Valiant Swart gig hierdie Sondag by Tanz Cafe, Fourways

In Watkykjy Gigs deur griffin4 Eiertjies

Is jy lus vir lekker rustige Sondag vibes? Kom hang saam uit by Tans Cafe in Fourways hierdie Sondag, die 23ste Januarie. Ons tjommie, Valiant valiantSwart is in town en jol vir sy eerste keer 'n gig daar voor hy die Maandag weer op die aerie klim terug Kaap toe. Die gig begin 18:00, so jy sal heel moontlik nog betyds voor die TV kan inskuif vir die die 20:00 fliek op Mnet. Entrance is 50 skille.

Tanz se nuwe venue het geskuif na The Buzz Shopping Centre in Witkoppen Road en die plek lyk befok. Dis reg langs Hooters, so as jy nou slim is, sal jy jou Sondag mooi beplan en so paar cocktails daar gaan suier die middag, so bietjie oogtoffie inkry en dan oorloop na Tanz toe vir Valiant se gig.

Check http://www.tanzcafe.co.za/ uit as jy meer info soek oor die venue of 'n tafel wil boek vir jou en jou tjommies. O ja, jy kan die details met jou tjommies deel deur op die Facebook icon onder die post te click as jy wil. Maybe het jy al agtergekom dat dit nou op elke post is.

Check julle daar. In die meantime, hier is een van ou Vaaleend se tunes:

Deel met jou tjommies!

    griffinValiant Swart gig hierdie Sondag by Tanz Cafe, Fourways

    Comments

    1. Bra Joe

      Valiant, Piet en Koos. Die vaders van SA Rock. Sal beslis 'n draai gaan maak.

    2. Big Sugar Mommy

      Piet, Valiant en veral Koos is NIE die vaders van Afrikaanse rock nie. Anton Goosen en Johannes Kerkorrel is.

    3. malfokkenhond

      Hoe is dit nou dat hy op die kar se bonet staan en die guitar tokkel sonder dat hy ingeplug is…fokentasties…!!

    Gooi Comment