Dit het als begin toe Facebook nou die dag suggest dat ek ‘n fan word van “Die ou Suid-Afrika”, kort nadat hulle voorstel ek reconnect met iemand wat elke dag langs my by die werk sit. Gods.
Maar regtig Facebook, die ou Suid-Afrika? Are you being fucking serious? Want sien, daar’s ‘n fan page vir die ou Suid-Afrika op Facebook en hy’t toe al op about 30,000 mense gestaan. As logo het die page die ou Suid-Afrikaanse vlag, daai pragtige old-school design met die mitiese Boererepublieke se vlae tussen oranje, blanje blou. Wat anders?
Die ou Suid-Afrika. Daai fokken aaklige tyd voor ’94 wat bles Afrikaner omies in tos suits die land probeer run het, die poes tyd toe wit laities moes kak in die army vir fokkol, toe ons in skole moes bangwees vir kak soos kleefmyne eerder as score by Engelse meisies, toe fokken niemand oorsee iets met ons uit te waai wou hê nie. What’s not to like?
Interessant van die stuk hondkak page is dat heelwat van die “fans” in hulle prille jeug is. Boetman was nog nie eers ‘n steuring in Pa se prostaat destyds nie, maar hy skiem die ou Suid-Afrika is net die piel vir Sannie – maar blanke Sannie hoor, nie die ene wat die kinders oppas nie. Dis Sanna.
Ja-nee, ons wil teruggaan in tyd na waarskuwings oor die fokken allervreeslike Rooi Gevaar, die fokken Kommuniste wat al ons brood uit die winkels gaan vat en die Christelike geloof gaan drop-kick oor die Limpopo. Na waarskuwings oor die nog erger Swart Gevaar, die “swartes” wat niks so baie like as om wittes in ‘n pot te kook nie. Onthou jy necklaces? Jip, ou Suid-Afrika se waaib tjom. Sit hom aan.
Obviously onderskat meeste mense die thrill daarvan om in ‘n polisiestaat te bly. Dit is obviously opwindend om swaargelaaide Caspirs op die suburbs strate te sien, niks maak die hart so warm soos die dowwe knal van ‘n traangas pellet nie, en pragfoto’s van die Rooivalk en Buffel wat op pad is om (swart) terr’s te gaan opblaas in Angola gee alle volwasse (wit) mans horings.
(Natuurlik het die ou Facebook fan page se galery ook heelwat petrette van die Rooivalk en ander militêre wapentuie. Goue herinneringe van ‘n mooi tyd…)
Ek suspect baie van die mense is nie so erg fans van die ou Suid-Afrika as wat hulle net nie fans van swart mense is nie. Plein en simpel, kom ons noem ‘n poes ‘n poes hierso. Hulle verkies om ‘n ekstra enamel bord en gechipte koppie onder die sink te hou vir die ‘staff’. Watwou swart president?
Als was mos beter toe die wittes die land regeer het. Mos. Ons kon nie Kodak kamera’s koop of aan die Tri-Nations deelneem of op ‘n plaaspad ry of ekonomies groei of enige so iets nie, maar fok, wat is progress anyway? Over-rated mos. Kom ons kruip eerder terug agter ons R4 gewere en PW se dreigende wysvinger en die Rooivalk (altyd die Rooivalk). Kom ons trek die ou Suid-Afrika duvet oor ons koppe dan kan die wêreld (en die swartes) nie meer lelik wees met ons nie.
(Nota aan self – besigheidsidee: Produseer en verkoop duvets wat lyk soos die vlag van ou Suid-Afrika. Verkoop by AWB vergaderings, op ou Suid-Afrika Facebook fan page, expat websites en Dis-Chem apteke in wit suburbs.)
Net voor ek gaan, ‘n newsflash vir die fans van die ou Suid-Afrika, daai poestyd in ons geskiedenis wat sommige historici vergelyk met gebeurtenisse in facisme en nazisme (Nice! International recognition). Die ou Suid-Afrika is exactly dit. Oud. Klaar. Verby. Finish. Fin. Dis tyd om op te staan, jou boude af te vee en die ketting te trek. Hy kom nie terug nie. Nooit nie. Fokken vergeet dit, beweeg aan. Dis 2010. Kom by.
