Suid Afrikaanse Re-Naai-Saans.

In Briewe deur griffin6 Eiertjies

Julle kan my al Oom Watkyker noem, aangesien "Kykerjie" nie meer op my van toepassing is nie.  Ek kan nog onthou toe ek my hol afgelag het vir Griffin se bike seperation anxiety en Telkom issues. Chopper Charlie ens. But I digest. Ek kyk gereeld een keer 'n dag wat julle nou opgelewer het en het toe onlangs die aas gebyt en Die Antwoord gedownload en geluister.  En alhoewel ek voel julle is van die beste entertainment beskikbaar op die wye Interweb, dink ek tog julle is besig met iets groter. Julle is die poster kinders vir "Free Speech" in hierdie land. Maak nie saak of jy daarvan hou, jou naar maak of dit aflag vir net nog 'n "phase" nie.  Ek meen, waar kry jy 'n beter voorbeeld van free speech as die reg om te sê "Jou ma se poes." Ons kontstitusie gee elkeen die reg om enigiemand se ma se poes te reference, beskryf of beledig. Dis jou opinie, jou reg en jou verantwoordelikheid. Welkom by die Suid Afrikaanse Re-Naai-Saans.

Ons onderdrukte, gesensuurde nasie van ouds kom reg, al moet iemand se ma se skaamdele opgeoffer word.

Viva WKJ, Viva Die Antwoord en Viva Free Speech.

Mangel-Adder.

Deel met jou tjommies!

    griffinSuid Afrikaanse Re-Naai-Saans.

    Comments

    1. Antowan

      Raak gesien jou waar prater! Raak gesien! Dis presies wat dit is. Die vuilgatgeid van ons nuwe generasie ondergorndse musikante is die kunsmis van die taal en in 'n diepere mate die Afrikaner. 'n Taal moet kan vloek en vuil wees om te groei glo ek. Dit beteken nie hy moet dit altyd doen nie, maar daar is 'n tyd en 'n plek vir alles. Ek sal net nie die net te wyd gooi nie. Ek dink dis van toepassing op Westerlinge in SA wat geografies verwyder was van die "verligting" oftewel die ENLIGHTENMENT. Ons is nou wel so paar honder jaar agter maar ons tel vinnig spoed op…
       
      🙂

    2. Grote Gottlieb

      Die volk is honger! Want ons kan nie meer die gewone kak van Jurie Els en sy kollegas wat in ons kele afgedruk word elke dag stomach nie! Die Antwoord het ‘n rewolusie begin!

    3. antony

      Dit is kak snaaks om iemand se ma te vloek,jis ek lag my gat af vir die reaksie daarop,dit is amper so om dadelik sy ma terug te vloek,"JOU ma se poes"!! "nee jou MA se poes"!! en dan raak dit erger,
      "jou ma se holskuim" of " jou ma se wap skiet pap",hoeko vloek hulle nooit n pa nie? Dis kak snaaks as jy se jou pa se piel!!! Vloek jou nefies die konte!!! Niggies vloek mens nooit,want jy weet nie as jy n nood date nodig het nie,ook nie oumas nie,mens se male se pelle het hulle klaar gevloek. Om te kan vloek en te kan se wat jy wil is baie belangrik,net nie vir enige iemand nie,manne van Brakpan bliksen jou nou!!! dit is jou perogative wat jy wil se of nie,as jy wil vloek ,vloek,nie moenie!! Maar eerlikwaar wat is swarter as poes swart? Of poes geel? Pik en goud is nie naastenby so swart of geel soos dit nie,slim mense vloek!! Praat altyd in trappe van vergelyking,en verduidelik moer goed die graad van erg!!" My hond het gepaar met die buurman se hond en toe slaan ek hom,dit was baie erg" het net nie dieselfde slaankrag as " my fokken hond het my kont van n buurman se hond genaai,en toe ek dit sien toe poes ek hom,dit was fucked up shit"  nie.

    4. antitheist

      Hmmm – ja – en tans wys die antwoord ook hoe mense soos brommers op 'n drol sal swerm as dit 'cool' gelabel is en stukkies van die label op hulself sal plak in die geloof dat hul 'cool' is. Wel solank die antwoord nie stuck sal raak in hul huidige inkarnasie (ek geniet die shows, maar gaan nie daarna luister by die huis) Ek wonder of hul nie helfte van die tyd hul fans (en Die Vraag crowd van Potch) wil bliksem?

    5. Odin

      Nee, kyk luister. Ek swets ook, maar iewers trek mens die streep. Al is hy net gryserig. Die gedurige verwysing na vroulike skaamdele is vir my net …. hoe sal ek se?…. nutteloos? En hierdie een of daai een se ma s'n? Jy ken die ouvrou in meeste gevalle nie eens nie, laat staan nog wat agter haar rok aangaan.
      As jy jouself al so gewoond gemaak het aan die gewoonte, is dit moeilik om af te leer. En een of ander tyd bevind jy jou in geselskap waar jy jou naam net gat gaan maak as jy soos 'n matroos tekere gaan met jou taal. Hoe nou gemaak? Staan daar met jou bek vol tanne oor jy nie eintlik meer ordentlik kan praat nie? Glo my, ek het dit al teegekom. Soos ek se, meeste mense aanvaar redelike algemene swetsery, maar dis onnodig om 'over-the-top' te gaan. Of in die spesifieke geval 'under the dress'.

    6. Prof. Bokdrol

      Sal ek die ooglopende stel, of gaan iemand anders vir jou vra nou wat de fok soek jy dan hier in die eerste plek?

    Gooi Comment