Ons sal lewe, ons sal sterwe… Fok die ou Suid-Afrika

In Snotstories deur Chopper Charlie101 Eiertjies

Dit het als begin toe Facebook nou die dag suggest dat ek ‘n fan word van “Die ou Suid-Afrika”, kort nadat hulle voorstel ek reconnect met iemand wat elke dag langs my by die werk sit. Gods.

Maar regtig Facebook, die ou Suid-Afrika? Are you being fucking serious? Want sien, daar’s ‘n fan page vir die ou Suid-Afrika op Facebook en hy’t toe al op about 30,000 mense gestaan. As logo het die page die ou Suid-Afrikaanse vlag, daai pragtige old-school design met die mitiese Boererepublieke se vlae tussen oranje, blanje blou. Wat anders? ousa2 Die ou Suid-Afrika. Daai fokken aaklige tyd voor ’94 wat bles Afrikaner omies in tos suits die land probeer run het, die poes tyd toe wit laities moes kak in die army vir fokkol, toe ons in skole moes bangwees vir kak soos kleefmyne eerder as score by Engelse meisies, toe fokken niemand oorsee iets met ons uit te waai wou hê nie. What’s not to like?

Interessant van die stuk hondkak page is dat heelwat van die “fans” in hulle prille jeug is. Boetman was nog nie eers ‘n steuring in Pa se prostaat destyds nie, maar hy skiem die ou Suid-Afrika is net die piel vir Sannie – maar blanke Sannie hoor, nie die ene wat die kinders oppas nie. Dis Sanna.

Ja-nee, ons wil teruggaan in tyd na waarskuwings oor die fokken allervreeslike Rooi Gevaar, die fokken Kommuniste wat al ons brood uit die winkels gaan vat en die Christelike geloof gaan drop-kick oor die Limpopo. Na waarskuwings oor die nog erger Swart Gevaar, die “swartes” wat niks so baie like as om wittes in ‘n pot te kook nie. Onthou jy necklaces? Jip, ou Suid-Afrika se waaib tjom. Sit hom aan.

ousa3 Obviously onderskat meeste mense die thrill daarvan om in ‘n polisiestaat te bly. Dit is obviously opwindend om swaargelaaide Caspirs op die suburbs strate te sien, niks maak die hart so warm soos die dowwe knal van ‘n traangas pellet nie, en pragfoto’s van die Rooivalk en Buffel wat op pad is om (swart) terr’s te gaan opblaas in Angola gee alle volwasse (wit) mans horings.

(Natuurlik het die ou Facebook fan page se galery ook heelwat petrette van die Rooivalk en ander militêre wapentuie. Goue herinneringe van ‘n mooi tyd…)

Ek suspect baie van die mense is nie so erg fans van die ou Suid-Afrika as wat hulle net nie fans van swart mense is nie. Plein en simpel, kom ons noem ‘n poes ‘n poes hierso. Hulle verkies om ‘n ekstra enamel bord en gechipte koppie onder die sink te hou vir die ‘staff’. Watwou swart president?

Als was mos beter toe die wittes die land regeer het. Mos. Ons kon nie Kodak kamera’s koop of aan die Tri-Nations deelneem of op ‘n plaaspad ry of ekonomies groei of enige so iets nie, maar fok, wat is progress anyway? Over-rated mos. Kom ons kruip eerder terug agter ons R4 gewere en PW se dreigende wysvinger en die Rooivalk (altyd die Rooivalk). Kom ons trek die ou Suid-Afrika duvet oor ons koppe dan kan die wêreld (en die swartes) nie meer lelik wees met ons nie.

ousa7 (Nota aan self – besigheidsidee: Produseer en verkoop duvets wat lyk soos die vlag van ou Suid-Afrika. Verkoop by AWB vergaderings, op ou Suid-Afrika Facebook fan page, expat websites en Dis-Chem apteke in wit suburbs.)

Net voor ek gaan, ‘n newsflash vir die fans van die ou Suid-Afrika, daai poestyd in ons geskiedenis wat sommige historici vergelyk met gebeurtenisse in facisme en nazisme (Nice! International recognition). Die ou Suid-Afrika is exactly dit. Oud. Klaar. Verby. Finish. Fin. Dis tyd om op te staan, jou boude af te vee en die ketting te trek. Hy kom nie terug nie. Nooit nie. Fokken vergeet dit, beweeg aan. Dis 2010. Kom by.