Ek sê nie die huidige Suid-Afrika is eksie perfeksie nie. No ways china. Ons het nou ‘n spul ander kak wat verkeerd gaan. Misdaad, Zuma, Malema, VIGS, Eskom, die Lions, Dirk Prinsloo, Nicholis Louw – maar dis ‘n fuckload beter as die ou Suid-Afrika. Geniet hom.
Jy’s ‘n doos as jy wil teruggaan na ‘n tyd waar ‘n paar wittes wil baasspeel oor die res. ‘n Onrealistiese doos. ‘n Fan van die ou Suid-Afrika. Ek stel voor jy koop ‘n one-way ticket to Orania en kry vir jou ‘n bier op pad uit. ‘n Yskoue Zama-Lek quart want dis kak warm daar. O ja, en mail my vir ‘n duvet.





86 Comments
Fuckit Charlie, 50 comments, jy kan 'n movement begin hierso.. Jy't net vergeet om die mense te waarsku teen Uhuru, julle moet julle fokken baked beans opstock mense, en onthou die Spar in Heilbron is 'n safe spot..
Malema se breitling is n fake die cheap kont! Gan kyk ma daai watch van hom is nie in enige v.d breitling catalogues! As for the article! Die land is redelik gefok in die long run! Get out while you can or enjoy it while it lasts ;)
Wow. Dis die beste ding wat ek nog op die site gelees het. Wietie my bra, wietie.
Naais, goed geskryf.
Alles wat jy skryf oor die Ou SA is waar. Ek wil dit ook nooit weer beleef nie. William Burroughs se take op reality in Naked Lunch was niks in vergelyking met daily life in die Ou SA nie.
Wat my huidiglik uit-freak is dat ek in die Ou SA name genoem is soos kommunis, satanis, hoer, k**ferboetie etc - gewoon omdat ek geglo het in goed soos vryheid en gelykheid, en nou die dag is ek op die Black People Network uitgekak as 'n "white supremacist" omdat ek glo in dinge soos vryheid en gelykheid en so aan (vir almal). Ek was nogal geskok.
Ek raak hartseer as ek dink aan al die hoop wat mense voor 1994 gehad het vir die Nuwe SA. Ek weet dis complicated, maar daar's (nog steeds) net te veel bloed en korrupsie en onnodige suffering all over the place.
Ou dooie koeie hoort reg daar: in die sloot. Dis nie 'n goeie idee te probeer terug gaan na die slegte ou dae nie. In eerlikheid moet ek ook sê dat ek kan verstaan hoekom jong witmense kwaad word en terug na die slegte ou dae.
Ek het nou die dag vir 'n oorseese studiebeurs by my bank aansoek gedoen. Hulle vertel my toe skaamteloos, in my gesig, dat ek nie die regte kleur is nie. As hulle dit probeer verdoesel het in polities korrekte taal sou ek dit aanvaar het maar om dit so in my gesig te sê?!
Dit voel asof ons gestraf word vir die goed wat ons ouers en grootouers gedoen het, ongelukkig wakker dit rassehaat aan en hunker mense terug na die ou dae.
Ek sal bly wees as die dae kom as wit- en swartmense oor dieselfde mes geskeer word en as "regstellende aksie" nie as 'n wapen gebruik word deur die ouens wat wil wraak neem nie.
In tussen is ek 'n Suidafrikaner (met geen moontlikheid tot EU paspoortnie), kan nêrens heen "vlug" nie en moet maar die beste probeer maak van die situasie waarin ek myself bevind. Is dit maar nie die beste geweer vir ons ALMAL nie?
Reg ja –Die ou suid afrika is verby…so hoekom so lang bank nai oor dit skryf–hoekom skryf jy nie eerder oor die fokken probleme wat ons vandag het nie,Eks bly die ou era is verby—eks net nie bly oor waar ons fokken nou is nie,En japies soos jy help net mooi fokkol om die klem op die ou dae te hou —dis nie n probleem meer nie word fokken wakker en gebruik jou talente om mense se probleme van vandag aan te spreek..
