Jack Parow – Cooler as ekke (Ramfest)

In jack parow deur griffin5 Eiertjies

Hosh-hosh pa se vuil kinners! Vanaand is die groot ene, mamma. Jack Parow en sy lang naai pet gooi gevaarlik rympies by Back2Basix. Skiet uit so van 20:00 se kant af en bring 40 skille vir die deur. Dis ook Wrestlerish se CD launch. Ek het so twee dae terug ge-tune dis Jack Parow se CD launch, maar my hol het gepraat. Hey, maybe is dit sy CD launch ook, wie weet?

Sien julle bras vanaand daso in die bar en oppie dansbaan. Om julle lus te maak, hier is solank ‘n video van ‘Cooler As Ekke’ wat ek by Ramfest met my selfoon afgeneem het:

Nou check hierie weirdness – my goose het hierdie foto by ramfest ge-snap van broeder Jack. Nou check daar regs, daaso in die hoekie sit ‘n bra met ‘n kiekiesnapper wat lyk of hy draties kap met sy ander hand…

20100306_RamfestEmmerentia (8)

En hieso is die foto wat daai bra op daardie presiese oomblik geneem het. Hy het dit vir my aangestuur. Die bra se naam is Sean Brand. En hy is een van Suid-Afrika se vooraanstaande fotograwe. Jy kan al sy werk HIESO uitcheck.

sean brand

Update: Dit is wel Wrestlerish se CD launch, nie Jack Parow s’n nie. Ek het nie my dronk SMSe mooi gelees nie. Fokken jammer, hoor.

Deel met jou tjommies!

    griffinJack Parow – Cooler as ekke (Ramfest)

    Comments

    1. Armand

      Serious zoom op daardie 3310. Lyk of jy basically van die bar af gefilm het. 

    2. Author
      griffin

      Ja, sommer so terwyl ek vir my fokken bier gewag het.

    3. Author
      griffin

      Dit was lekker, maar die organisers het die bar totally opgefok. Dit het gemaak dat ek vroeër wou fokof.

    4. P

      Daai wye hoek shot van Sean Brand is moer goed ! Iets wat 'n mens kan A2 print en in jou bar hang…..

    Gooi Comment