ousa2

Ons sal lewe, ons sal sterwe… Fok die ou Suid-Afrika

In Snotstories deur Chopper Charlie99 Eiertjies

Dit het als begin toe Facebook nou die dag suggest dat ek ‘n fan word van “Die ou Suid-Afrika”, kort nadat hulle voorstel ek reconnect met iemand wat elke dag langs my by die werk sit. Gods.

Maar regtig Facebook, die ou Suid-Afrika? Are you being fucking serious? Want sien, daar’s ‘n fan page vir die ou Suid-Afrika op Facebook en hy’t toe al op about 30,000 mense gestaan. As logo het die page die ou Suid-Afrikaanse vlag, daai pragtige old-school design met die mitiese Boererepublieke se vlae tussen oranje, blanje blou. Wat anders? ousa2 Die ou Suid-Afrika. Daai fokken aaklige tyd voor ’94 wat bles Afrikaner omies in tos suits die land probeer run het, die poes tyd toe wit laities moes kak in die army vir fokkol, toe ons in skole moes bangwees vir kak soos kleefmyne eerder as score by Engelse meisies, toe fokken niemand oorsee iets met ons uit te waai wou hê nie. What’s not to like?

Interessant van die stuk hondkak page is dat heelwat van die “fans” in hulle prille jeug is. Boetman was nog nie eers ‘n steuring in Pa se prostaat destyds nie, maar hy skiem die ou Suid-Afrika is net die piel vir Sannie – maar blanke Sannie hoor, nie die ene wat die kinders oppas nie. Dis Sanna.

Ja-nee, ons wil teruggaan in tyd na waarskuwings oor die fokken allervreeslike Rooi Gevaar, die fokken Kommuniste wat al ons brood uit die winkels gaan vat en die Christelike geloof gaan drop-kick oor die Limpopo. Na waarskuwings oor die nog erger Swart Gevaar, die “swartes” wat niks so baie like as om wittes in ‘n pot te kook nie. Onthou jy necklaces? Jip, ou Suid-Afrika se waaib tjom. Sit hom aan.

ousa3 Obviously onderskat meeste mense die thrill daarvan om in ‘n polisiestaat te bly. Dit is obviously opwindend om swaargelaaide Caspirs op die suburbs strate te sien, niks maak die hart so warm soos die dowwe knal van ‘n traangas pellet nie, en pragfoto’s van die Rooivalk en Buffel wat op pad is om (swart) terr’s te gaan opblaas in Angola gee alle volwasse (wit) mans horings.

(Natuurlik het die ou Facebook fan page se galery ook heelwat petrette van die Rooivalk en ander militêre wapentuie. Goue herinneringe van ‘n mooi tyd…)

Ek suspect baie van die mense is nie so erg fans van die ou Suid-Afrika as wat hulle net nie fans van swart mense is nie. Plein en simpel, kom ons noem ‘n poes ‘n poes hierso. Hulle verkies om ‘n ekstra enamel bord en gechipte koppie onder die sink te hou vir die ‘staff’. Watwou swart president?

Als was mos beter toe die wittes die land regeer het. Mos. Ons kon nie Kodak kamera’s koop of aan die Tri-Nations deelneem of op ‘n plaaspad ry of ekonomies groei of enige so iets nie, maar fok, wat is progress anyway? Over-rated mos. Kom ons kruip eerder terug agter ons R4 gewere en PW se dreigende wysvinger en die Rooivalk (altyd die Rooivalk). Kom ons trek die ou Suid-Afrika duvet oor ons koppe dan kan die wêreld (en die swartes) nie meer lelik wees met ons nie.

ousa7 (Nota aan self – besigheidsidee: Produseer en verkoop duvets wat lyk soos die vlag van ou Suid-Afrika. Verkoop by AWB vergaderings, op ou Suid-Afrika Facebook fan page, expat websites en Dis-Chem apteke in wit suburbs.)

Net voor ek gaan, ‘n newsflash vir die fans van die ou Suid-Afrika, daai poestyd in ons geskiedenis wat sommige historici vergelyk met gebeurtenisse in facisme en nazisme (Nice! International recognition). Die ou Suid-Afrika is exactly dit. Oud. Klaar. Verby. Finish. Fin. Dis tyd om op te staan, jou boude af te vee en die ketting te trek. Hy kom nie terug nie. Nooit nie. Fokken vergeet dit, beweeg aan. Dis 2010. Kom by.