Fok apartheid is verby,die bles poese is weg,Nou sit ons met fokken tikkoppe wat politician wil speel.
This site needs more of "Die Antwoord" http://www.dieantwoord.com/
Griff, jou pappie se perd se piel
Jy weet, ek wens ek 'n bietjie beter in klas geluister het hoe om Afrikaans te praat/ skryf. Ek weet nie eers waar om poes of fokken te insit? Ek dink ek het daai les misgeloop.
Hierdie soord website en Die antwoord make my voel asof ek my Afrikaans heritage moet herken. Ek is nou 5 maand in Nigeria en ek verlang na die wonderlike vloekwoorde wat ek in hierdie blog lees.
Ek is engelsspreekend maar hou darem baie van die mooi taal.
Dankie watkykjy, julle rock
Die is kwai. Lekker om te lees.
O ja, <b>Richard</b> "As jy weer met jouself speel en kom, kom net fokken by." – watkykjy
wees wys.
JA morne ons het te veel kak op ons plate vandag, nevermind al gister se kak. Maar daar is nog te veel mense wat vasklou aan die fokken 'glorie' van die ou Suid-Afrika. En totdat hulle nie besef dat dit eintlik 'n fokken kak tyd vir almal was nie en dat dit vir altyd verby is kan daar nie progress wees nie en sal ons vriend Nelson se rainbow nation 'n miete bly.
Eerstens, die grootste man is nie die een wat die meeste kere poes in sy sinne kan inkry nie, dit is al gedoen, wees 'n bietjie meer postmodern toe man mense. Julle klink soos 'n klom laaities wat piele meet….
Elkgeval, die ou suid afrika het awesome goed gedoen, nie een van julle het daai goed help bou nie. Ons pa's was briljiant met paaie en brue en rooivalke en kernkrag en kernbomme en myne ens. ons geslag het nog maar min wereldklas opgelewer of hoe? So ja, PW was net so korup met teerpaaie op sy wildsplaas ens. , maar daar het baie goeie goed uit gekom. Aan die ander kant was daar baie mooi geindoktrineer om die donners so hart te laat werk en bakly. Daar was ook 'n moerse klomp ander sinnelose stront en natuurlik, dit was nie baie mooi regverdig uitgedeel nie.
Nou het ons ander probleme, dis ons tyd om te shine en briliant te wees, en as jy onder 35 is en jy behoort aand die ou-suid afrika facebook page betekn dit jy is te veel van 'n loser om te cope as daar kompetisie is. Wees beter as dit anders sou jy in elkgeval in die ou sa ook maar net 'n commin moer gewees het, jy sou net gedink het jy is nie, dis al wat nou anders is.
AS jy ouer as 35 is, ja OK, gaan deel jou fotos en geniet die stories oor die ou dae, daar was great goed, ten minste was jy daar en het jy help bou. Moet net nie te veel moun nie, kak is kak, toe se kak en nou se kak stink altwee.
Well said Chopper Charlie… people quick to ask for Old South Africa back but do they all remember the K@K and yes, it was really not that great, they just dont like blacks and think it was the solution. Why would anybody want to go back and make a few grey and bold old toppies rich, and yes, even after apartheid gone they still rich and the rest K@K off big style
Ek sien die ding het nou groot geraak. Dis selfs op news24. Ek het bietjie gaan rondkrap op die FB group.
Dis skokkend om te sien hoeveel fucknuts daarbuite is. TheKnack het 'n punt beet, dis meestal (amper altyd) 'n klomp losers wat hunker na die ou dae. Gewoonlik 'n doos met 'n pens en net matriek wat nou iemand soek om te blameer vir die feit dat hy sukkel om dit te cut in die moderne wereld.
