MTN launch iPhone 4 in Suid Afrika

In Gorrel kakpraat deur griffin

iphone-4As jy hierdie kan lees, beteken dit dat ek by 'n fokken lekker jol is met verniet kos en stuffs en dat hierdie post van een hand af gestuur is terwyl ek een of ander snack of drink in my ander hand vasklou.

Ek het sopas 'n knoppie gedruk en hierdie outjie wat jy lees het deur Twitter en Watkykjy geskiet op die intertubes. Die knoppie wat ek gedruk het is op my splinternuwe iPhone4 wat MTN vir my gegee het. For keeps. For mahala. Jy check, so paar mense is in top secret vibes deur MTN uitgenooi na "Domino", die CIA tipe kodenaam wat hulle hierdie launch gee. Ek voel soos Chuck. Nee, nie Norris nie. Daai nerd spy outjie op TV  wat daai blonde girl vol piele wil pak.

Voor die gedagtes te veel dwaal:

Die nuwe iPhone word vanaand in Suid-Afrika ge-launch deur MTN en jy sal hom more kan aanskaf.

Ek vertel julle so bietjie later weer oor hierdie foon en al sy hectic features sodra ek meer met hom gespeel het. Hy blink nogal.

Julle moet my nou eers verskoon vir 'n wyle. Ek moet kamerverlate toe gaan en skommies movies op die interwebs gaan kyk, want ek het ook 500mb per maand se verniet data  vir 'n volle jaar gescore. Vergun my asseblief die geleentheid om "Ayoba" te uiter. Hierdie keer by my mond uit.

Thanks MTN. Dis moerse fokken gaaf van julle.

mtn_iphone

Hierdie post is 118 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,609,791 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinMTN launch iPhone 4 in Suid Afrika