Die haantjie

In Grapgat deur griffin4 Eiertjies

Die boer se enigste haan is dood en hy besluit om by die Kaapse mark te gaan kyk vir 'n plaasvervanger. Daar aangekom, kry hy vir Gatiep wat 'n haantjie te koop aanbied.

"Hierdie haantjie is soos Outsurance, hy dek alles" beduie Gatiep en die boer koop hom toe. Op die plaas word haantjie by die henne ingegooi en soos Gatiep beloof het, is die haantjie vreeslik gewillig en in 'n oogwink draf hy al die henne deur.

Toe die boer weer kyk, is hy by die eende, toe by die ganse, by die kalkoene en die boer is sommer baie in sy noppies met die kopie.

Maar die volgende oggend kom ou Simon by die boer en deel hom mee dat die haantjie dood lê in die veld. Hy wys na waar die aasvoëls dan ook reeds al draai. Die boer is sommer baie hartseer, en hy en Simon stap soontoe om vas te stel wat met die haantjie gebeur het. Toe hulle naby kom, lig die haantjie sy kop op en fluister "Ek's okay. Ek wag net vir daardie fokken aasvoëls om te land."

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinDie haantjie

Comments

  1. Sonja Pienaar

    Nou ja met die donnerweer wat die hooflyn uitgebliksem het, my selfoon wat weens 'n virus gesneuwel het die mal ANC wat alle grond wil nasionaliseer maak julle my ten minste lag.  Dankie die grappie maak my dag!

Gooi Comment