Wen fokken groot met Watkykjy en Funky Fridges

Hierdie is een vir die kreatiewe Watkykertjies of die Watkykertjies wat kreatiewe vriende, kenisse of familie het.

Ons run ons grootste kompetisie ooit op Watkykjy saam met die ouens van Funky Fridges. Die kompetisie sal hardloop vir 'n maand lank en jy Watkykjy fridgestaan die kans om kiefpiele pryse ter waarde van ongeveer R7500 te wen.

Nou checkit – Funky Fridges maak jou ou faktap of nuwe blink yskas, vrieskas of barfridge next level. Kies vir jouself een van die designs wat reeds op hulle site beskikbaar is, tune jou yskas se size en hulle stuur vir jou 'n DIY kit met alles wat jy nodig het. Jy kan jou yskas of vrieskas soos fokken enige iets laat lyk deur jou eie designs vir hulle online te submit: 'n Bloubul yskas, Darth Vader, 'n stripper op 'n paal binne jou fridge wat met 'n piesang speel, 'n telefoonhokkie, District 9 prawns, die SA vlag, jou favourite band, 'n groot boks melk, jou Ford Escourt se engine wat langs die eiers park. Fokken whatever jy wil. Gebruik jou verbeelding.

Hulle sort jou dan uit met die nodige stuff, courier of pos dit vir jou en jy sort dit self uit in minder as 'n uur. Moenie worry nie, ons gaan nou vir jou videos ook wys van hoe alles inmekaar steek. Eers die kompetisie, die pryse en die reels:

Die kompetisie:

Dis fokken maklik – Kyk na die twee videos hieronder wat vir jou 'n idee gee van hoe Funky Fridges se stuff werk. Design jou eie Watkykjy yskas. Wen poescool pryse. Ons het die Watkykjy fridge getune in like 35 minute of iets. Dit sluit drinktyd en rondfokkery in. Visit hierdie link om deel te neem aan die kompetisie. Onthou, jy moet die Watkykjy logo iewers in jou design gebruik.

Die pryse:

1. Eerste prys is lekker kief – WAARDE R4500

Die wenner vir eerste plek skraap hierie outjies:

  • 'n Hisense (of similiar) 230 liter fridge/freezer combo, kompleet met die volle wrap-around Watkykjy design soos gesien in die video hieronder OF die wenner se eie volle wrap around design wat die voorste kant van die yskas cover, sowel as die kante.
  • 'n Keuse tussen EEN van die volgende om jou nuwe Funky Watkykjy Fridge te stock:

- 4 kaste Castle OF Black Label OF Windhoek Lager bier PLUS Die Antwoord se nuwe CD (as dit al uit is teen daardie tyd), andersins 'n zef CD van ons keuse.

- Twee bottels Ricky Lou en 'n blikkie coke plus twee kaste bier soos bo genoem PLUS Die Antwoord se nuwe CD (as dit al uit is teen daardie tyd), andersins 'n zef CD van ons keuse.

- Twee bottels Klipdrift en 'n blikkie coke plus twee kaste bier soos bo genoem PLUS Die Antwoord se nuwe CD (as dit al uit is teen daardie tyd), andersins 'n zef CD van ons keuse.

2. Tweede prys – WAARDE R2350

  • 'n KIC (of similar) bar fridge met 'n keuse van die Watkykjy design (soos gesien in die video) of die tweede plek wenner se eie design, slegs vir die voorkant van die fridge
  • Een kas bier (Castle/Black Label/Windoek)
  • Een bottel Bells of Klipdrift
  • Die Antwoord se nuwe CD (as dit al uit is teen daardie tyd), andersins 'n zef CD van ons keuse.

3. Derde prys – WARDE +/- R550

  • Die Watkykjy design of die derde plek wenner se eie design, slegs vir die voorkant van sy eie yskas wat hy reeds besit.
  • 'n Buddy Coke

Reels, regulasies, kak en hare en voorwaardes:

  1. Die kompetisie se submissions vir die designs sluit Vrydag 18 Julie 2010 om 12:00. Enige submissions na dit sal ingore word soos 'n straathoer.
  2. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.
  3. Watkykjy sal designs op die site gooi soos hulle inkom nou en dan, om lesers te remind van die kompetisie.
  4. Jou design of submissions van enige aard mag ten alles tye op Watkykjy of Funky Fridges gebruik word as deel van hulle catalogue.
  5. Watkykjy of Funky Fridges kan teen enige tyd besluit om die kompetisie te staak indien daar volgens ons nie voldoende inskrywings is nie.
  6. Die judges van Watkykjy en Funky Fridges sal saam besluit op 4 finaliste, waarvan 3 obviously die pryse sal wen.
  7. Lesers van Watkykjy sal vanaf Maandag 19 Julie tot Vrydag 30 Julie kans kry om vir die beste designs te stem by wyse van Watkykjy se stempaal.
  8. Die wenners sal weet wie hulle is teen omtrent 1 August.
  9. Die wenners sal hule yskaste en dop by hulle naaste Mako gaan oplaai as dit buite die R150 delivery fee val. Funky Fridges sal tot en met R150 betaal vir Makro se delivery. Die fridges designs sal aan hulle gestuur word deur Funky Fridges.
  10. Inskrywings is slegs geldig via hierdie link om deel te neem aan die kompetisie. Moet dit nie aan Watkykjy mail nie. Ons druk shift+delete.

