Uiteindelik: ‘n Youth League wat actually iets doen

In Fokken Zef Videos deur griffin7 Eiertjies

Goeie more maats.

Is jy moeg vir lelike goeters op Carte Blanche wat jou Sondag opfok? Wil jy meer happy shit sien? Ok, kom ons doen dit sommer fokken hierso.

Ons harte is nie altyd vol kak nie. Ons was Saterdagoggend uit virre lekker breakfast (Bloody Mary om Die Antwoord se jol sagter op die kop te maak) en het hiere ge-speck.

Toe die waiters die bacon en eggs op die tafel neersit saam met die Windoek en blerrie merries in Woodmead, het hierdie kinders begin om die mense te entertain met kief tunes. Die kamera het in die kar gechill onder die seat, so ons het hom gaan uithaal en bietjie met die mense gepraat. Hulle kan enige fokken tune speel (en ons het meeste afgeneem), maar ons wou meer konsentreer op wat hulle actually doen.

Check die kinders uit in di video: Nina en Nyiko. Nina was bietjie skaam gewees en het sag gepraat, so verskoon die kak sound daaso, maar Nyiko som hulle vibe baie goed op.

PS: As jy wil poes trek op hierdie een is jy welkom om jou anonieme kak comments in moderation te los. Ons is juis besig om IP adresse met Google se nuwe street maps uit te toets. Fokken scary shit – ek het vandag 10 vriende se huise in high-res uitgecheck en aanbeveel waar om takke te sny en barbed wire op te sit.

Vir mense met IK’s hoer as 115 wat die outjies wil uithelp deur hulle te boek virre gig vir jou corporate function of net wil uithelp, drop my ‘n mail of gaan na hulle website toe.

 

Deel met jou tjommies!

    griffinUiteindelik: ‘n Youth League wat actually iets doen

    Comments

    1. JoMo

      Ek was daar en hulle is bevange! 'n Vibe wat skrik vir niks.

    2. Ouma Meelbol

      Ek het hulle gesien by 'n Zulu kollega se troue – uitstekend! Jou biscuit skud sommer vanself.
      Maar ek wou nie voor al die mense dans nie, want hulle is almal gebore met natuurlike ritme, en dan maak 'n whitey soos ek jou naam net gat.

    3. Freek

      Die tos ding is net dat 'n Kanadees al die pad oor die see mos kom met dié blink gedagte. Wat van ons eie mense?  Ek dink ons moet die "african solutions for african problems" ding – soos ge-pimp deur oom Thabo M. – meer ernstig opneem, en self oplossings soek.

    4. Author
      griffin

      Jirre, booswig. Sterkte daar in Spuitieland. Drink maar 'n paar Gulders vir my part.

    Gooi Comment