Die Kraag Kroon Kronikels – Episode IV

In Snotstories deur griffin2 Eiertjies

Deur Nak & Iceman

Maandagoggend en Poen lê nog en poep ruik toe sy selfoon in alle erns begin vibreer op die bedkassie. Hy het dit juis op ‘silent’ gesit sodat hy en poppie nie gepla sou word die aand vantevore nie… Haar tyd is nou naby, maar Poen smokkel darem nog so nou en dan n bietjie “rusbank rugby” in as die geleentheid homself voordoen. Dis sy Laudium konneksie, Ravi, wat hom al vroegdag pla, juis met die versoek waarmee hy hom gistermiddag die karwarmmaak goedjies op appro laat neem het. Poen begin alreeds sy eie oordeel bevraagteken deur in te stem tot Ravi se versoek, maar hy is n man van sy woord, en hy kan nie sonder Ravi se hulp vir Dolf se Katana op sy moer gee eerskomende Sondag by Wesbank Raceway nie!

Ravi bedryf ‘n (tot onlangs) baie winsgewende beertjievangmasjienbesigheid in die groter Pretoria (oftewel Tshwane) Metropool. Dis nou die einste masjiene wat ‘n mens by elke kafee op die hoek sien staan, met die irriterend deuntjie wat oor en oor speel, en waarmee ‚n mens met ‚n skamele R5 met die metaalklou vir jouself ‚n prysbeertjie kan losslaan. Ravi het onlangs sy bedrywighede uitgebrei tot die groter Johannesburg area, en dinge het aanvanklik heel rooskleurig gelyk met die winste wat inrol, en die Grieke en Porras wat heel gelukkig gehou is met ’n sagmaakgeskenkie so elke nou en dan, afkomstig van Ravi se menige ander bedrywe, waaronder goedkoop kerriepoeier, mango atjaar, t-shirts, polshorlosies en DVD-verwante produkte tel.

Onlangs het Ravi bemerk dat hy al hoe meer gereeld die masjiene se kompliment beertjies moet aanvul, en dit was duidelik sleg vir besigheid! “Poen, man, jou gotta help me, bru, right!?” rammel Ravi, “someone’s fucking robbing me blind man”! Poen en Dolf het verlede jaar ‘n soortgelyke saak ondersoek in die Benoni area, en het daar reeds ‘n sindikaat oopgevlek wat met relatiewe kru sagteware en draadhangers die beertjievangmasjien se hele kompliment beertjies sommer in een slag kon laat uitspoeg. Die meesterbrein agter die operasie is nooit vasgetrek nie, en Poen het ‚n vermoede gehad dat dit die einste sindikaat was wat Ravi se masjiene nou begin plunder het! Met “don’t worry, Ravi, we’ll do our best”, lui Poen af, en rol uit die bed. Trek gou ‘n kam deur sy skaamsliert, gryp sy pakkie 30’s John Rolfe en laaste Black Label uit die yskas en gly by die deur uit, “brekfis of champions”, grinnik hy vir homself. Oppad na Dolf se plek wil Poen nog n MK1 Golf aanvat, maar aan die luier van die Golf se enjin kan hy hoor dat daar wilde cams ter sprake is. Hy sal nie twee nederlae in twee dae kan verwerk nie. Hy het altoos nog nie tyd gehad om Ravi se toerustig te installeer nie, en sal seker eers vanaand daarby uitkom. “As ek jou more weer kry, kak jy!”, dink Poen by homself, soos wat die Golf deur die ratte vleg voor hom uit, ‘n bitter pil om te sluk…