Ek sê nie die huidige Suid-Afrika is eksie perfeksie nie. No ways china. Ons het nou ‘n spul ander kak wat verkeerd gaan. Misdaad, Zuma, Malema, VIGS, Eskom, die Lions, Dirk Prinsloo, Nicholis Louw – maar dis ‘n fuckload beter as die ou Suid-Afrika. Geniet hom.

ousa6 Jy’s ‘n doos as jy wil teruggaan na ‘n tyd waar ‘n paar wittes wil baasspeel oor die res. ‘n Onrealistiese doos. ‘n Fan van die ou Suid-Afrika. Ek stel voor jy koop ‘n one-way ticket to Orania en kry vir jou ‘n bier op pad uit. ‘n Yskoue Zama-Lek quart want dis kak warm daar. O ja, en mail my vir ‘n duvet.

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieOns sal lewe, ons sal sterwe… Fok die ou Suid-Afrika

    Comments

    1. Christo Brandbruggies

      Fuckit Charlie, 50 comments, jy kan 'n movement begin hierso.. Jy't net vergeet om die mense te waarsku teen Uhuru, julle moet julle fokken baked beans opstock mense, en onthou die Spar in Heilbron is 'n safe spot..

    2. Klaas

      Malema se breitling is n fake die cheap kont! Gan kyk ma daai watch van hom is nie in enige v.d breitling catalogues! As for the article! Die land is redelik gefok in die long run! Get out while you can or enjoy it while it lasts 😉

    3. AliceInWonderland

      Naais, goed geskryf.
      Alles wat jy skryf oor die Ou SA is waar.  Ek wil dit ook nooit weer beleef nie.  William Burroughs se take op reality in Naked Lunch was niks in vergelyking met daily life in die Ou SA nie.
      Wat my huidiglik uit-freak is dat ek in die Ou SA name genoem is soos kommunis, satanis, hoer, k**ferboetie etc – gewoon omdat ek geglo het in goed soos vryheid en gelykheid, en nou die dag is ek op die Black People Network uitgekak as 'n "white supremacist" omdat ek glo in dinge soos vryheid en gelykheid  en so aan (vir almal).  Ek was nogal geskok.
      Ek raak hartseer as ek dink aan al die hoop wat mense voor 1994 gehad het vir die Nuwe SA.  Ek weet dis complicated, maar daar's (nog steeds) net te veel bloed en korrupsie en onnodige suffering all over the place.

    4. polkadot

      Ou dooie koeie hoort reg daar: in die sloot. Dis nie 'n goeie idee te probeer terug gaan na die slegte ou dae nie. In eerlikheid moet ek ook sê dat ek kan verstaan hoekom jong witmense kwaad word en terug na die slegte ou dae.
      Ek het nou die dag vir 'n oorseese studiebeurs by my bank aansoek gedoen. Hulle vertel my toe skaamteloos, in my gesig, dat ek nie die regte kleur is nie. As hulle dit probeer verdoesel het in polities korrekte taal sou ek dit aanvaar het maar om dit so in my gesig te sê?!
      Dit voel asof ons gestraf word vir die goed wat ons ouers en grootouers gedoen het, ongelukkig wakker dit rassehaat aan en hunker mense terug na die ou dae.
      Ek sal bly wees as die dae kom as wit- en swartmense oor dieselfde mes geskeer word en as "regstellende aksie" nie as 'n wapen gebruik word deur die ouens wat wil wraak neem nie.

      In tussen is ek 'n Suidafrikaner (met geen moontlikheid tot EU paspoortnie), kan nêrens heen "vlug" nie en moet maar die beste probeer maak van die situasie waarin ek myself bevind. Is dit maar nie die beste geweer vir ons ALMAL nie?

    5. morne brink

      Reg ja –Die ou suid afrika is verby…so hoekom so lang bank nai oor dit skryf–hoekom skryf jy nie eerder oor die fokken probleme wat ons vandag het nie,Eks bly die ou era is verby—eks net nie bly oor waar ons fokken nou is nie,En japies soos jy help net mooi fokkol om die klem op die ou dae te hou —dis nie n probleem meer nie word fokken wakker en gebruik jou talente om mense se probleme van vandag aan te spreek..
      Fok  apartheid is verby,die bles poese is weg,Nou sit ons met fokken tikkoppe wat politician wil speel.

