Raait, jy het seker klaar jou toebas ge-tand. Gaan stoei gou-gou met die bruin beer, maak 'n koppie koffie en kom sit hieso. Dis weer sulke tyd. Net so oor die 12 minute lange Watkykjy podcast om jou Vrydag so bietjie korter te maak. Kakpraat deluxe.
Dit was die tweede en laaste een ooit wat ons so net oor die 6 jaar terug gegooi het. Ons word nog steeds te dronk om nommer 3 te record, maar maar agter os kom ook in die kraal, of op die koei se rug. Kom ons kyk of die vingers uit die holle getrek gaan word binne die volgende twee weke…
Fokkit, dis amper naweek, seuns en dogters! Ons gaan net-nou duik maats, byt net so bietjie vas. Die naweek is amper op ons soos kak op duidelik. Onthou om vanaand of more aand Die Antwoord te gaan speck as jy in Jo'burg is, of gaan headbang by Chopper Charlie en Bra Phil se Ram Jam II.
Watkykjy Potkak Podcast#2:
http://www.watkykjy.co.za/podcast/potkak02.mp3
Watkykjy staan op 1,201,582 post views in totaal sedert 1 November, 2019.
Comments
Dudes, julle moet beter mic's en sound equipment organise.
Maar ons is fokken arm, my blaar…
die london ding is poessnaaks! kan iemand asb die link download waar ons die hele ding kan luister
Jy kan hom hieso kokkenodge:
http://www.youtube.com/ougibbons#p/u/31/CN3_gi0Pu3E
ghe ghe ghe julle ouens is damma snaaks ghe ghe ghe
fok ek het al vergeet hoe baie ek van Kop hou
Haha, kop of om ‘n kopkou te kry?
Okay so die site is moerse cool en funny, maar lyk my julle ouens spesialiseer daarin om random te wees. En dis great, want dit gee girls soos ek iets om te doen as jy bydie werk is. lol
Funny shit ouens