Ek sê nie die huidige Suid-Afrika is eksie perfeksie nie. No ways china. Ons het nou ‘n spul ander kak wat verkeerd gaan. Misdaad, Zuma, Malema, VIGS, Eskom, die Lions, Dirk Prinsloo, Nicholis Louw – maar dis ‘n fuckload beter as die ou Suid-Afrika. Geniet hom.

ousa6 Jy’s ‘n doos as jy wil teruggaan na ‘n tyd waar ‘n paar wittes wil baasspeel oor die res. ‘n Onrealistiese doos. ‘n Fan van die ou Suid-Afrika. Ek stel voor jy koop ‘n one-way ticket to Orania en kry vir jou ‘n bier op pad uit. ‘n Yskoue Zama-Lek quart want dis kak warm daar. O ja, en mail my vir ‘n duvet.

Chopper CharlieOns sal lewe, ons sal sterwe… Fok die ou Suid-Afrika

Comments

  1. Solobaas

    Fokken genius pappa.
     
    Hierdie boknaai van ons ouer broers wat Pik se fokken olie droom (ja, dit was oor olie en ja, dit klink fokken presies soos wat aangaan in Bush-wereld) moes gaan agtervolg in Angola was die grootste klomp kak ooit.
    Net soos enige ander Afrikaanse storie toe, het daai ou etters alles toegesmeer – met n dik laag vol-vet botter.
    Alles is nie honderd bedonnerd deesdae nie (soos wat jy tereg hierbo gese het), maar my goeie God ouens, die NG Kerk is besig om sy gat te sien, Stellenbosch wil nie meer Afrikaans praat nie en selfs die fokken WP is nou vreeslike souterig.
     
    Kom by. Orania is te fokken warm vir enige iemand om in te bly.

  2. Kom op parade!

    Ja, ons moes fokken voete stam vir daai dose met die bol hoedens en kak suits.Die permanent force ouens was in elk geval ouens wat matriek gedop het en het maar gegaan vir die twee strepe oppie skouers en 'n fokken snor oppie bo-lip.So ek stem saam, fok die Ou Suid Afrika.Dis was die tye waar die swart gevaar, die rooi gevaar in ons kele afgedruk is te same met daai Rodney Seal outjie en sy bliksemse geagteruitgespeelde plate.

  3. Adder

    Die Rooivalk – altyd die fokken Rooivalk.
    Hulle het een gebou, en nooit eers geld gekry om die tweede (klaargeboude) een te assemble nie. Hoekom? Niemand wou die fokken ding koop nie!
    So – moerse nice. Ons het die duurste merry-go-round-ride in die heelal gebou met ou Suid-Afrika belastinggeld (en 'n moerse klomp ou universiteitsproffies in die proses besig gehou)
    Nice post – my sentiments exactly. Wie wil nou hê die wil van die "Generiese Oom met die Ligblou Windbreaker" moet geskied? Fok tog.

  4. Grensvegter

    Charlie, well said my blaar.
    En dit kom van een van die ouens wat op daai grens vir fokkol geveg het. Ons Afrikaners was gebullshit van die begin tot die einde deur die bleskop omies wat gesuip geraak het om die kampvuur op die grens en bruin/swart hoere gespyker het in Kaapstad se strate. Daai fokkers het ons jeug gesteel terwyl hul ook ons land se geld gesteel het.
    En ons ouers het al die kak geglo. Ek ook, vir n ruk. Tot ek verstand gekry het op universiteit.

  5. Vriend

    Jy weet daai embaressment wanneer jou ouers jou reg voor die skoolhek afgelaai het met die Kombi wat jou suster 5 maande terug in sy poes in gestamp het en pa was te eerlik en wil nie eis by die versekering omdat dit bedrog is om te se jy het bestuur as dit inderdaad jou dogter was met 'n learners en hulle moet so lank spaar om hom self te fix en dan beskuldig hulle jou nog bonop by die huis dat jy skaam kry vir hulle en jy lieg en se issie, jy doen nie?
    Ek het 12jaar gelede so embarresment gevoel, ek het gelukkig alle vriende gedistansieer wie nog ideale koester van die verlede, ek het nie rerig nie, ek educate hulle soos wat jy hier doen, net meer persoonlik en ook one time straight, ek hou van hierdie gemaklike Zef manier van skryf en lees, ek wens hulle het die teoretiese van kursesse so geskryf, jy weet? 