    6. Nick

      Jy weet, ek wens ek 'n bietjie beter in klas geluister het hoe om Afrikaans te praat/ skryf. Ek weet nie eers waar om poes of fokken te insit?  Ek dink ek het daai les misgeloop.
      Hierdie soord website en Die antwoord make my voel asof ek my Afrikaans heritage moet herken.  Ek is nou 5 maand in Nigeria en ek verlang na die wonderlike vloekwoorde wat ek in hierdie blog lees.
      Ek is engelsspreekend maar hou darem baie van die mooi taal.
      Dankie watkykjy, julle rock

       

    7. Rotti

      Die is kwai. Lekker om te lees.
      O ja, <b>Richard</b> "As jy weer met jouself speel en kom, kom net fokken by." – watkykjy
      wees wys.
       

    8. Ballas

      JA morne ons het te veel kak op ons plate vandag, nevermind al gister se kak. Maar daar is nog te veel mense wat vasklou aan die fokken 'glorie' van die ou Suid-Afrika. En totdat hulle nie besef dat dit eintlik 'n fokken kak tyd vir almal was nie en dat dit vir altyd verby is kan daar nie progress wees nie en sal ons vriend Nelson se rainbow nation 'n miete bly.

    9. TheNacK

      Eerstens, die grootste man is nie die een wat die meeste kere poes in sy sinne kan inkry nie, dit is al gedoen, wees 'n bietjie meer postmodern toe man mense. Julle klink soos 'n klom laaities wat piele meet….
       
      Elkgeval, die ou suid afrika het awesome goed gedoen, nie een van julle het daai goed help bou nie. Ons pa's was briljiant met paaie en brue en rooivalke en kernkrag en kernbomme en myne ens. ons geslag het nog maar min wereldklas opgelewer of hoe? So ja, PW was net so korup met teerpaaie op sy wildsplaas ens. , maar daar het baie goeie goed uit gekom. Aan die ander kant was daar baie mooi geindoktrineer om die donners so hart te laat werk en bakly. Daar was ook 'n moerse klomp ander sinnelose stront en natuurlik, dit was nie baie mooi regverdig uitgedeel nie.
       
      Nou het ons ander probleme, dis ons tyd om te shine en briliant te wees, en as jy onder 35 is en jy behoort aand die ou-suid afrika facebook page betekn dit jy is te veel van 'n loser om te cope as daar kompetisie is. Wees beter as dit anders sou jy in elkgeval in die ou sa ook maar net 'n commin moer gewees het, jy sou net gedink het jy is nie, dis al wat nou anders is.
       
      AS jy ouer as 35 is, ja OK, gaan deel jou fotos en geniet die stories oor die ou dae, daar was great goed, ten minste was jy daar en het jy help bou. Moet net nie te veel moun nie, kak is kak, toe se kak en nou se kak stink altwee.

    10. JC

      Well said Chopper Charlie… people quick to ask for Old South Africa back but do they all remember the K@K and yes, it was really not that great, they just dont like blacks and think it was the solution. Why would anybody want to go back and make a few grey and bold old toppies rich, and yes, even after apartheid gone they still rich and the rest K@K off big style

    11. Jagter

      Ek sien die ding het nou groot geraak. Dis selfs op news24.  Ek het bietjie gaan rondkrap op die FB group.
      Dis skokkend om te sien hoeveel fucknuts daarbuite is. TheKnack het 'n punt beet, dis meestal (amper altyd) 'n klomp losers wat hunker na die ou dae.  Gewoonlik 'n doos met 'n pens en net matriek wat nou iemand soek om te blameer vir die feit dat hy sukkel om dit te cut in die moderne wereld.
      Newsflash Doos: jy sukkel want jy is 'n fokken loser, dit het niks met die regering uit te waai nie. So what is daar regstellende aksie is, begin jou eie besigheid of leer 'n fokken skill of iets. Of is jy bang dit interfere met jou braai en brannewyn drink tyd (Not that there is anything wrong with that)
       

    12. Staaldak

      @ JAGER Newsflash drol , weet jy ek is een van daai ouens met net matriek , en nee ek fokken bly nie eers in SA nie , ek is van Namibia , en nee ek hoef nie brandewyn en coke te drink nie ……omdat ek fokken suksesvol is met net matriek , ek drink Johny walker black label ek ry n ordentlike kar , ek kry julle jammer daar in SA wat deur julle regering verfok word en ek verstaan dat mense terug hunker na die ou dae ……maar as jy die beeld al gelees het sal jysien dat hulle nie apartheid wil terug he nie , nee hulle wil net weer dinge positief sien gebeur en dat julle land nie in die afgrond in donner nie .

