Vermy die Poesklap

In Snotstories deur Christo Brandbruggies18 Eiertjies

Tjekkit, ek is nie ‘n ou vir rond loiter in shopping malls, draairoomyse by die Milky Lane vreet, en awkward physical contact te hê met die vet tannie waarin ek vasloop by die groenterakke nie. Maar ek moet ongelukkig die trollie bumper car vibes doen, sienende dat ek ook moet vreet, dop koop en boudservette organise. Dis gedurende hierdie ekskursies dat ek die belaglikste scenes teëkom. Ja fok ek is nie die die Glam Guru nie, maar jissis ‘n mens kan vinnig optel as dinge neig na moerse foutief. Ek dra Mr Price kaksakke, pis in die stort, kry die occasional zit op my voorkop, nes die groter meerderheid. Maar daar is sekere public styles wat ek kokkenotch en wat seriously fokken af is. Ek kla nie oor die buurman se hond wat op my gras kak nie, ek’s rustig, maar seker vibes is net te fokken annoying om oor stil te bly. Soos die volgende:

 

boxersSilky boxers met dubbelsinnige seksuele boodskappies is nie fokken onderklere nie. Daar’s niks wat ‘n meisie se seksdrang so vinnig kanselleer soos, ‘n “Horny little devil” – trunky nie. Dra ‘n fokken kaksak my broe, self daai borderline homosexual BEAR nommers wat soos thongs lyk aan die kante is aanvaarbaar, wees metro as dit vir jou werk, maar silky broekies is vir slaaptyd. En by the way, vir die girls wat nie weet nie, as mens ‘n silky boxer dra as onderklere, kruip hy ernstig in jou gat op, jou toggos hang by die kante uit, dis basies fokken unhygienic, dis hoekom brasse wat daai styles kap heeltyd met hulle hande in hulle broeksakke loop, hulle try die goed reposition. Hoekom so baie moeite doen?

 

Mans met hi-lights in hulle hare lyk fokken skeef. Is jy deel van Eden? ‘n Fokken identiteitskrisis dalk? As jy nie jou haarkleur dig nie, by all means dye jou kop, maar stick by een kleur, moenie try fancy wees nie. Jy’s nie ‘n fokken meerkat nie. En as jou brows blond is, gaan Black Like Me jou nie goed doen nie. Jy confuse almal. Jy lyk soos Michael Jackson met sproete. Die geheim is om jou kak haarkleur op te cover sonder dat dit ooglopend is dat jy ‘n kak haarkleur probeer opcover, jy maak uit? Goed.

 

Skinny jeans is slegs vir skinny mense, dit geld vir beide geslagte.jeanpant

Hierdie is maar ‘n hartseer saak, want almal wil tog sexy voel (maar sommiges wil terselfdetyd alles vreet wat voorkom). Ek stap rond in Spar en hier kom mamma eend en 15-jarige baba eend aangewaggel. Met elke tree hoor jy hoe daai arme jean pants bid vir pouse, daai YKK zips is goedgekeur deur die SABS, maar jirre die broek se nate kan nou enige oomblik losskeur of ‘n knoop kan afvuur soos ‘n .22 bullet en die donut counter se ruit uitbliksem. Ek kots so bietjie in my mond. Kameeltone galore. Ek dink ek gaan net fokkof en liewer my gat met ou koerante afvee, voor ek ‘n kietie skiet in aisle 3.

 

Moenie pout op elke foto nie, jy’s nie ‘n superstar nie. Ook geen rede hoekom jy jou donnerse sonnies in die aand in die klub hoef te dra nie. Celebs doen dit want hulle is fokken celebs en rely op die feit dat jy dink hulle poes cool is en dan jou geld te kan vat. Die paparazzi se kamera’s maak hulle sensitiewe ogies seer, maar daar’s nie honderde mense by die Mystic Boer wat wag om kiekies van jou te neem nie, en Thunda.com is fucked up. Dis net ‘n goeie manier om aan jou te bewys dat al neem hulle celebrity style fotos van jou, jy glad nie soos een kan fokken lyk nie. Poppe, sien dit soos die Maybelline slogan,” Maybe she’s born with it, but baby, you fucking ain’t”.  Fokken sorry, hoor.

 

kraagVou plat daai kragie van jou boetman, dis so fokken last summer bru. En net soos wat ‘n bobbejaanwyfie se kwak swel om vir die mannetjie te indicate dat sy gezaber moet word, indicate daai pienk Polo kragie wat jou mullet opstoot aan ander ouens dat jy gedonner moet raak. En ek hoop jy word met ‘n appel geswaai, want hierdie is nie iets wat jy nie al lankal van bewus was nie. Moenie maak of jy nog nie agtergekom het dat die mense in die mall hulle holle skeer as jy verbystap met jou wit sonbril, kragie gepop en twee onsigbare boerpampoene onder jou arms nie. Kyk ek verstaan met daai petroldrom-size emmer vol USN en kak houding jy ‘n lekker skulpie sal krap, maar ek sal volgende week daai selfde skulpie krap, easy com., Easy go my bra, dis hoe die missions operate..