Right, hieso is vir julle twee videos. Die eerste een het ons vinnig aanmekaar geslaan terwyl ons die Watkykjy yskas uitgesort en brannas gedrink het en die tweede een is 'n instructional video om vir julle te wys hoe fokken maklik dit is om jou kakboring yskas next level te vat.

Ons sal julle elke Vrydag net voor ons duik remind aan die kompetisie.


Jy check? Jy weet jy fokken soek een! As jy nie lus is om te wag vir die kompetisie nie, gaan bestel sommer jou eie een. Dis regtig nie duur nie en dit lyk befok.

Hier is die volle instructional video as die ninja te vinnig was vir jou brein:

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in kompetisie, watkykjy tips and tagged . Bookmark the permalink. Both comments and trackbacks are currently closed.

19 Comments

  1. dee
    Posted June 18, 2010 at 10:17 am | Permalink

    jirre Griff, is jy seker die ratio is ok. by die tyd dat n mens die canvas klaar het is die tyd op??

  2. griffin
    Posted June 18, 2010 at 10:20 am | Permalink

    Ek weet fokol van ratios af. Submit jou stuff en die ouens sal jou tune as dit nie reg is nie.

  3. dee
    Posted June 18, 2010 at 10:48 am | Permalink

    dis poes groot.

  4. Bennie
    Posted June 18, 2010 at 3:49 pm | Permalink

    befokte idee Griff, is net 'n pity oor die funky fridges logo op die final product. hulle het mos klaar my skille, hoekom wil ek nog elke dag dan na hulle moerse logo ook kyk? dit trek my aandag van die tiete af…

  5. griffin
    Posted June 18, 2010 at 4:09 pm | Permalink

    Jy kan hulle vra om dit nie op te sit nie, neem ek nou maar aan. Kontak hulle en vra self.

  6. Posted June 18, 2010 at 10:31 pm | Permalink

    hori griff. mag ons meer as een yskas plakker invoer in die sisteem in?

  7. griffin
    Posted June 19, 2010 at 4:37 am | Permalink

    O my jirregod, mense wat nie kan lees nie…

  8. Piet a.k.a. PaalPiel
    Posted June 19, 2010 at 8:46 am | Permalink

    Hahahaha, jirre die page is awesome. Selfs die comments!

  9. Posted June 19, 2010 at 1:02 pm | Permalink

    haha etter jamer man. nie die reels gesien nie

  10. honnestront
    Posted June 21, 2010 at 9:21 am | Permalink

    jissis, hoe vinnig kan mens leer photoshop?

  11. Posted June 25, 2010 at 12:29 pm | Permalink

    Fok imagine ek sit n Coke bottel picture op my fridge…ek sal fokken nog dikker wees na n paar maande van net kyk na die foto…dit was nou net n joke gewees ne! Dis vrek cool!!!!! Dalk moet ek deelneem my arme fridge lyk al soos die hond se gat en hy kort om opgepimp te word!!!

  12. Anthony
    Posted June 28, 2010 at 6:11 pm | Permalink

    Hey Griff, hori tjoma, ek het nou al 4 dezigns al saterdag oggend ingestuur maar ek sien fokol op die dezigns page. was daar dalk iets vout ?

  13. griffin
    Posted June 28, 2010 at 6:42 pm | Permalink

    Dit word nie automaties daar opgelaai nie. Die ouens kies wat hulle oplaai.

  14. Anthony
    Posted June 28, 2010 at 6:52 pm | Permalink

    Nou hu kan jy tjek of hulle glad nie myne gan oplaai nie want ek wil nie n doos wees nie maar n paar van daai goed lyk nie te kwaai nie.

  15. Anthony
    Posted June 28, 2010 at 6:53 pm | Permalink

    Hulle het dan een opgelaai wat nie eers watkykjy in die photo het nie ?

  16. griffin
    Posted June 28, 2010 at 7:19 pm | Permalink

    Fokken relax net.

  17. griffin
    Posted June 28, 2010 at 7:23 pm | Permalink

    Reel 3 – Watkykjy sal designs op die site gooi soos hulle inkom nou en dan, om lesers te remind van die kompetisie.

  18. Anthony
    Posted June 28, 2010 at 8:24 pm | Permalink

    Alright sorry Griff dankie vir die effort.

  19. Ruan
    Posted June 30, 2010 at 1:20 am | Permalink

    Fokken poes kwaai dubstep song bra!!!