Poen trek weg en kyk eers mooi rond vir die pote voordat hy die selfoon uithaal om Dolf se nommer skakel. Dolf antwoord nog half aan die slaap, en Poen antwoord met: “Lekker gespyker, ou maat?”. “Jirre Poen, hoe laat is dit?” mompel Dolf. Poen drop ’n cog en sit voet neer, hy voel sommer weer lus vir die ding. “Poen en Dolf rides again,” lag hy by homself. By Dolf aangekom staan hy reeds oudergewoonte en wag in sy kenmerkende stovepipe broek en swart pointer stewels. Dolf klim in en hy kan sien dat Poen in ’n baie beter bui as gisteraand is, dit gaan ’n goeie dag wees. “En toe?” vra Poen vir details van Dolf se afspraak met Storm, die wulpse ontkleedanseres wat hulle saam in Tutti Frutti, in Benoni, ontmoet het. “Fokkit, ou maat, daai Storm het my pap genaai!”
Dolf het nog altyd ’n slag met die dames gehad, en daar was so ’n effense, grootliks gesonde, kompetisie tussen Dolf en Poen om te sien wie die oulikste en mees gewillige dames tussen die lakens kon kry! Dolf kon ook maar die pap n bietjie dik aanmaak, maar vandag is daar nie tyd vir kak praat nie, daar’s werk! Poen lig vir Dolf vlugtig top line in oor die geselsie met Ravi, en Dolf knik elke nou en dan stemmig. Hulle het albei ’n spesmaas dat die meesterbrein homself in Sandton South (oftewel Lenasia, of net “Lens”, vir die cousins) bevind, ’n glibberige vent met die naam Mamoo Vindaloo. Mamoo het glo verskeie konneksies in alle dele van die samelewing, onder andere met die berugteTamil Tigers. “Friends in low places” soos hulle in die bedryf sal sê… Dolf het ’n konneksie in Lens, genaamd Moonsamy Rabishbini, en na ’n vinnige oproep het Dolf verneem dat hul gul ontvang sal word vandag by “Moonsamy’s Bicycle and Primus”, in die hoofstraat.

Daar aangekom vind hul Moonsamy agter die toonbank. Dolf en Poen moet hulself elke keer weerhou om nie te staar na Moonsamy se dogter, Tiloshnee, nie. Sy het ’n erge Vertiligo aandoening, en dit lyk kompleet asof sy ’n onderonsie met ’n Jik bottel gehad het! Genadiglik neem Moonsamy hulle na sy kantoor agter in die winkel, sodat hulle n bietjie “besigheid” kan gesels. “This Mamoo’s no joke, my cousins, he’s a fucking killa, ek se, my bru, fucking bad news, and all!” begin Moonsamy. Poen en Dolf lig hom vlugtig in oor die situasie, en Moonsamy vryf sy bokbaardjie stadig, asof hy diep nadink. Na ’n lang stilte skuif hy sy fez reg, maak keel skoon, en sê:”Right, my man, let’s talk business,” en hy streel sy kommerkrale.

Net daar en dan besef Poen en Dolf dat hul hulself nou weer in ’n quid pro quo situasie bevind, maar in die bedryf van hul is dit maar the cost of doing business. Die keer is dit Dolf wat nader getrek word, en ‚n sinistere versoek in die oor gefluister word. “Kan die donners nie soos Boere blad skud nie?” wonder Poen by homself. Dolf leun terug en lyk sommer baie ongemaklik en senuagtig, maar knik wel die kop, en met die is die transaksie beklink. Moonsamy sal aan hul die adres van Mamoo se pakhuis verskaf, in ruil vir ’n “gunsie” wat deur (’n nou baie bleek) Dolf gedoen moet word. Wanneer gaan Dolf en Poen toeslaan op Mamoo se pakhuis? Wat is die sinistere versoek waaraan Dolf moet voldoen?

Hou hierdie spasie dop vir die Kraag Kroon Kronikels Episode V, en die avonture van Poen en Dolf…

Deel met jou tjommies!

    griffinDie Kraag Kroon Kronikels – Episode IV

    Comments

    1. Janneman

      Is dit net ek of is die stories in die verkeerde volgorde op die site gelaai

    2. Vadergp

      Fok die order Grif ek het lanklaas so lekker gelag vir iets so kak en relevant so die twee naaiers. Kan nie wag om te hoor wat volgende gaan gebeur nie. Fok moerse nice

    Gooi Comment