Epol

Nou die dag gaan koop ek 'n sak EPOL hondekos by Pick 'n Pay en terwyl ek so in die ry staan, vra 'n vrou agter my of ek 'n hond het. Sommer aspris, sê ek vir haar: Nee, ek het nie 'n hond nie – ek begin weer met die EPOL diëet.

Ek sien sy kyk my so snaaks aan, maar ek gaan aan:  "Eintlik weet ek dat ek nie weer op die dieet moet gaan nie, want laas keer het ek in die hospitaal beland – wakker geword in die intensiewe eenheid met pype wat uit elke gaatjie in my lyf kom . Maar ek het 22kg verloor voor en dit was die moeite werd."

Ek vertel haar dat die EPOL dieet eintlik volledig voedsaam is met al die vitamiene
en minerale wat mens nodig het. En dis so maklik!  Al wat jy doen is om jou broeksakkemanhond
vol te maak met EPOL nuggets en jy eet een of twee wanneer jy ookal honger voel.

Teen hierdie tyd luister al wat 'n persoon is na my storie – veral die ou wat agter die vrou staan.

Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospitaal beland het van voedselvergifting.

Ek antwoord toe: "Nee, ek het in die straat gesit en my ballas gelek, toe trap 'n kar my"
 

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

8 Comments

  1. Connie
    Posted June 15, 2010 at 11:01 am | Permalink

    Fokkin classic ou!!
    Ek het een keer 'n Amerikaanse girl gehad by my lodge wat my gevra het hoe die toilet werk sonder elektrisiteit! Ek tune haar toe daar is 'n goudvis in die sistern wat die water met sy kiewe uit die pyp suig om die bak vol te maak. Sy't my nie geglo nie!!

  2. Honnestront
    Posted June 15, 2010 at 12:54 pm | Permalink

    Hahahaha. Nice one

  3. JP
    Posted June 15, 2010 at 2:28 pm | Permalink

    Mases! Dit is 'n goeie een
     
    JP
    Bal lekker

  4. heinrich
    Posted June 15, 2010 at 3:10 pm | Permalink

    Was dit jou ma agter jou in die ry?

  5. Gezorm
    Posted June 15, 2010 at 4:23 pm | Permalink

    LOL, , ja nee kak vra kry kak antwoorde, nice one

  6. Posted June 16, 2010 at 12:09 pm | Permalink

    AS ek so kyk na daai brak hierbo se foto, dan kan ek maar net wonder wie die hond (Buddy)  in die Toyota advertensies gewees het voor hy begin het met die Epol dieet  ?

  7. balhare
    Posted June 17, 2010 at 7:48 am | Permalink

    ja ek moet dan my meisie ophou epol voer want sy snuif aanmekaar my hol

  8. Carla
    Posted June 17, 2010 at 10:36 am | Permalink

    LOL!!! Ek het nou fokken lekker gelag.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong> <font color="" face="" size=""> <span style="">