 

Bottomline is, moenie try om fokken cool te wees nie, want almal dink hulle is fokken rebels en anders as die res en omdat almal try anders wees volg almal dieselfde resep wat hulle anyway dieselfde maak as die res. Net met fokken silly trends. Vind jou inner ninja my bra’s en branina’s. Moenie fokken simpel wees nie. Pretention skyn poes erg deur, soos nat wit t-shirts. Wees net rustig, maar operate advanced…

Christo BrandbruggiesVermy die Poesklap

Comments

  1. Matt Lötter

    Dis nie 'n"kameeltoon" nie….Vet fokkers het  Moos-nuckles !!!!

  2. Prof

    Ek moet net sê, well done! Self kon ek dit nie beter gedoen het nie al wou ek ook! Ek stem 100% saam met jou!

  3. fucking a bra

    die is een van die beste voken goed wat ek in n lang tyd gehoor het etter

  4. Shadow

    choice words,bra….. jy moet dit  ini vaal weekblad sit.

  5. Ruan

    Alles hier is gods onmoontlik waar. daar is nog twee goed wat sand in my vagina in ry by die truck load en dis fokken emo kindertjies en daai bra's met die fohawk, die moffie se verskoning vir 'n mowhawk. Hulle sny dit in die fowhawk sodat pa hom nie 'n poes klap gee as hy by die huis kom nie.
    Jissis en moet nie eers laat ek met die sweetpakbroeke en rugby truie begin nie…

  6. jagter

    "Wees net rustig, maar operate advanced"  ek skeam die bra praat die waarheid daar.  Dis my nuwe catchphrase.

    Operate advanced my bra

  7. Marius Benoni Breker

    LMFPA:
    "En net soos wat 'n bobbejaanwyfie se kwak swel om vir die mannetjie te indicate dat sy gezaber moet word, indicate daai pienk Polo kragie wat jou mullet opstoot aan ander ouens dat jy gedonner moet raak."

  8. Diablo

    Nice 1 Christo Brandbruggies…
    maar weet jul wat is nog vir my poes-faktap…??
    Hierdie fokkers wat hul hele lyf tatoo en pierce… kom net fokken by. Is jy so gepla met jou verwronge faktap-lelike gesig dat jy dit bymekaar wil hou met fokken ringe en studs? Of jou hele nek vol tatoo laat mense nie jou acne infested nekkie moet sien nie?!
    Moet my nie verkeerd verstaan nie, daar is min dinge so sexy op 'n girl se lyfie soos 'n nice tatoo op die regte plek, of 'n mooi magie met 'n diamant naeltjie-ring. En dalk 'n ou met 'n meningsvolle tatoo op sy skouer of so. Dis fine met my.
    Maar dan kry jy die fokken IK-beroofde bliksems wat sterk en masculine wil lyk met armpies vol tatoos of ore vol ringe, word net wakker of gee jouself 'n donnerse oorveeg want jy lyk naar. Of 'n moer vet teef wat voor jou buk in die donnerse bank met "plumber cleavage" wat skrik vir fokkol en 'n kots stimuleerende "art gallery" bo haar butcrack! Dis fokken repulsive.
    Kom aan, ons kan beter as dit doen…

  9. gothcatgirl

    jirre, het ek nou my gat af gegiggel.
    word broe.  die etterse waarheid.  en die hiper-groomed fokkers lyk net fokken gay.  girls doen nie gay dudes nie, net sodat jy weet.  en te veel piercings freak 'n girl.  ons wil die fokker eendag aan ons ouers voorstel.
    en, incase die poepolle nie weet nie, tattoos is soortvan permanent.

  10. Author
    Christo Brandbruggies

    ahoy, shot vir die comments, bly om te sien daar is mense wat dieselfde voel oor hierdie fokops in die samelewing.ek stem saam met die issue met piercings, al wie fokken piercings moet he is 16-jarige meisies, belly rings, oor 'n desember vakansie. verby daai age moet mens begin groot word. Daai poes groot stretchers in die ore is ook zef, jy's nie 'n fokken grotman nie, dit lyk grim…ek sal dalk 'n deel twee doen oor met hierdie post, as julle nog idees het, skiet hom na brandbruggies@watkykjy.co.za, ek check hom uit. vrede

  11. Uncle

    Brandbruggies jy is 'n fokken hero ou maat. Uitstekend. Die knoop wat afvuur soos 'n .22 patroon het my hol totally geskeer.

  12. poes hoer

    BWAHAHAHAHAHAHA!!! Ek het sopas myself duskant moer toe gelag vir die stuk , als fokken waar my ou !

  13. dukpiel

    fok ek stem heeltemal saam met die bra, fokkin kraag op is teken vir ek wil poes, een kant van kraag op beteken eks kla gepoes, plaat kraag beteken eks moeg sal later poes

  14. nev

    dis die simpelste klomp moere in n'ry as jy in mall stap en jy sien die wannabe's,klomp fokken hoenners

  15. Lucifer

    LMFPA liewe fokken aarde…..die artikel is meer as n jaar oud maar dit was nou poes fokken snaaks gewees.
     
    Uit fokken stekend bru !

Gooi Comment