    13. griffin

      Baie geluk. Julius Malema drink ook Johnny Walker Black Label.

    14. Staaldak

      Teminste het hy darem een ding reg gedoen , hy koop die regte whisky

    15. Staaldak

      fok , waneer gaan julle vir n slag iets anders hier sit om te lees

    16. griffin

      Waar? In die comments in hierdie post? Daar is meer as 10 jaar se kak om te lees op Watkykjy. Miskien weet jy net nie hoe die intwerweb werk nie.

    17. Farticus J

      Tjopper , ek hoop jy moer neer ! Watse kak raak jy nou kwyt en hoe oud is jy jou vuil bek bliksem dat jy PW en sy maters so swart smeer en vir almal vertel hoe tos dit was ? As jy noe ouer as 40 is nie weet jy fokolvan Caspirs af en nee hulle is nie verniet vermink nie en nee hulle het nie verniet gesterf nie. Nou het jy 'n moerse goeie skolastiese opleiding in V town ontvang want hulle het vir jou tyd gekoop . Hou jou snaaks en praat kak en gee Malema stront maar moet nie kak praat oor goed waarvan jy fokkol weet nie .
       
      Lekka dag tjomma , jou site bly moer snaaks !

    18. griffin

      Jirre ou, selfs ek kan beter spel as jy, like 4am wyl ek poesdronk is.

    19. Rick

      Aan almal wat so kla… Onthou net hierdie mag dalk die "good old days" wees oor 'n paar jaar.

      Ek stem saam get out while you can or enjoy it while it lasts

    20. New South efrican(ja

      Fokkit,wie wil terug gaan???Ek is jammer ,maar ek like om te kan doen wat ek wil sonder die kerk en die regeing se toestemming,fok die Oud Suid Afrika en al die dom konte wat wil terug gaan,ek laaik van die nuwe suid afrika,met al sy kak ingesluit en die poese wat die land verlaat is net dit,faders,as jy nie deel is van die oplossing nie,dan is jy deel van die probleem….Fok julle awb poese en jul ma se poese!

    21. New South efrican(ja

      FOK almal wat dink hulle het dinge reg gedoen in die verlede,watse "CAUSE" was/is dit om vir Apaprtheid te veg??WTF???Word groot,regtig,ek stem saam Chopper,dis nie maklik nie deesdae,maar dis way beter as die kak van die verlede,mense wat goed voel oor die verlede moet liewers fokkof,jy kan n verskil maak sonder om n dom ignorant poes te wees….DIE verlede is sleg,apartheid was sleg,en niks of niemand kan dit verander nie(ja dis onnodig dat so baie outjies moes dood gaan vir die veerkeerde redes,maar kom ons face dit,dit het niks beteken nie,wees kwaad,maar vir PW en sy pelle,want hulle het hulle vermoor….)