Newsflash Doos: jy sukkel want jy is 'n fokken loser, dit het niks met die regering uit te waai nie. So what is daar regstellende aksie is, begin jou eie besigheid of leer 'n fokken skill of iets. Of is jy bang dit interfere met jou braai en brannewyn drink tyd (Not that there is anything wrong with that)
@ JAGER Newsflash drol , weet jy ek is een van daai ouens met net matriek , en nee ek fokken bly nie eers in SA nie , ek is van Namibia , en nee ek hoef nie brandewyn en coke te drink nie ……omdat ek fokken suksesvol is met net matriek , ek drink Johny walker black label ek ry n ordentlike kar , ek kry julle jammer daar in SA wat deur julle regering verfok word en ek verstaan dat mense terug hunker na die ou dae ……maar as jy die beeld al gelees het sal jysien dat hulle nie apartheid wil terug he nie , nee hulle wil net weer dinge positief sien gebeur en dat julle land nie in die afgrond in donner nie .
Baie geluk. Julius Malema drink ook Johnny Walker Black Label.
Teminste het hy darem een ding reg gedoen , hy koop die regte whisky
fok , waneer gaan julle vir n slag iets anders hier sit om te lees
Waar? In die comments in hierdie post? Daar is meer as 10 jaar se kak om te lees op Watkykjy. Miskien weet jy net nie hoe die intwerweb werk nie.
Tjopper , ek hoop jy moer neer ! Watse kak raak jy nou kwyt en hoe oud is jy jou vuil bek bliksem dat jy PW en sy maters so swart smeer en vir almal vertel hoe tos dit was ? As jy noe ouer as 40 is nie weet jy fokolvan Caspirs af en nee hulle is nie verniet vermink nie en nee hulle het nie verniet gesterf nie. Nou het jy 'n moerse goeie skolastiese opleiding in V town ontvang want hulle het vir jou tyd gekoop . Hou jou snaaks en praat kak en gee Malema stront maar moet nie kak praat oor goed waarvan jy fokkol weet nie .
Lekka dag tjomma , jou site bly moer snaaks !
Jirre ou, selfs ek kan beter spel as jy, like 4am wyl ek poesdronk is.
Aan almal wat so kla… Onthou net hierdie mag dalk die "good old days" wees oor 'n paar jaar.
Ek stem saam get out while you can or enjoy it while it lasts
Fokkit,wie wil terug gaan???Ek is jammer ,maar ek like om te kan doen wat ek wil sonder die kerk en die regeing se toestemming,fok die Oud Suid Afrika en al die dom konte wat wil terug gaan,ek laaik van die nuwe suid afrika,met al sy kak ingesluit en die poese wat die land verlaat is net dit,faders,as jy nie deel is van die oplossing nie,dan is jy deel van die probleem….Fok julle awb poese en jul ma se poese!
FOK almal wat dink hulle het dinge reg gedoen in die verlede,watse "CAUSE" was/is dit om vir Apaprtheid te veg??WTF???Word groot,regtig,ek stem saam Chopper,dis nie maklik nie deesdae,maar dis way beter as die kak van die verlede,mense wat goed voel oor die verlede moet liewers fokkof,jy kan n verskil maak sonder om n dom ignorant poes te wees….DIE verlede is sleg,apartheid was sleg,en niks of niemand kan dit verander nie(ja dis onnodig dat so baie outjies moes dood gaan vir die veerkeerde redes,maar kom ons face dit,dit het niks beteken nie,wees kwaad,maar vir PW en sy pelle,want hulle het hulle vermoor….)
