oppikoppi_map

Moenie ‘n doos wees nie, gaan Oppikoppi toe. Fok.

In Oppikoppi deur griffin22 Eiertjies

Oppikoppi: Sexy.Crooked.Teeth – 6 tot 8 Augustus, Northam. Suid-Afrika se grootse music festival.

Behalwe van al die baie befokte bands wat jy kan kyk,  kan jy die volgende dalk beleef as jy nie te veel gekettie raak nie:

  • ‘n Lekker naweek in die bosveld weg van jou werk af en daai doos van ‘n baas. Jy kan bietjie son vang vir daai kaklelike wit borskas en bene wat jou stukkie arch eyes gee as jy die covers wegtrek om te zaber.
  • Jy gaan lekker kos graze.
  • Jy gaan fokken weird goed en weirder mense sien.
  • Jy kan bietjie camp. Jy bly in Afrika. Geniet bietjie die buitelug. Wat is nou lekkerder as om ‘n vuur te sit en geswaai te te raak en kak te praat met jou tjommies? Wel, seker baie dinge. Soos naai byvoorbeeld. In die tent. Terwyl jou dronk tjommie sy plakkies sit en brand terwyl hy Ricky Louw drink. Dan maak jy sulke lekker aapgeluide op fyndraai. Dan is jou dronk tjommie so jaloers en stuff. Wanneer laas het jy dit gedoen?
  • Mens maak altyd nuwe vriende by Oppikoppi. Soms kwaaivriende, soms friends for life. Dit hang maar van jou attitude af, ou perd. Jy mag dalk even die persoon van jou drome ontmoet. En kinders maak.
  • Baie mense het al kinders gemaak by Oppikoppi. Van die eerste festival se offspring loop al klaar op die sherrif se plaas rond soos mak hoenders.
  • Baie mense het al ‘n nuwe job gescore. Jy kan lekker dronk netwerk. Party mense het al selfs besighede begin as gevolg van Oppikoppi. Die brainwaves kom mos uit as mens gerook of geswaai is. Mos. Dis indirek Oppikoppi se skuld dat griff in Nigeria uitgeslaan het. Een van die minder goeie brainwaves.
  • Jy gaan sterre sien. Sterre in die lug. Sterre as jy met die grond connect. Sterre van hot bokkies in bikinis en skinnerbroeke.

Wat jy nodig het:

  • Die Oppikkoppi website vir band line-ups, fotos en ander inligting.
  • Kaartjies vir die festival, ‘n lift of jou eie kar met genoeg petties. Sit sommer nou leave in vir die Vrydag. As jy nie kan nie, staan Saterdag oggend fokken vroeg op en ry deur.
  • Tunes vir die pad en ‘n paar lekker snacks. O ja, en los die zol en onthou jou liksens vir die roadblok.
  • ‘n Tent met slaapgoed of at least ‘n fokken harde rug as jy gaan uitpass. Gemaklike ou skoene en ‘n warm dingetjie (ouer as 18 as julle gaan pomp), ‘n baadjie en summertime siwwies vir deur die dag. Oppikoppi raak warmer as Pamela se voorste boude deur die dag en kouer as Hitler se hart deur die nag.
  • ‘n Beursie met zak. Vir drank, kos, t-shirts, drank, CDs, die craft marktet, drank, die stalletjies, drank en drank.
  • Effies – wrap jou fokken gorgonzola, ou dikpiel.
  • Basic voorsorg as jy vermoed dat jy gesteek gaan word: antihistamien vir bye, ‘n cap of suntan lotion vir die son, Band-aid vir dorings. Ons het reeds effies genoem vir piele. O ja, en passop vir draaksteek. Heavy skaam.
  • Kopseerpille en lewerpille. Drink poesbaie water voor jy gaan slaap as jy daartoe in staat is.
  • ‘n Glimlag – geen gemoedsbekakkings nie, asseblief.
  • At least ‘n tandeborsel en ‘n blik deodorant (om godsnaam)

Vir die first timers:

Jy kan jou hele kar vol camping gear, tafels, stoele, gas stofies, eetgerei, couches, viennas, bully beed, baked beeans, eiers, skottelgoed, beskuit, cereal, melk en 2 minute noodles pak as jy wil. Onthou net – Maandag na die groot party moet jy al daai kak terugpak. Teen daai tyd het jy nie meer ‘n stem nie, jou brein is vrot kaas, jou hangover hang halfpad uit jou hol uit en jy weet nie waar jou selfoon is nie. Al wat jy wil doen is om te fokof. Dis baie makliker om vir jou drie cheap meals te koop elke dag by die kos stalletjies. Maar miskien moet jy die eerste keer bietjie suffer, so voel vry om die kak advice te ignore. Onthou, daai Maandag is ‘n public holiday. Fok ja!

Hopelik sal jy meer tips en advice kry van die geharde Koppi-ganges in die comment section hieronder ook. Ons kan nie heeldag so met die lepel staan en voer nie. Die son trek water.

