Howzit? Poes.

In Snotstories deur Chopper Charlie24 Eiertjies

Hallo. Hoelykkit? Woah. Wag. Stop die fokken lorrie. Daar's 'n goeie kans dat jy wou terugskiet met "lekker man", "daar's nie fout nie", "moenie vra nie" of my persooonlike minsteling "help nie om te kla nie, niemand luister nie."

(Honestly, is daar iemand wat nog lag vir daai outjie? Kom nou man. Fok.)

Maar actually is die laaste antwoord seker die naaste aan die waarheid. Want niemand luister nie. Hulle weet die outomatiese antwoord op "hoe gaan dit?" is "goed dankie en met jou?" en blaf dit elke keer terug soos Pavlov se stoepkakkkers. Party gaan selfs sover om sommer 'n gesprek te begin met "goed en met jou?" Straight.

('Vriend' klim uit Alfa uit.)
"Goed en met jou!"
(Jy bekak jou panty. Sug.)
"Hallo Dawie…"

Gaan dit rerig goed met jou? Altyd? Ek fokken dink nie so nie ou pellie. Jy't tien teen een heavy baie kak in jou lewe, maar is nie lus om te sê dit howzit3gaan maar donners broekskeur daar nie. Maybe naai jou vrou die Checkers bestuurder. Of jy kom agter jy laaik eintlik rerig van Celine Dion. Of jy like die ou wat vra hoe dit gaan net mooi fokkol en vermy 'n regte conversation.

Niks fout daarmee nie. Ons almal doen dit. Dis net vir my fokken simpel dat amper elke gesprek met so stuk useless kak begin. "Goed en met jou" beteken net mooi sweet blue bokkerol. Dis hoe die gesprek actually gaan:

"Hallo ou maat. Hoe gaan dit?"
(Hey poes! Ek maak of en geinteresseerd is jou lewe. Let op, ek sê!)

"Goed dankie en jy?"
(Whatever my blaar. Ek kan nie minder gespin wees oor jou en jou en jou kak nie. Jy dra anyway jou hare soos 'n doos.)

"Goed dankie."
(Ek sien. Kom ons brag 'n rukkie oor ons leë lewens en maak of ons mekaar smaak. Ek is anyway beter as jy. Poes.)

howzit1Of course is mense wat verskriklik fokken lief is om na jou welstand uit te vra die fokken foonapies wat telemarketing doen. As ek hoor van "Hello sir, how are you?" van 'n unknown nommer af sit ek sommer dadelik fokken neer. Jy kan die sales pitch sien aankom allie pad van Beaufort-Wes se kant af. En hy's lelik, daai ding.

Wat ek voorstel is dat mens die formaliteite 'n groot vet fokken floatie kap. In fact, ek doen dit klaar. As ek met iemand praat wat ek nie ken nie, of nie particularly like nie is dit bloot: "Hallo. Ek het net gou die…" Want kom ons wees eerlik, IT support gee nie om oor Chopper se gebarste geyser nie.

En as dit 'n pel is, aan die ander kant, sal ek actually "hoe gaan dit?" indrop en fokken eerlik wees "nee kak griff, ek het swambal – heavy suf" of whatever.

Natuurlik is daar uitsonderings. Jou ouma wil dalk nie hoor van jou swambal nie, en tog sal die antie 'n fokken hartie pop as jy haar flat ignore. Behalwe as jy 'n teenager of 'n goth is, dan is sy maybe gewoond aan jou kak. Drop anyway daai fokken houding poes.

Ag en so bitch ek nou al 'n hele artikel lank oor mense my vra hoe dit gaan. Maybe is ek net te fokken sinies om om te gee. Maybe wil ek net nie howzit2deel met my medemens nie. Maybe, en buk solank, dis 'n diepe, is dit geldige kommentaar op ons moderne lewe waar ons te snel verby mekaar lewe en nooit meer stop om eerlik na mekaar se welstand te verneem nie.

*vat lekker vet trek van die zol wat ek surely moet rook*

Maar weet jy wat? Dit help nie om te fokken kla nie want niemand fokken luister nie. Once.

Hierdie post is 41 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 79,880 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Chopper CharlieHowzit? Poes.

