Joe Public vs The Volcano

In Snotstories deur griffin

Verlede week het 'n vulkaan met die onuitspreekbare tos naam, Eyjafjallajokull, sy holprop los geskiet met 'n oordawerende knal en 'n enorme fokken poep (met residue) gelos oor Europa wat air traffic omtrent tot 'n stilstand genaai het. Ek skiem die Yslanders volcano1was almal gepiel op Nordic Ice of iets toe toe vulkaan sy top soos 'n hoërskool laergraad Wiskunde onderwyser geblaas het, want dis die enigste explanation vir so 'n fokop van 'n naam.

Ek vermoed 'n dronk fok in die hoek van die bar wou sy hare beskerm het van die as en die enigste beskerming wat hy aan hom gehad het moes 'n effie gewees het wat hy oor sy kop probeer trek het. Soos wat hy besig was om die effie oor sy kop te trek in sy fucked state het sy tjommie verby hom gestrompel en geskree "Effieshelpjoufokol!" maar in daai aangeklamde drunken stupour tipe van Corci uitspraak. Dit klink toe vir die ou met die effie (wat toe al half oor sy neus getrek was) soos "Eyjafjallajokull". Vandaar dan die naam.

Volgens nuusberigte (as mens deur Naspers se tipografie sukkel – hulle syfers het altyd vraagtekens in iewers) is daar normaalweg meer as 28000 vlugte per dag somewhere in die lug waarvan slegs 11000 operational was vir omtrent 'n week. 11000 ouens in die lug wat nie na "Katpein Span die Seile" luister nie.

Nou check bietjie hierdie basic Wiskunde:

volcano2'n Boeing 773-600 is een van die kleiner aeries en vat 132 passasiers. Ons gaan hom sommer gebruik vir die doel van hierdie kakpraat sessie. Die Boeing 737 vat 26,020 liter juice om daai pensie en vlerkies vol te maak. Dit is gelykstaande aan 620 Uno Fire 1100's se tenks (wat 'n 42 liter capacity het). As jy nou hierbo lees sal jy check dat daar 17000 vlugte ge-ground was. Per dag. Vir 'n week lank.

Dit is dus 442,340,000 (400 mil+) liter go-go juice per dag of 'n totaal van 3,096,380,000 (3 biljoen+) vir die week vir daai model aerie. In Uno Fire terme is dit 10,540,000 (meer as 10 miljoen) Uno Fires per dag of 'n totaal van 73,780,000 (meer as 70 miljoen) vir die week. As 'n aerie sy juice uitvlieg in een dag, en 'n Uno sy tenk op average uitry in 2 weke kom jy uit by 140 miljoen Uno's.

Weet jy hoe fokken poesbaie rook en kak en hare 140 mijoen Uno's in die aarde atmosfeer kan uitkak in twee weke? By the way – die Boeing 747-400 sluk 204,355 liter juice of 4865 Uno Fires as jy lus is om daai sommetjies te maak vir die res van die dag. Dis hoeveel gespaar is met die grounded vlugte.

So wat is my fokken punt met hierdie outrageous kak un-scientific vergelyking? Daar is 'n episode op South Park waar die karaktersvolcano3 maak of hulle omgee vir moederfokker natuur. Hulle is so smug oor die feit dat hulle Hybrids ry en alles  recycle. Hulle gaan even so ver dat hulle hul eie poepe in wynglase opvang en snuif. Daai smugness vorm later een poesgroot wolk, amper soos vulkaan Effieshelpjoufokol en fok amper die town op.

Dit laat my dink aan Earth Hour so rukkie terug toe ek ook my deel gedoen het. Ek was actually fokken baie aktief. Ek het sommer ant-crime hour ook gedoen. Terwyl ek geslaap het, het ek krag gespaar en sommer ook fokol crime gedoen, jy weet? Moerse. Dink volcano4nou bietjie terug toe jy daai slaai gevreet het by kerslig en jou eie poep uit 'n wynglas gesnuif het en jou "deel gedoen" het vir Earth Hour vir 'n uurtjie lank. Dink nou 'n bietjie na oor die vergelyking met die Boeings. Gaan sit en probeer uitwerk hoeveel besoedeling daar gespaar is vir 'n week lank deur een ou vulkaantjie in 'n klein plattelanadse dorpie genaamd Ysland. Dit gaan Earth Hour bietjie half soos 'n klein kaalkop manntjie met 'n bierpens in 'n safaripak  laat lyk vir, ek weet nie, maybe twintig jaar?

Voel julle hippies en smug mense nie nou bietjie soos 'n kollektiewe poes nie?

Ek sien die aeries vlieg weer van vandag af. Maak oop jou hol, mother nature:

Hiiiiiieeeer kom die vliegtuig!

volcano5

Hierdie post is 178 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,050,229 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinJoe Public vs The Volcano