  6. skipper

    dink net – jy sou heel moontlik teen die tyd al jou pas as 'n chip in jou nek kon dra. 

  7. KosieKartoolsie

    Chopper jou dom duur die kak poes.Trek n bees poes oor jou kop en gaan staan in die bulkamp dat jy verstand kan in genaai word asseblief.
    As enige een van die wat kak kommentaar wil lewer net kan wakker skrik en dalk die Tik-pyp wil los, dan sal julle dalk nie julle ignorance so ooglopend staan en verkondig nie.
    Gelukkig is nie al die mense in die land fokken gevul met apathy en n verdwaalde sin van reg en verkeerd nie. Julle wonderlike president en sy(julle) comrades gee mos net fokkol om nie. Terwyl daar nog is sal ons mos vreet en suip. Fok more.
    Minder was verkeerd toe PW nog sy vinger geswaai het Chopper. Maar om agter die waarheid te kom en nie net die propaganda te verslint wat skaamteloos in jou bek af geforseer word nie is te veel vir jou Chopper en maatjies.

    Enige iets wat die ou Natte gedoen het  was en is beter as wat Mandela en sy werfetter pelle dedoen het. Van af die verkragtings-kampe tot die wreede moorde op onskuldige mense.
    Ons het n nuttelose oorlog gebaklei, want toe die wereld ons nie meer nodig gehad het nie toe draai hulle hulle rue op ons. Laat ons oor aan die barbaar se hande want hulle word makliker omgekoop(en goedkoper) as die wit-bleskop-omies en hulle pelle.
    So kan n boek geskrywe word hoekom die ou Suid-Afrika befok was, maar dit is nie politieskorrek genoeg om die wat nou geldmaak uit die nuwe Suid-Afrika te vrede te stel nie. So poepolle soos jy Chopper sal maar in ignorance lewe met n apathy kakstreep op sy voorkop, want om om te gee verg mos net te veel inspanning.
    Julle naaiers hou seker veel meer daarvan dat die PAC lede op facebook kan verkondig dat almal moet die wit fokkers gaan doodmaak , of as hulle nie kan of will nie, ander sleg moere moet vergoed om dit te doen vir hulle.
    Die AWB is n klomp doose, met geen verbintenis aan wat goed was in die ou Suid-Afrika nie. So moenie my en ander met daai kak vergelyk bloot omdat jy te doosdom is om verder as jou piel te kan dink nie.
    Kartoolsie out.
     

  8. Mop

    Fok weet, dis rerig shocking om te sien hoeveel racist dom jong fokkertjies hier op Pretoria hoofkantoor, naamlik Tukkies, die rounds doen. Well said Chopper!

  9. Goose

    Yes dit is so jy se dat dinge is half beter in die tyd, ek meen die lions en nic louw is nog maklik om uit te sort, maar wat de fok gaan mens maak met JZ en Malema, stry, ons land is effens in sy poes en daai twee naaiers por mekaar aan om te kyk wie die meeste kak kan aanjaag met ons geld bv. Malema wat R140 miljoen in tenders gekry het vir sy eie construction maatskappy en daai geld kom uit die 8 armste munisipaliteite uit, wat te poes blaar.. Die ou dra goue Breitling watches (R250 000) , goeie styl maar waar die poes kom sy geld vandaan, ons banke is in sy naai en Eskom en Transnet het in 1989 dieselfde bedrag geld gemaak in 'n dag as wat hulle nou in 'n maand maak. HOEKOM? Want die hele ma se poese ANC is 'n familie besigheid!!! En nou wil Malema nog die fokken myne ook nasionaliseer, I MEAN COME ON BLAAR IS DIE OU POESE REALISTIES?? WAKE THE FUCK UP!!

  10. frankie

    hou nou op met suip en skyftrek en run vir president – jy het my vote !!  hou so aan

  11. DannyRevelations

    Gods fokket Jissis bra. Ek kan nie meer met hierdie saam stem nie. Het ook al daai groep vol poeste gesien. Die aremsalige hartseer slap piele.
    Al het ons kak nou, ten minste het ons Fokofpolisiekar, Jack Parow en Die Antwoord. God, in die ou Suid Afrika kon David Kramer nie eers sy musiek speel soos hy wou nie. Dom poeste.