Comments

  1. michelle

    Ek stem 100% saam met jou Chopper. Ek se partykeer nie eers hallo as ek iemand bel nie, hulle se dalk: "hallo!" En dan val ek sommer in met: "Ek bel oor die reelings vir Saterdag…"
    As iemand MY bel, sal ek sommer antwoord met: "So vertel my waarmee ek jou kan help?" Alles baie vriendelik, natuurlik. My grootse poging is maar dieselfde as joune. Ek kan die sinnelose: "hallo, gannit?" "goed en jy?" Vodacom verkrag KLAAR my bankrekening elke maand, so kom tot die flippen punt. P@#$.
    Dit het al so automaties geword, as ek nie eens vir iemand VRA hoe gaan dit met hulle nie, sal hulle sommer antwoord met "Nee goed dankie jy?" Partykeer bat jy sommer daai intro twee keer in een gesprek.

    As ek nou regtig belangstel hoe dit met iemand gaan, sal ek dit vra in die middel van die gesprek, en aangaande n spesifieke onderwerp, want mens weet mos wat aan aan in die mense se lewens, vir wie jy eintlik nogal iets voel?
     
    DANKIE vir die post. Ek is bly iemand anders voel ook so. Ander mense verstaan dit glad nie, en dink dis ongeskik om nie deur die roetine bullshit te gaan nie. Ek se: Dis ongeskik om my tyd te mors met SINNELOSE bullshits soos lee vra wat niks produktief verrig nie.
     
    FML
    (Ek klim nou van my boks af)
     
     

  2. michelle

    Skuus ek skryf so vinnig ek vergeet sommer om my sinne klaar te maak:
    Ek kan die sinnelose: "hallo, gannit?" "goed en jy?" opening act nie VERDRA NIE!

  3. Gomgatt

    Of as jy vir iemand vra: Hoe gaan dit, wat se jy?, en die poes antwoord: Ag nee wat, so stil soos n bedlampie… Dan voel dit of ek so biekies biekies in my mond kan kots.. Kan hulle nie net ander kak uitdink nie, fokkit..

  4. Zepher

    Uitstekend kon dit nie beter stel nie.
     
    Vandag is almal so op "zombie autopilot" ons het ons menlikheid verloor.
     
    Ek probeer altyd teen die trand blixem so veel ek kan, ongelukkig word dit in meeste kringe as onbeskof opgeneem. Wat kan mens maak as almal uniek was sou daar net mooi fokol aan uniekgeheid gewees het.
     
    Ten minste kan ons so bietjie verligting vind in die feit dat daar ander mense is wat dieper dink as wat hulle neusgate is.
     
    Well said Chopper

  5. moertoe

    Ek wonder hoe gaan dit met daai twee girls? Regtig, ek stel belang

  6. kakhuis

    as mens se 'kak' dans dit interessant om te sien watse reaksies mens uitlok…
     

  7. kontkop

    hy se "hoezit" , ek se " soos n vlieg wat op n perd se poes sit"

  8. Rudi

    Charles! Doen jy vandag vir ons die duik ding! Kom nou man, ek wil skiet!!!
     
    Mooi ry…

  9. Prof. Bokdrol

    Give that man a fokken Bells! Ja dis net in omtrent 10% van gevalle waar jy regtig voel jy stel genuine belang (met liefie of party familie of baie goeie tjomme) maar met die ander 90% is dit sommer net social compliance om deur die ritueel te gaan. En ek wil 'n fokken handvol hare aan die wortels uit my kop skeur elke keer as 'n wildvreemde stem (veral 'n "Number witheld" oproep) se heel eerste fokken woorde in hulle hele lewe aan my is: "Hellohowwwahhhyoooo???" Begin dan ten minste met "Good day sir, I am calling from yadda yadda" en DAN kan jy die poeslike lyntjie ingooi as jy regtig moet. Ander kulture het 'n beter idee – hulle groet met iets soos "Vrede vir jou" en jy antwoord dieselfde en julle gaan voort. Ten minste het ons nog nie die Yanks se kak van "Have a nice day" (vertaling: Ja fokof nou kont, en mag 'n bus jou trap) ook nog aangeleer nie.