    22. annelize

      ek dink die storie sit die hele punt mis. ons elkeen het ons eie opinie, maar sal ek waag om te vra hoeveel van jul het gaan stem in die laaste verkiesings van 94'? kyk eks nog jonk, en ek weet nie veel van wat gebeur het in die ou SA nie maar ek het al stories gehoor wat my hart breuk. wit mense, swart mense ons is almal ewe en as almal net wil saam staan en ophou onosel wees kan ons 'n verskil maak. pleks daar eerder tyd en effort saam gesit word om die land as een te maak. ons wittes gaan af kak nes die swartes daai tyd het as dinge so aan gaan. daar gaan meer en meer moorde wees, en ons almal gaan daar onder lei. ek wens ons kon eerder pages maak wat almal sal saam trek, maar die kak daarvan is, dat jonger mense meer worry oor drugs, suip, sex ens, en dit maak die donerse lewe net kakker. ek weet, my verloofde was 'n drugie, en 'n dealer. jong mense van vandag moet rigting kry! eendag as ek besluit om kinders te kry, wil ek kan lewe. bungy jump, deep sea dive, fokken uit 'n vliegtyg uit spring sonder die worrie van al die misdaad en snert wat vandag net meer oorweldig raak. ek wens jul, meestal jong mense wat meer bekommer oor hoeveel vloekwoorde hul kan uit spreuk, en hoe meer bad ass die een as die ander kan wees. wake up call, enige iemand kan enige iets doen, vloek, sex hé, drugs gebruik, moord pleeg, maar eendag gaan almal hul moer af skrik as alles 3 keur erger terug kom na hul toe. ek blameer nie die ou SA nie, ook nie die nuwe SA nie. dit gaan oor elke enkele mens war sy eie keuses maak. tog as 20 000 besluit om die selfde besluit te maak en saam te staan, dan sal dinge begin verander. maar jul houding teenoor die hele storie is so "what ever", "who cares", besef tog net, ons gaan een van die dae, baie nader as wat jul dink, elke deur moet sluit, beurte maak om te slaap, probeer wapens besit om jouself te verdedig. een van die dae gaan elkeen REGTIG net vir homself moet staan. net omdat die minder wetendes, die minder geworied nie wou gaan stem nie. ek het al my vriende gevra, en net een vriend het saam gestem, die res het net reply, "wat gaan dit anyway 'n verskil maak". dankie vir die wat gaan stem het, en die wat nie het nie, dit is nou wanneer jy die minste kommentaar hoef te lewer oor wat vandag in die land gebeur!
      Wie okal die site gestig het en die bo aan geskryf het, ek gee jou krediet vir jou moer goeie afrikaans, maar haat die feit dat jy so baie engels slang daar in bring. Ek fokken wens ekt jou talent besit. Jy kan jou indrikwekende afrikaans eerder gebruik en 'n site stig wat die mense bymekaar bring. SWART & WIT, GEKLEURDES, ens!!!

    23. Thewhip526

      Jy het nie 'n fokkin idee nie, daai rooivalk waarvan jy so praat se knaters was vasgemaak aan die grond. Ek sweer daai prentjies was gephotoshop gewees. En die ou Suid Afrika was 'n bakgat plek, as jy 'n fokkin doos was.

    24. Willem

      I am looking for a old SOUTH AFRICAN flag please could anybody help me

    25. jagter

      Annelize: My liewe fok dogtertie, het jy al ooit gehoor van paragrawe en  hoofletters aan die begin van 'n sin?

      Ek wou jou comment lees maar dis te poesmoeilik, net een lang fokken string karakters.

    26. Werner Kinnear

      Fok julle klomp laaities, meeste van julle was nog in jul  toppies se ballas  in die tyd van die ou Suid Afrika julle het nie n idee wat daar gebeur het nie. As julle trots het in die wit Volk sal julle,jul vingers uit jul gatte trek en iets van julself maak en ophou die fout  in ander soek!!!!!!  Ons almal kry swaar en loop deer onder geweld en misdaad ongeag van ras. FOK JULIUS MALEMA, ET en al die FOKKEN NEGATIEWE NAAIERS in SA

    27. Louis Marais

      Aan die lesers van watkykjy:
       
      "It costs to be stupid. The stupider you are, the more it costs"
      "Only two things are infinite, the universe and stupidity"
      "The two most abundant things in the universe are Hydrogen and stupidity"
      "We are all born ignorant, but one must work hard to remain stupid"
      Nou wat moet ek verder se?

    28. griffin

      Niks nie, want jy sê eintlik fokol en jy is self ‘n leser van Watkykjy. Touché, poes.

    29. HERMAN COMBRINCK

      ONS SAL LEWE ONS SAL STERWE……………………………………………………………………………………
      MAAK OP JOU MIND .WATTER EEN IS DIT .