  12. Skinkel

    Beste fokken artikel wat ek NOG op hierdie saait gelees het. En ek het al menige male 'n stywe ene gekry weens jule litere vernuf. Naais!

  13. Vadergp

    KosieKartoolsie
    Ou boer jy is reg maar ek dink Chopper het 'n punt ek sal liewer se ons moet opstaan en ons stemme duk maak waar dit saak maak en nie mekaar in klim en lang emosinenele blogs skryf nie. Ons moet al daai energie vat en baklei vir wat ons dink is reg. Ek is vir onderstel om 'n coloured te wees en my hol is seer van die bokdraad in my gat van draad sit. Afriforum is nie 'n groot groep maar kry heelwat reg so ons kan opstaan teen JZ en Juju en al die naaiers wat ons stadig opnaai sonder lubricant as ons almal net ophou complain en iets doen.

  14. Frikkie2000

    Ek smaak fokkol van wat in die ou dae aangegaan het, en ek dink die nuwe bestel jaag net so lekker kak aan.  Ek dink ons voorvaders moes hulle neuse in Europa gehou het…

  15. jagter

    Fokkit, goed om te sien te average watkyker is nie 'n dom doos nie.  Daar is altyd so 1 of 2, soos bv KosieKartoolsie, maar oor die algemeen lyk dit of almal saam stem.

    Goeie werk, dis lankal tyd dat die verkrampte fucknuts fokkof orania toe en die res van ons uitlos. Of dalk kan hulle in Teazers gaan meetings hou oor halwe 2 liter Sprite bottels vol patrone
     

  16. dubbel D

    janee gooi voort! eenvoud en poesklappe op die oë was nog nooit my ding nie. once wellplayed.

  17. The Ventriloquist

    Fok wat is fout met julle mense?  Chopper jy en al jou supporter's het fokken hulp nodig julle weet fokkol van die ou Suid Afrika, fok skaam julle!! Die watkykjy kan nou maar in sy  moer flieg!!!

  18. griffin

    Mens spel ‘vlieg’ met ‘n ‘v’. Jy het darem ‘fok’ reg gespel. Nie mooi opgelet in die klas in die ou dae nie?

  19. DannyRevelations

    @The Ventriloquist. Jissis boetie en wat die fok weet jy nou eintlik? Eendag as jy uit graad en kom kan jy weer kom try kak praat hier. Jy moet sommer saam jou hele ingebroeide famielie ook fokof na daai doos warm plek. En ja fokof sommer hier by watkykjy ook, ons soek jou nie hier nie. Pielkop.

  20. Guy McLaren

    Ek skeem daai poes wat uit die hoek van sy bek poep was nie in die Armie nie. Hy was ook nie daar toe die polisie kinders afgemaai het nie, Ek dink die kont verstaan nie mooi hoe dinge moet werk nie. Daar is fokkol hoop. As jy so toe is soos 'n kleios se gat dan is daar fokkol wat kan gedoe word om jou te red nie.

    Ventriloquist, Stop the brain farts. You know those chickens you see running around the Kraals have more fucking sense than you after they have had their heads chopped off. Fokof Orania toe waar jy jou eie fokken gras kan sny OK.

  21. Dewald

    Js-nee,
     
    Ek't vandag 'n paar CV's oorgedoen vir 'n due diligence by my company. En een het Diesnplig nog opgehad. Hoe defok is dit nog OK? Ek't maar kak opgemaak, want dit lyk fokkol goed as jy moet 'n job kry of 'qualified' laat lyk.
     
    Fokkit,
    JTK

  22. ignatius

    chopper charlie, ek gaan jou post uitprint en op my spieël plak sodat dit die eerste ding is wat ek sien nadat ek wakker geword het in die oggend (ja, ek is/was 'n vain donner)…inspirerend, motiverend, sommer net befok…salut, my vriend, salut…
    ps. orania se ma se poes in a fish paste jar….

  23. ignatius

    got, en daar skryf ek 'n hele opstel en die ding word nie gepost nie…anyway, in short, wat ek wou sê was: charlie chopper, hierdie is een van die mees befokste stukkies prosa wat ek nog op die web gelees het..
    ek voel met jou 100% eens.
    ek gaan jou skrywe uitprint, op my spieël plak en dit elke oggend lees net nadat ek my ogies oopgemaak het om die nuwe dag te face…
    respek, my vriend, RESPEK…ja, in hoofletters
    ps. aan alle orania naaiers: jou ma se poes in 'n fish paste jar…. 