Check jou volgende Saterdag bo in die Klein Bar. Moenie so rondstaan nie. Koop vir die mense ‘n fokken dop, man!

Hier is ‘n map. I’m on a horse.

oppikoppi_map

 

 

Deel met jou tjommies!
griffinMoenie ‘n doos wees nie, gaan Oppikoppi toe. Fok.

Comments

  1. Evert

    Nou het ek weer vir 'n slag lekker gelag. Dis nou classic Griffin, net soos hy kan.

  2. Bakstein

    Pragtige prosa, ou grote. "Effies – wrap jou fokken gorgonzola, ou dikpiel."

  3. Swartkrulhaar

    Vat n tweezer, n pel het la heavy baard mossel gescore nadat hy n random lady se doring uitegetrek het toe sy amper in ons vuur in strompel, tjankend en vol dorings.
     
    We need a hero…..and a tweezer.
     
    Lekker piele oukies, ek moet my eerste oppikoppi mis in 8 jaar…dik suig erg piel!

  4. honnestront

    Onthou om die mense van Brits hulle jaarlikse skrik te gee, deur met jou stink,wind dronk lyf oppad huis toe by die Wimpy te gaan eet

  5. Jevaandre Gaarkuiken

    Gaan die jaar actually try om 'n band of 2 te check….. assitware

  6. kali

    En daai idee van om die zol in die coller te bere werk nie, die pote se honde kan dit uisnuffel, en dan spend jy die naweek in die stokke. Kopseer pille, anders gaan jy kak voel die hele tyd. lekker en geniet.

  7. Carla

    Een ding wat so skaars soos hoendertande is by Koppi is ys, so vat genoeg, dis fokken kak om met jou dronk lyf rond te ry en daarvoor te gaan soek. Die dorpies is al na die eerste dag uitverkoop!

  8. Bossie

    Peach scnapps en Advokaat. Vir perskes en vla saterdag middag as die kamp se mense begin spoed verloor. Die is al ‘n tradisie met ons kamp sedert ’98!

  9. Dronk slet

    Kak ek sal hierdie stront heetemal misloop. klink na ‘n poeskak gedoente van vermaat.

  10. Author
    griffin

    Jy kan, ja. Jy klink soos ‘n poes in elk geval.

  11. Stink Poep

    Jissus ou griff ek gaan beslis my poes daar plant for sure! Fok enigiets net solank ek kan suip en poes dronk kan word en my squeeze kan leer van die suidelike halfrond. Fok ja ek raak sommer jags!

  12. thedude

    dronkslet jy klink soos n regte raver poes!!! gaan luister na jou fokken lochonville cd jou dom fokken aap!

  13. kali

    En onthou rolle kak pampier. niks so erg soos n gietergat en fokol kakpampier. En klein graaf, daai wat ma in die tuin gebruik om die slakke te moer. Dis nou om die effies te begrawe, sommer so in die tent waar jy crash.

  14. BOOMSLANG

    Jirre, maar dit gan lekker morsig wees! Ons is n groep van so 35 peeps van Bloem wat saam skiet Oppi toe. Kan nie meer fokken wag ni. 

  15. Baber

    fok sondag terug van slaapstad af vir my 11de main in 'n ry, mis ongelukkig 'n groot deel maar sal maar kyk of ek 3 dae se drank kan inpas op die sabbat en lewer kan laat lyk soos 'n chappie onder 'n skooltafel wat gebrand het. daar is geen greater paartie as hierdie nie, bring pleisters, verbande, props, harde tunes, 1 stel klere en 5 onderbroeke.

  16. Jaco

    trai als mar absolut nix wl mykant toe km ni my kar ht besluit hy staan en ek gani +- n r1000 betaal net om daar te km ni ……..sl wel belangstel as ek saam iemand kan afry soentoe en terug?????

  17. Author
    griffin

    Jirre, imagine jy moet iemand soos Jaco langs jou in die kar he oppad Koppi toe wat praat soos hy skryf.

    Ek dink jy gaan sukkel om ‘n lift te score, ou.

  18. Babelaaas

    hoezit, die klink vir my bos befok. dis my eerste keer wat ek na die joint toe gaan. ek hoor net almsl se dis befok, en dit en dat en het nou besluit dat ek moet gaan. sien julle daar.

  19. jissie vissie

    hooooorie, is daar regtig honde? want die jare wat ek daai kant toe gevoeter het was daar geen 4voet fokkers nie. het maar net die zol gesteek waar hulle nie mag voel. 'n meisie se padded bra. ek wil net weet voor ek hierdie ding aanpak

  20. Author
    griffin

    Jy sal miskien hier teen Sondagmiddag in sy paar honde vasloop (lees vuil chicks en ouens) maar die viervoetige fokkers bly maar by die huis en pas die Weber op.

Gooi Comment