Irriterende fokken ABSA SMS’e

In Kak companies deur griffin10 Eiertjies

Absa is altyd eerste om vir zak te vra en laaste om dit aan te bied. SMS'e kom die heeltyd in wat jou vra om lenings uit te neem of om jou kredietkaart se budget en straight limit te kombineer. Jy kan geld mors en "STOP" SMS as jy wil, maar die guarantee dit sal stop is nie regtig daar nie, want hulle het altyd iets nuuts waarmee hulle jou wil fokken pla. My basiese begrip van as mens iets ignoreer, soos byvoorbeeld die SMS'e is dat mens nie fokken belangstel nie. Gaan weg!

Dan kry jy 'n SMS in die lyn van "Kief, ons het nou sommer almal ingnoreer en hulle se straight en budget limits combine deur die bank (pun intended). Jy kan kan nou al jou fokken credit limit op budget gooi. Gaan mal! Koop kak en betaal die af!"

Die twee kere wat ek wel vir iets gevra het, naamlik 'n huislening en 'n karlening het hulle skilpad vibes gegooi. Toe hulle quote (die duurste van almal) eventually deurkom vir die kar byvoorbeeld, was ek al klaar besig om die fokken ding in die rooi te druk op die N1 vir 'n week lank.

Mens kan net bitch oor die goed, want as jy skuif na 'n ander bank toe ruil jy maar net eintlik  net piele om vir jou boude.

In-uit-in-uit, hier gaaat ons weeer!

absa

griffinIrriterende fokken ABSA SMS’e

Comments

  1. Mop

    Ja nee wat, kyk, Absa suig piel. Serias. Selle storie met 'n huislening – die fokken duurste van almal en het 3 weke langer gevat want hulle data was outdated, NADAT ek vir hulle dokumente gevat, het hullesteedss gesukkel om die kloutjie by die oor te bring. Absa. Mors van tyd. Mors van geld.
     

  2. Kwartel

    Wha ha ha ha – daai prent se subtitles is poes snaaks! 

  3. Muis Moles

    Toemaar, die Standardbank-ouens is net so 'n goor lot. Ten minste help dit elke keer met my hardlywigheid as hulle so SMS.

  4. Frank

    Yeah, hulle is net so deur die kak soos Vodacom, Cell C en Elite Mobile.  As jy my bel op my selfoon om vir my `n selfoon te probeer verkoop kan jy mos agterkom ek het klaar `n fokken selfoon. 

  5. Sarel

    Ek weet nie, ek verkoop karre vir n lewe en hier by ons gee absa altyd eerste n antwoord met die laagste rente koers…

  6. Author
    griffin

    Jy werk seker op die platteland. In regte lewe is ABSA altyd laaste met kar en huislenings.

  7. Johannes Pretorius

    Al sms boodskappe wat ek ooit van Absa ontvang is wanneer ek internet bankdienste gebruik. Ek het op die kontrak wat jy teken wanneer jy jou rekening oopmaak die opsie gekies dat hulle my nie mag kontak vir enige aanbiedings nie.

  8. Author
    griffin

    Ek het self ge-opt om ook fokol van hulle af te ontvang, maar hulle kap ignore.

  9. hannes

    dis darem beter as vodacom, wat elke donnerse keer wat jy jou kontrak hernu vir jou outomaties Look4FokkenMe enable op jou account. jy betaal vir daai shit, tot jy STOP terug sms. wat 'n klomp kak.
     

  10. pietsa

    Alle banke is die selle. Fok hulle ek bere my skille in 'n charger in my poephol.

Gooi Comment