  24. Herman

    Luister  chopper , of wie de fok jy ook al is , gaan maak vir jou n sterk koppe koffie en wake the fuck up ! Jy kan miskien skryf maar wat in jou kop aan gaan weet net jy alleen .
    As jy aandag soek oor politiek dan moet jy maar eerder op die ANC – Malema sight its gaan post want jy weet net so min soos Zuma en sy gespuis . Die hele land is diep in sy moer in en helfte van SA se mees geleerde en profesionals sit ALMAL oorsee , want hulle het die kak sien kom en omdat hulle actually slim is , die pad gevat vir n beter toekoms . Daar bestaan nie meer n staatsdiens nie en kom ek vra jou gou , wanneer laas was jy in n staats hospitaal Chopper ? Wat gaan van al die ou mense word wat nie n medies kan bekostig nie ? of , wanneer laas was jy by ons voortreflike binnelandse sake – of sit jy heeldag voor jou PC en kak uitdink soos wat jy kwyt geraak het . Ruk asb jou kop agtertoe, met n moerse spoed sodat hy uit jou GAT kan uit kom en vee dan so vinnig as moontlik die kak uit jou oe !! dan gaan kyk jy wat met die middelklas wit afrikaner gebeur in die wonderlike land van ons . Ja ja ja , voor 94 was dit kak maar die wit suid afrikaner het die land opgebou en moet asb nie vergeet waar jy vandaan kom nie mnr .

  25. griffin

    “Ja ja ja , voor 94 was dit kak”

    Dis waaroor die hele fokken artikel gaan. Het jy begripstoetse ge-dodge op skool?

  26. Willi

    Ongelooflik goed gestel, Chuck.
    Ek het self op die Facebook group afgekom 'n paar weke terug en gewonder hoe dit moontlik is dat hierdie mentaliteit nogsteeds bestaan onder Suid Afrikaners, blank of nie-blank. Nail on the head: dis nie 'n like vir die ou Suid Afrika of haar politiese ideale nie, maar bloot 'n dislike vir nie-blankes, behalwe vir Bryan Habana of Beast- want hulle is okay, right? Ons is nou al 16-odd jaar in ons demokrasie in, let it go, the fuck.
    Dis ook waar dat die nuwe Suid Afrika nie perfek is nie, maar dis 'n step in the right direction. Ons het steeds baie wat in ons guns tel, despite die nuwe challenges wat ons face. If nothing else, gee Juju and sons ons iets om oor te lag. Die beste stand up comedians kan nie die soort kak opmaak nie.
    Wat my werklik die meeste amaze is dat die members van die groep trots is om op te staan en openlik te proclaim hulle is lede van hierdie Nazi-esque movement, tot op die punt dat hulle nuwe lede sal werf met die 'suggest to friends' knoppie. Kosie, Ventriloquist, Herman en die rest van die proverbial cysts in the arse of humanity: ek judge nie dat julle deel van die groep is nie, dis jou Godgiven right om 'n garden variety poepol te wees. That said, daai reg om 'n poepol te wees gee jou nie 'n lisensie om my te wil involve nie. Voor jy weer sulke kak aan my wil voorstel, stel ek voor dat jy die 'remove from friends' opsie ondersoek.
    'n Laaste voorstel aan julle drie, onder andere. As jy sulke stront hier wil kom uitkots, lees jou kommentaar voor jy dit post. Tweekeer dalk. Kakpraat en die punt heeltemal mis aside, verloor jy selfs meer credibility met jou swak taalgebruik en spelfoute.

  27. Bles Bliksem

    Before 1994, the old government made me feel fear and embarrassment for my country.  Strangely enough, today I feel exactly the same about the new government.  The reasons may be different, but that disgusted nausea and desperate desire to escape are still there.  Hierdie hele kontinent is 'n fokken horror movie toegedraai in 'n siek grap.  Politieke leiers uit die ou apartheidsregering en die regering van vandag is almal 'n klomp liegbek uitbuiters, parasiete en boelies.  Fok hulle almal. Ek luister eerder heavy metal en bly van die strate af. 

  28. ignatius

    op daai groep is daar een of ander dom doos wat sê sy mis die "oranje panje blou"…
    nou ja, dit sê seker maar alles oor die tipe karakters (kakakters?) wat daar uithang…

Gooi Comment