    30. Prof. Bokdrol

      Nee fok, wie sal weet? Gaan vra vir CJ Langenhoven, hy het dit geskryf…

    31. Dirk Diggler Diktros

      Is julle seker julle wil hierdie paadjie vat?  Doodseker?  Ek sal solank als wat geskryf is gaan copy vir die "paste"-slag.  Dis pis teen die wind.  Fit in of Fuck off.  Maar moenie goeie zef – sommer 2 blaaie op n slag, maande aaneen op n uistaande, vooraanstaande burger soos Mr Malema mors nie. Die horlosie tik…DDD

    32. Johan

      Ek kom nou toevallig, terwyl ek met my eie k@k sit, op die site af. Terwyl ek nou al die bo-genoemde kommen-tare lees, kom ek agter dat ek nie die enigste een is wat elke dag 'n stukkie bollie moet eet nie! Dit lyk vir my 'n hoop mense het "issues" en soek dit op sulke sites! Ek het my eie persoonlike probleem met die donner wat ons land regeer en elke doooos met geld, wat my wil hof toe sleep oor sy eie ghaak! Hmmm, ek het gedink ek is die enigste een in die verk@kte land wat sukkel om te oorleef, terwyl vele dooose ons probeer ompraat dat dit in daai land beter is!  Hmmm, selfmoord met 'n persoonlike message van verduideliking aan die hoogste is nou seker die beste oplossing! Nou ek darm gatvol vir RSG en 7 de Laan!

    33. Monica

      Die taalgebruik, vieslike kommentaar en negatiewe houdings op die webblad is skokkend en gee Afrikaners en ons taal Afrikaans 'n slegte naam! Dit is regtig nie nodig om sukkel lelike woorde te gebruik nie, die woordeboek is gevul met beskrywende terme . Al wat jul doen op die webblad is om mekaar negatief op te sweep en dis onnodig!
      Verander jul gesindhede en leef met eerbied, nederigheid en geloof in liefde vir mede mense!

    34. Prof. Bokdrol

      Monica, mag ek wel aan jou hoogdrawende self uitwys dat (a) "Webblad" met 'n hoofletter "W" gespel word asook dat (b) jy die komma na "skokkend" vergeet het, verder dat (c) daar 'n oorbodige spasie is tussen "terme" en die volpunt, en dan ten laastens dat (d) jou "medemense" oor die algemeen redelik de fok in gaan wees omdat jy die woord verkeerdelik in twee gedeel het. O en so terloops, dis Afferkaanssprekendes wat die term "jou ma se poes" uitgedink het…sovêr ek weet is daar nie 'n gelyke term in die Oxford Dictionary nie.

    35. Klipkyker

      Liewe Monica,
      Stuur eerder vir ons 'n mooi foto van jou borste, sekerlik sal ons almal dan kalmeer en ten minste iets positief hê om oor te gesels.
      Groete, liefde en vrede vir julle almal.

    36. Prof. Bokdrol

      Klipkyker, ek is ook maar fokken stupid – jy's heeltemal reg, vir al wat ons weet het Monica 'n awesome paar tiete – alhoewel, somehow dink ek ons het reeds ons kanse verspeel om hulle ooit gade te slaan.

    37. herman huisamen

      prof bokdrol as daar een poes in die verhaal is is dit jy

    38. Domdrol

      Hmm, ek was al in baie Afrika lande. EU, US, ASIË, midde ooste etc. Maar funny, dra die kruis, broer. Jy weet mos, alles van die ou dae was kak. Die Nats, die racists etc. Jy moet bietjie travel bra, op lees en navors. Jy sit voor ‘n rekenaar en spiegel die mense wat mis, lekker man, lekker. Jou ma en Pa en die voorreg tot ‘n opvoeding is deur die omies van daardie dae bevestig. Dink jy mis dalk die groter prentjie so effens. Apartheid is wel lewend en gesond. ‘n Afghan kan nie states toe trek vir ‘n beter lewe en geleenthede nie want hy het die verkeerde pasboekie… Aka, passport. As hy en almal kon so die sisteme in mekaar moer onder die druk. Jy my bra is ‘n landlose etter in die nuwe Suid Afrika, jou taal en kultuur is nie deel van die nuwe ecosystem nie. Niemand sien jou blank as deel van Afrika nie, alles wat jy is en bereik sal altyd beskou word as gesteelde goedere, maar bly glo. Jou kinders sal as uitlanders en oppressors jou kruis dra. Regverdig, nee, maar iemand moet mos die kruis dra vir vooruitgang. ‘n European BMW, American Jean en Japanese kos maar ja bra, die tokkelossie kom jou geld steel, bel gou ‘n toordokter om jou te beskerm by die myn en vat terug wat die wit man van jou gesteel het.

