierdie ouens was nie uit om vriende te maak of om chicks op te tel nie, ons het die hele show gekyk en met die groot trek terug tent toe aangepak.

Dag twee is suip, saag en wheelie dag. Rivier toe, cooler gepak, Lulu in haar cozzie en baie sunblock. Om eerlik te wees het onsDuik UTC 2 nie rerig na die bands geluister nie, die hangover het ge-dominate soos Sachin op die derde dag van 'n toets teen Zimbabwe, o ja daar was 'n topless chick en 'n dude het sy naught vir almal gewys.

Ons is toe terug kamp toe om te chill.

Enter…Bob, ons nuwe buurman, ek bied hom 'n bier aan, soos enige goeie buurman sou, wat ons nie weet nie is Bob boer op 'n plaas waarop Vortex trans party's gehou word. Needless to say was ons binnekort op 'n vinnige trein na 'n ander stasie toe.
Alles word toe 'n Chinese puzzle, wors op die braai, charger kabels wat vas hak op die braai tong…Fear and Loathing, hier kom ons.

Duik UTC 1Mission main stage toe met 'n lyf vol THC om die bra van Parow te check, nice one Jack, jy mag maar. Een Cappies en Coke later staan ek langs Catherine Grenfell van 5fm met twee tequilas in die hand, dis al wat dit gevat het om vir WatKykJy.com 'n moerse plug te gee net voor die main act BOO!

Jammer om te se, maar dit was die laaste band wat ons die annd gesien het! Moerse pissed off dat ons die Black cat Bones gemis het, damnit!

Sondag is kerk by Up The Creek, kry vir jou 'n yskoue biertjie, vind vir jou 'n sitplek maar heelvoor, al die sondaars sluip agter in, en laat die gospel van die Blues Broers jou van al jou sondes skoon was en charasmatiese beats van Dave Ferguson jou weer lus maak vir die lewe.

'n Laaste dip in die rivier, pak gou die cabby en vat die lang pad weer sleepy hollow toe. Jaag huistoe om by die IEC saal uit te kom, besef jy gaan dit nie maak nie, stop by die huis waar jy weet jy veilig is, waar die buurvrou tannie met die groot voel op die stoep sit, en jou drie been kat jou groet en jou vertel van al die catnip wat sy die naweek geeet het, ek raak nou te oud vir die kak!

Never sakkie wif a Trans-Farmer at the Breede.

Jannie Gouevinger.

Deel met jou tjommies!

    griffinSewe stop ‘n go’s, vyf joints en ‘n Trans-Farmer

    Comments

    1. Dirk Diggler Diktros

      Bevange – behalwe vir al die kak musiek – is ek groen.  Nie net van jaloesie nie maar van suip aand die Count Poeskin tot 04H37 vanoggend.  Om 07h45 is my geduik as geslote naweek verklaar.  Die voordeel is, dat alhoewel ek nog vuurwarm by die werk is – en ek voel n fok vir die establishment wat se dis verkeerd om dronk op kantoor te wees,  is n verdere voordeel dat ek 15hoo waai en verder gaan kuier vir die Count Dracula / Pushkin en so n babelaas mis.  More vat ons dit n bietjie kalmes en so aan tot ons weer Vlermuis-duik op Vrydagmiddag.  Life is good !!! DDD  (As ek uitwei oor bosmossel, word my comments weer te vuil en dan is die Koekemoer en ek…)

    2. Prof. Bokdrol

           
      Probeer eerder Absolut DDD, met al daai lekker geure kan mens jou verbeel dis vodka-Smarties (en die hangover is meer smooth want daar is minder diesel in as die ander brands.) Terloops, dis mos WKJ se goeie tjom Rakker van Rensburg daai in die foto op die "Watkykertjies by Up The Creek" post? Wie's die hot chick en Rakker se dik tjom? (ek dink hy kan dalk my lang-verlore tweeling wees!) 
          

    3. Poeskop

      Jissis Jannie Gouevinger, ek is nie seker of dit jy was wat die video geneem het nie, maar indien dit jy was:
      1. Was jou goue vinger erens in iemand se doos of,
      2. Jy was SO vol Cappies en Coke dat jy heeltemal poesdronk was of,
      3. Jy het te veel van daai Trans-Farmer se pappegaaislaai ingekry en jy is totaal faktap gerook of,
      4. Jou Image Stabilizer op jou Canon lens is in sy poes…….
      Maak nie saak watter een van bogenoemde nie, dis 'n……onstabiele video, tjom

    4. Vuilduif

      @ Poeskop: Nou wat de fok het jy gedink? Natuurlik was hy poesdronk. En fokken wired. En besig om sy kop af te trip. Dalk moet jy 'n bietjie fucked raak en probeer om 'n oordentlike vid te neem. Props vir Jannie!

    5. Dirk Diggler Diktros

      Absolut vodsjka het sopas sy kant gebring.  Ek moet meer eksperimenteer want dis alles en nogwat.  My hallusinasies is selfs anders en in teknikolor.  Dankie, Prof,  vir die tip wat my baie tipsie het.   Die geheim van die video , buite die doos gedink of gedrink, is om dit te kyk na n halwe bottel en ses Myprodols.  Dan is dit Oscar materiaal.  As n mens dit nugter kyk lyk dit maar kak.  Gebruik n ZEN benadering, word een met die video, wie se maker hoog innie takke was.  Synchronise jou body-clock met syne dan maak die universe sin… DDD

    Gooi Comment