Rooi Piet en Sannie

In Snotstories deur Watkykertjie bydrae11 Eiertjies

(ingestuur deur JX)

Hierdie is ‘n ware verhaal wat gebeur het in my dorpie, net langs die Baai in die oos-Kaap.
Die verhaal gaan oor 2 fokkers en ‘n hot girl.
Name is verander want die fok weet, hulle faktedupgeid gaan hulle vooruit en ek smaak my tanne.

Nou Rooi Piet het met Sannie uitgegaan. Sannie is moer hot. Regte alternative chick. Sy het lang donker swart hare en dra leer bootse tot so net onder die knie, met denim rompies wat Jou laat wens jy kon vir 2 minute ‘n dwergie wees. Regte “girl all the bad guys want”.

Rooi Piet was ‘n ander karakter. In die skool was hy  een keer in die kak omdat hy in die snoepie se hoekie gepis het terwyl al die arme kinders nog in die ry staan vir Coke in Niknaks (dit was graad 5). Hulle blit hom toe en hy moes sy pis gaan opmop het. Hy moes maar die punch vat en dit skoonmaak, maar raak toe befok toe hy met die mop terugloop en deur die skoolvenster die karakter sien wat hom geblit het. Hy maak toe soos Ryu van Street Figter en gooi ‘n virtual fireball deur die venster na die ou toe. Vir intimidasie doeleindes alleenlik. Rooi Piet se diepte persepsie het hom toe in die steek gelaat en hy moer sy hand toe deur die glas. Die hele klas is ontwrig en Kosie (wat langs die venster gesit het )het nou glas in sy oog, GROOT KAK.
Ambulanse, dokters, sirenes, die works. Kosie se oog is potensieel moer toe, Rooi Piet het net bloed wat orals spuit uit sy arms en hand uit, en die pisemmer se inhoud loop nou al af tot by die kindertuin se voordeur. Kinders skree in die klasse, onderwysers kom om te help. Almal skakel net medics. Die hele skool in rep en roer, en ouers word geskakel. Rooi Piet is ‘n banneling van toe af.

Maar ons kom terug tot op hede. Sannie en Rooi Piet was toe nou ‘n item. Rooi Piet kon nie sy luck glo dat hierdie warm ding na sy kant toe kyk nie, maar hy gaan nie ‘n gap gee dat sy tot haar sinne kom nie. Die man verander heeltemal. Hy is rustiger, kry ambisie, en kuier lekker. Maar Sannie wou meer hê. Sy weet sy’s hot en dinge werk toe nie uit nie (maw Rooi Piet se krediet was kak en sy wou nie donnerswel loop na ‘n jol toe nie). Dinge loop toe uitmekaar.

Sannie ontmoet n paar weke later toe vir Dewald. Dewald is die arty tipe. En hy’t ‘n kar. Rooi Piet weet van Dewald en hy like dit niks dat hy hoor dinge raak warm tussen die ander twee nie.

Rooi Piet loop nog eendag oppad huis toe en raai wie kom verby? Sannie en Dewald.

Nou Sannie kry vir arme Rooi Piet jammer. Hy’t lekker koejawel gekry maar sy’t hom eintlik vir ‘n doos gedrop (Dewald nou). Sy moes dinge regmaak. Sy vra toe vir Dewald om gou te stop en Rooi Piet ‘n lift te gee. Nou Dewald weet sy snoek-versoek later die aand gaan gekanseleer word as hy nie nou die groot man speel nie.

ANKERS WORD GEGOOI.

“Yes Piet, hou lyk dit met ‘n lift ou maat?” Rooi Piet check die kak uit. “Ja wat, dankie man”. Rooi Piet klim in, sit agter. Sannie wil nog vra hoe dit gaan, toe haak Rooi Piet af:”Hey Dewald ,hoe voel dit om my potte uit te lek?”

ANKERS WORD GEGOOI. Wille houe word gemoer oor en weer nou. Rooi Piet het die advantage want Dewald moer grootendeels die kopstut van die sitplek raak. Rooi Piet moer sommer  ‘n paar hier  langs die kant en Sannie moet net uitklim voor sy in die spervuur is. Dit raak nou lelik. Later klim die 2 mans nou uit en hulle is Tant Dorra se tuin nou in. Altwee die donners probeer nou WWE moves op mekaar want dis waarmee hulle grootgemaak is. Dorra se daisies is moer toe, hulle le nou al in die pad. Nou Tant Dorra het die goed vanoggend gewater so sy is nou nie gelukkig nie. Die antie kom met ‘n moerse gejuig daar uit met ‘n besem in die hande en moer die twee donners goed oor die kop. Rooi Piet wil nog iets se en toe kry hy een op die rug.

Die twee ouens is daar uitmekaar uit en altwee gaan hulle eie rigting in. P’s word nog steeds oor en weer gevloek in Jakaranda straat, van huis nommer 2 tot huis nommer 20.
Dit was ‘n onaangename ervaring vir almal betrokke die middag ja.

Dis nou al 10  jaar later. As ons nog lag hieroor, raak Rooi Piet befok.  Dewald is nou in die Kaap, gee kuns by ‘n skool daar. Miskien het Rooi Piet nog ‘n kans met Sannie? Moet net die voertuig probleem uitsorteer.

Watkykertjie bydraeRooi Piet en Sannie

Comments

  1. Cabous

    Dit is n ongelooflike kak storie en ek het sopas 3 minute van my lewe gemors! WTF???

  2. Heinri

    Dit is nu di kakste storie wat ek al oit ghor het…dit is i skitterende uiterende hopie… jara halit onmidadelik af

  3. jx

    as jy kan beter doen, stuur dit in. ek wag in spanning.
    o ja, as jy dit nie smaak nie, skip maar meeste van die ander stories van die afgelope 5 jaar wat gepos is.

  4. Christo Brandbruggies

    Ek dink dis 'n lekker storie. Maar as jy dink daar's beter maniere om jou tyd te mors, gaan speel Farmville. En tottie het twee t's, ek maak ook spelfoute, maar jirre daai is nie rocket science nie.

  5. Troffel

    Hurr durr… ek het nie 'n sin vir humor nie. Ek's so fokken droog ek laat marie biscuts soos yogurt lyk. My ma brei my skool sokkies en my pa vee my hol af as ek snags, in my slaap, 'n kak vang voor sy bed.
    Dis al wat ek gelees het op die comments hier bo myne. Fokof van die site af, ertjie-ballas.

  6. Troffel

    Re-post
    My vorige post was gemik op Totterkop en sy matertjies net bo hom. 

  7. eFfie van Steek

    KAK storie… presies wat ek nodig gehad het om my dag minder te laat pong. Ek laaikit stukkend en dink dis kaksnaaks geskryf…

  8. antony

    Ok als is nice ,maar wat het van Sannie geword,ek is seker sy het vir Dewalt gelos omdat hy so arty farty was en net wou anal,en dan cuddle na die tyd. Rooi Piet het nie geweet wat om te doen nie want die fokken Sarie het eers in die 90's gepraat van G-kol,so hy het net haar gebroeknaai!! En sy was kinky,kettings en kak,so ek dink sy is toe met die nerd in die klas getroud wat van kunsbeen asf porn kyk en weet hoe om vieslik te wees,ma dit is my opinie.

Gooi Comment