Bruggies se groot vyf bang, bewerige babelaas beats

In Snotstories deur Christo Brandbruggies3 Eiertjies

Saterdag scenario: fokkit die alarm het al 5 keer ge-resnooze, jou kop skop teen jou befok want jy’t jou self behep met kanonsop. Jou fokken ogies lyk soos ‘n padkaart. Kokkentotch in die spieël en jy lyk 55. Jy vang ‘n pis wat ‘n skakering van neon gooi – lyk soos daai vibes wat Homer Simpson hanteer in die intro. Jou vingerpunte het so kak ysterbyt gevoel. Jy’t fokken zits wat sprout soos shrooms 10 jaar nadat jy puberteit gepass het. Alkohol is ‘n naaier. Hier is my top 5 video’s om jou toggos op te skud as jy vuil amps trek.

#1

Altyd goed om die bier donkie te stook met die vuilste nongalozzer wat jy kan kry (veral noudat Die Antwoord die grootste ding is na die Big Mac. Dis jou nuwe volkslied daai Boeta, en “Kill the boer hoer Satanist” – featuring Jay Malem). Paartie, paartie, paartie! Waar is my hond? O fok, my ma het lankal my pug getrap met die Merc! Goddank, anders moes ek nou ge-scrutinize het op die hondekos advertensies waar hyper kinders jou leer dat hulle produk jou hond se kak lekker ferm sal maak. Dan kan jy hom lekker kleilat oor jou buurman se muur. Lekker Scruffy, jou kak het ‘n hoë Ph maar hy slingervel lekker tot naby die golfbaan.

#2

Teen hierdie tyd klop die nadors aan jou deur soos daai Devi van Carte Blanche. Jou toggos (of hambeursie) is vet gerattle. Wat’s in die fridge? ‘n Lonewolf Zamalek of dalk ‘n Savannah Light? Kap hom. Running start. Jy fokken gomoto nou met ‘n pispot helmet, maar dis legit, jy’s terug op die veld 10 minute voor die eindfluitjie blaas. Jy onthou seker die Castle ads back in the day met hierdie tune. Hy gaan jou vet boost, soos ‘n Berocca setpil.

#3

Na daai random overflow van alkohol in die yskas is jy seker lekker geskol. Voel die irie vibes… Miskien ‘n baba zol vir die shivers? As jy dreads het, gaan fokken bad asseblief want jou haardrolle se inwoners spring op my. Maar hierdie is ‘n “feelgood song” soos wat hulle tune op Jakaranda FM, behalwe hierdie is nie poes tos soos Simply Red nie.

#4

Come on, hoe fokken sexy is daai skirt nie? Ek is nie advanced genoeg om die seks factor in daardie video te beskryf nie. Dit blaas my. Sy was so advanced daai tyd al met die pout – orgasmies spasties. En as ‘n mens broos is van te veel kettietrek kan bietjie yummy mommy nooit lelik wees nie. Sy tune jou straight, as ek aan jou dink koektos ek, dis fokken amazing soos romantiese poetry. Nie soos Antjie Krog se moesie oor telefoon gediggies nie, meer soos Necro se “if you can welcome me with open arms you might as well welcome me with open legs.” Die son trek al water, jou Worsie moet gaan Visser. Bel ‘n vriend met ‘n drankprobleem en gaan vir ‘n “regmaker” Fok, wat wil jy reg maak? Als is klaar reg!

http://www.youtube.com/watch?v=sFEfmbAeEDY

#5

Nou dat jy klaar velle of ham geklap het is dit tyd vir die grande finale. Die song wat ek elke oggend geniet saam met my Special K Poefpap. Dis soos Mike Lipkin die fokken “Yes Man” Dit inspire vir groot dinge. Jy kan ‘n desk driver met ‘n Mr Price pull-over wees die een dag, en die volgende dag is jy ‘n hi-tech prawn warrior, nes Wikus van de Merwe. ‘n Fokken sweetieman. Of net ‘n next level 12de Dan ninja volledig geliksens om die interwebs te dominate. I give you: Enter The Ninja

(as jy nog musiek vids het wat jy wil sight op die site sien my 3 uur in die parkie met ‘n Vrystaat snor, deurtrekker en ‘n bankie Durban poison of email my by brandbruggies[at}watkykjy[dot}co[punt}za)

Deel met jou tjommies!

    Christo BrandbruggiesBruggies se groot vyf bang, bewerige babelaas beats

    Comments

    1. Bongolong

      sal jou in die parkie kry maar ek het net skunk en rooibaard.

    Gooi Comment