Ek gee op…

In Briewe deur griffin6 Eiertjies

FOK … ek gee op. Ek sien almal op faceboek het 'n ding of twaalf te se hoe ons as Afrikaners gaan kak onder Julius en die ANC en Zim en en en … Ek wonder hoekom dink ons Afrikaners hulle is so spesiaal dat net hulle geteiken word ??? Laas wat ek gesien het is almal besig om geaffekteer te word deur "crime" — wit / geel / bruin / Engels / ens.

Ons moet altyd onthou as jy nie geraas maak nie gaan niemand oplet nie. Enige geraas is beter as niks – Julius raas, daar is party wat hom haat maar ander wat hom volg … ons noem dit "publicity".

Ek worry, ek worry oor my kids en oor almal — alle Suid Afrikaners wat net 'n goeie lewe wil he. Ons Suid Afrikaanse kunstenaars kan sing tot hulle blou is (SHOUT!!) – dit gaan fokol help. Ons het iemand met 'n groot bek nodig wat net 60% van die tyd sin maak. Iemand wat nie kak vat nie. Nie heeltemaal 'n poephol nie  – net 'n gewone cool vol self vertroue ou.

Cheers.
W

griffinEk gee op…

Comments

  1. Freethinker

    Thanks vir dit. Ek is half geroer deur ET se moord. En nie omdat ek n kortsinnige rassis is met die bybel onder my arm nie. Plaas van absolute crap praat oor n idologie wat sweerlik net Hitler sou verstaan, moet hulle n slag die boek onder hulle putte uit grawe en die ding lees. Mense in die land kak af, en ons wat mos nou so donners slim is. Sit en bitch en moan elke aand om die braai oor iemand soos Malema sy mond oop maak en se wat hy voel en dink. Hy trek ons aandag af van dit wat aangaan. Hy is die aapie wat dans en almal staar net aan. Terwyl ons land ge ' rape ' word!!! 
    Hoe nou? Ek is nie gebore vir oorlog en moord nie. Maar fok, ek is ook nie gemaak om in die mall te loop nie. Mense moet op kak praat en iets doen. WAT? Raak net betrokke met jou bure, die mense in jou straat, die neighbourhood. As almal net n slag oor iemand anders as hulle self worry sal die shiity goed almal raak soos die dood van ET. Dis hectic, n ou ballie is in sy slaap dood gemoer!!!FFs daar word elke jaar 20 000 mense in ons land gemoor vir wat? Hoekom gooi ons nie water op mekaar by hulle moordenaars se verhoore nie? Kom by Volk! Almal kak af. Die regering voel fokol hulle werk aan hulle gat sakke se linings. ONS MOET SAAM STAAN EN WERK DEUR NET TE BEGIN MET DIE KLEIN KAK!
    PS Soory ek weet dis nie n public forum nie….

  2. Heino@work

    Tjek vir Reidier uit???? Maybe kan daai kort van draad oukie iets maak?

  3. Outapiet

    Ek stem 100% saam. Ek is so bly om te hoor iemand sê ook hier wat ek elke dag fokken dink en preek. Ons witmense het swaar en ons het almal stories van hoe geweld en swak dienslewering ons raak. Ek het 'n great verhouding met die swart ouens in ons fabriek. Elke een van hulle is al aangeval of beroof of beide net in hierdie jaar en ons is in April menere. En ons woon in die Oos Kaap waar dit baie veiliger is as julle by manne in Pretoorsdorp. My punt is net om op te hou om die petroljoggie kak te gee oor iets waaronder hy self gebuk gaan, geweld, vrees, armoede en 'n kak regering. Hulle is moeg vir die regering en ons beter ons vrees in ons sak druk en probeer uitreik na die enigste ouens wat jou wit poepol kan red. Jou tuinboy, julle nanny, die ouens by jou werk, die cargaurd en die petroljoggie. Hou op haat en vrees versprei. Dit maak ons almal se lewens baie kak. Die swart mense hou ook duim vas dat dinge beter gaan. Die ouens op die grond is jou goedgesind. Calm the fuck down! Ek het nog hoop ouens.   

  4. Ockert

    Die ouens wat dink die wit mense in ons land het n kak tyd,doen bietjie moeite en gaan kyk na die statestieke……90% van crime in suid-afrika gebeur in sleg ontwikkelde gebiede aka die townships. meer as 50% van swart vrouens in suid afrika is al verkrag? So hou op kort sigtig wees,gee vir iets anders as jou volgende steek om en word vokken wakker.

Gooi Comment