  10. Penkop

    Hier in die "America" gaan dit maar net so tos kak. Daar is die standaard "Hey how are you" en dan word daar geantwoord "Good, and you" of net "Gooood". So half uitgerek wat eindeloos op my man tiete werk. Of as ek in die winkel is en jy betaal vir jou goed is die eerste vraag van die teller af "Did you find everything OK". Die een probeer ek nog verstaan. Wat de fok bedoel jy donner. Nee ek vind nie alles ok nie. Daar is baie kak in die wereld wat my pla, maar wat de fok het dit met jou te doen. So eendag toe se ek maar nee julle winkel is kak want van die 10 goed wat ek kom koop het kon 5 nie vind nie. Ek dog die donnertjie wat die till slaan gaan vra wat hy kan doen om te help of meer uitvra of selfs die manager roep. Nee ek het weer te veel verwag en my items word opgelei, in 'n sak gemoer en ek moet betaal. Sonder 'n woord verder.
    So die volgende keer toe ek weer in die winkel was en dop koop word dieselfde vraag gevra. My standaard reaksie was nee ek soek nog van John Wayne se suster wat hulle nie het nie en weereens niks nie. Geen reaksie, geen hulp en fokkol verder.

    En die ding is dat dit orals in die winkels is. Almal se dit. Dit is soos 'n fokken pandemie en daar is geen medisyne voor nie. So nou spring ek die donners voor en se vir hulle hoe kak hulle winkel is en dan vra ek vir hulle wat hulle daaraan gaan doen. Of een of ander kak antwoord wat hier uit left field kom.
    Vir die res van die klont koppe vertel ek my lewens verhaal as hulle vra "Hey, how are you?"

  11. Dirk Diggler Diktros

    en nou raak ek huilerig want my comments word nie gepublish want "ons wil nie opstelle lees" nie ?  Maar eks n groot seun en voel mooi fokol.  Want ek duik nou in die tweede liter vodsj in – dinner-party of te not, die poese kan wag, ek is die gasheer.  Hulle dink daar is kak by die werk….HA-HA-HA Simpel yuppie konte.  Laat dit vir hulle n les wees, ek gaan eers hierdie oukie halfpad drink, hulle kan wag vir nagereg tot ek terug is.  Ek glo as n mens in n posisie is om die cheetah te naai terwyl die anter vashou, moet jy dit geniet, keer op keer op keer….Dis moes hoekom n baas n poes kan wees.  Want hy mag.  WatKykJy.  Once

  12. Dirk Diggler Diktros

    n taktiek wat ek iewers op die saait gelees het is om die poes heeltemal deurmekaar te maak met ja en dan nee op selfde vraag, veral as dit by details van die koop kom, soos die poeste wat bv HIPPO.com – weet nie waar hulle my nommer kry nie !  Ek gaan saam met die doos maar bly goedjies verander soos i.d. nommer, tel nommer, maaar net liggies, en dan uiters groot bedrae gee – net om later te se dis wat jou pa sal wil doen, maar jy ken nie sy nommer, jy sal dit soek, hy moet net aanhou….  Dan sluk jy n paar moute en vodkas terwyl jy na sy vraatsigte gekerm oor die gehoorstuk was lans jou le luister….  Wag tot hy eindelik ophand.   As hy weer bel, bedank hom, maar se dat jou buurman polisse ens verkoop en jy het so pas met hom reggekom vir jou en pappa, want die telesale het jou laat wonder.  Luister na sy anurisme en bedank hom dat hy jou herinner het aan versekering, n mens weet nooit ……DDD

  13. Attie

    Hallo julle watkykertijies. Hoe gaan dit vandag met julle almal??? Seker goed ne. Met my gaan dit ook piele. Groete by die huis. Sterkte aan julle se skoonmammies. mooi loop.

  14. Mike

     
    Ek doen nie eers die hello vir 'n poes wat ek nie like nie. Nevermind die hoe gaan dit nie. Ek stel fokol belang anyway.

  15. annelize

    Jou Comment * of as iemand vir jou sê “jy wil nie weet nie.” dis genoeg om ‘n aar in my kop te bars

  16. Peanut

    As iemand my vra “Hoe lykit” wil ek net terugkap “ek en jy naked” lmga

Gooi Comment