ek dink die storie sit die hele punt mis. ons elkeen het ons eie opinie, maar sal ek waag om te vra hoeveel van jul het gaan stem in die laaste verkiesings van 94'? kyk eks nog jonk, en ek weet nie veel van wat gebeur het in die ou SA nie maar ek het al stories gehoor wat my hart breuk. wit mense, swart mense ons is almal ewe en as almal net wil saam staan en ophou onosel wees kan ons 'n verskil maak. pleks daar eerder tyd en effort saam gesit word om die land as een te maak. ons wittes gaan af kak nes die swartes daai tyd het as dinge so aan gaan. daar gaan meer en meer moorde wees, en ons almal gaan daar onder lei. ek wens ons kon eerder pages maak wat almal sal saam trek, maar die kak daarvan is, dat jonger mense meer worry oor drugs, suip, sex ens, en dit maak die donerse lewe net kakker. ek weet, my verloofde was 'n drugie, en 'n dealer. jong mense van vandag moet rigting kry! eendag as ek besluit om kinders te kry, wil ek kan lewe. bungy jump, deep sea dive, fokken uit 'n vliegtyg uit spring sonder die worrie van al die misdaad en snert wat vandag net meer oorweldig raak. ek wens jul, meestal jong mense wat meer bekommer oor hoeveel vloekwoorde hul kan uit spreuk, en hoe meer bad ass die een as die ander kan wees. wake up call, enige iemand kan enige iets doen, vloek, sex hé, drugs gebruik, moord pleeg, maar eendag gaan almal hul moer af skrik as alles 3 keur erger terug kom na hul toe. ek blameer nie die ou SA nie, ook nie die nuwe SA nie. dit gaan oor elke enkele mens war sy eie keuses maak. tog as 20 000 besluit om die selfde besluit te maak en saam te staan, dan sal dinge begin verander. maar jul houding teenoor die hele storie is so "what ever", "who cares", besef tog net, ons gaan een van die dae, baie nader as wat jul dink, elke deur moet sluit, beurte maak om te slaap, probeer wapens besit om jouself te verdedig. een van die dae gaan elkeen REGTIG net vir homself moet staan. net omdat die minder wetendes, die minder geworied nie wou gaan stem nie. ek het al my vriende gevra, en net een vriend het saam gestem, die res het net reply, "wat gaan dit anyway 'n verskil maak". dankie vir die wat gaan stem het, en die wat nie het nie, dit is nou wanneer jy die minste kommentaar hoef te lewer oor wat vandag in die land gebeur!
Wie okal die site gestig het en die bo aan geskryf het, ek gee jou krediet vir jou moer goeie afrikaans, maar haat die feit dat jy so baie engels slang daar in bring. Ek fokken wens ekt jou talent besit. Jy kan jou indrikwekende afrikaans eerder gebruik en 'n site stig wat die mense bymekaar bring. SWART & WIT, GEKLEURDES, ens!!!
Jou spelling is verskriklik kak.
Jy het nie 'n fokkin idee nie, daai rooivalk waarvan jy so praat se knaters was vasgemaak aan die grond. Ek sweer daai prentjies was gephotoshop gewees. En die ou Suid Afrika was 'n bakgat plek, as jy 'n fokkin doos was.
I am looking for a old SOUTH AFRICAN flag please could anybody help me
You need a time machine and 1.21 gigwatts.
Annelize: My liewe fok dogtertie, het jy al ooit gehoor van paragrawe en hoofletters aan die begin van 'n sin?
Ek wou jou comment lees maar dis te poesmoeilik, net een lang fokken string karakters.
Fok julle klomp laaities, meeste van julle was nog in jul toppies se ballas in die tyd van die ou Suid Afrika julle het nie n idee wat daar gebeur het nie. As julle trots het in die wit Volk sal julle,jul vingers uit jul gatte trek en iets van julself maak en ophou die fout in ander soek!!!!!! Ons almal kry swaar en loop deer onder geweld en misdaad ongeag van ras. FOK JULIUS MALEMA, ET en al die FOKKEN NEGATIEWE NAAIERS in SA
Aan die lesers van watkykjy:
"It costs to be stupid. The stupider you are, the more it costs"
"Only two things are infinite, the universe and stupidity"
"The two most abundant things in the universe are Hydrogen and stupidity"
"We are all born ignorant, but one must work hard to remain stupid"
Nou wat moet ek verder se?
Niks nie, want jy sê eintlik fokol en jy is self ‘n leser van Watkykjy. Touché, poes.
ONS SAL LEWE ONS SAL STERWE……………………………………………………………………………………
MAAK OP JOU MIND .WATTER EEN IS DIT .
Nee fok, wie sal weet? Gaan vra vir CJ Langenhoven, hy het dit geskryf…
Is julle seker julle wil hierdie paadjie vat? Doodseker? Ek sal solank als wat geskryf is gaan copy vir die "paste"-slag. Dis pis teen die wind. Fit in of Fuck off. Maar moenie goeie zef – sommer 2 blaaie op n slag, maande aaneen op n uistaande, vooraanstaande burger soos Mr Malema mors nie. Die horlosie tik…DDD