    39. Lizl

      Idiote , ek hoef net na die taal gebruik te kyk om te kan sien jy het geen idee waarvan jy praat nie. Jammer dat ordentlike onderwys en lyfstraf saam met die ou SA verdwyn het. Siestog , jy is seker vreeslik bly dat jy nie verpligte diensplig hoef te doen of dalk opgeroep kan word vir kommando nie. Sal mamma se ou seuntjie darem vreeslik snot snuif.

    40. Whiteboy2016

      Nou Ja, hier is ons in 2016 en nader aan n resessie as ooit, iets wat ons wel nie gesien het nie is die droogte… Nou ja, dit is ook seker apartheid se skuld?
      Wat nou vir n wit man in Suid Afrika? Dit raak net elke jaar meer gevaarlik vir ons. Ook om te lewe met die vooruitsigte dat als van ons af weg geneem kan word as die objektief van die bestaande regering? Ons het bitter min regte as wit mense.
      En ja, hulle het ook geen regte gehad nie maar dit het niks met my tedoen nie.

      Gelukkig kan sommige van ons aan die gang bly. Maar wat van kinders wat nou gebore word? Hoe gaan dit wees oor 20 jaar? Die Vader se dat on ons nie moet bekommer oor die dag van more nie. Ons moet ons self berus, nie dat hulle ons sielle versondig deur woede en haat nie. Dit is seker die enigste uitweg. Vind iets om aan te glo, wees posetief en glo in God.

      Kyk Noord…

    41. griffin

      So met ander woorde: Kyk Noord en fok voort. En glo in God?

    42. Carel

      Ja julle klomp fokkers wat nie in 2010 so moer slim was! Waar sit julle. sukkel julle met werk, is julle positief oor die nuwe Suid Africa ? Is die ou Suid Africa so kak gewees. Nou is wit en swart almal in hulle moere behalwe vir paar wat bo sit en alles beheer.
      Ek wil nie se alles was goed en daar was nie baie verkeerd nie, want daar was, maar die algemene lewe van wit en swart is nou baie kakker as wat die was.
      Wat het al die vryheid wat die wereld aan ons gegee het deur om die sanksies te lig na ’94 ons gehelp as ons so rondfok laat die grootste lande ter wereld nie meer met ons wil werk nie. Julle almal en ek word nou wereldwyd geklassifiseer as “useless” saam met die res van ons land wat so agteruit gaan laat ons ekonomie wil tuimel. Uitvoere…? Gefok! wat beteken dit vir ons as mense van die land, wit en swart laat ons sanksies gelig is ? ons voer nou meer in as wat ons uitvoer, baie meer.
      Ons het geen leierskap in die party wat ons land bevry het nie, hulle gee al ons land se geld weg en voer 1ste wereld land se mense in om die werk te doen omdat ons te sleg is. Die mense wat wel kan word heel agter in die ry geplaas en waneer hulle voor in die ry ry kom word hulle vertel :(soos jy dink jy dit so mooi gestel het omdat jy nie eers jou eie taal kan respekteer nie) POES OFF.
      Haat jy jou eie mense of het jy gedink dit gaan goed wees vir jou land? Is dit nog jou land of het jy al lankal gaan soek vir groener wyvelde ?
      Dink asb aan wat jy kwyt raak en die gevolge daarvan. Gaan jy weer ANC stem die jaar want jy was sekerlik nie aan die NP se kant nie wat beteken jy sal ook nie vir die DA stem nie. Stem jy?
      Help jy enigsins die land of staak jy saam met die studente of cosatu omdat almal om jou onregverdig is?
      Jy kan n storie mooi vertel maar dit is al wat jy werd is.
      En aan almall wat so mooi by skryf oor hoe oulik sy storie is en hoe mooi hy vloek in afrikaans, fok julle almal. Kry rugraat en staan op vir wat julle dink reg is. Kyk na julle idiootiese opmerkings 6 jaar terug en kyk of julle enigsens groot geraak het na dit en die ware wereld betree het en die werklikheid besef het.
      Hoe moes julle toe geweet het waarheen ons oppad was met land? mag julle vra. Julle kon nie want as ek so deur lees is dit baie duidelik laat julle nie deur julle eie dredlocks kan kyk verby julle eie neuse nie.

      Groete

    Gooi Comment