Die Antwoord. Free tickets vir 2 Oct se gig!

In Kompetisie deur griffin9 Eiertjies

Die Antwoord jol 2 October by Bassline in Joburg en ons gee twee double tickets weg, met ander woorde 2 ouens of gooses gaan elkeen een tjommie baie gelukkig maak.

Dit gaan ‘n moerse gig wees, want hulle fokof daarna weer Amerika toe om verder toe gan toer en hulle album en so paar skurwe music videos te launch.

Al wat jy moet doen om ‘n kans te staan om te wen is om ‘n foto in te stuur van die zefste kar wat jy nog ooit gesien het na griffin[at}watkykjy[dot}co{dot]za.

As jy self ‘n kar iewers afgeneem het, en meer spesifiek in Suid-Afrika, score jy meer punte om die tickets te wen.

Wenners sal Donderdag se kant weet wie hulle is.

Hierie is die tipe kak waarvan ons praat. Happy snapping. Local is lekker. Lekker fokken zef:

zef-kar2-793580

griffinDie Antwoord. Free tickets vir 2 Oct se gig!

Comments

  1. Tom

    Daai is fokkol!!! Daai perd kom van Callas af, julle moet sy fokken mullet sien!!!!!

  2. Manbotter

    Die vlagship van Meyerton “Purple Rain” sal hier oorwin.

  3. Vonkiedool

    Dis wat Brakpanners doen as hulle die Lotto wen!
    1X 2.8GTX Skyline = R15000
    400kg Fibreglass (Maak seker jy bind die bumpers aan die body sodat jy nie by die radiator kan kom nie)
    5l oranje verf
    Baie vents en scoops
    15" wiele
    ….geleenteid om te score by die roadhouse…PRICELESS!
     

  4. Ek's Afrikaans

    dit lyk FOKKEN kak…mind u ons kry dit hier in Kaapstad ook!!!!

Gooi Comment